Inenting nou ook verpligtend by NWU

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het oplaas besluit om inenting teen Covid-19 verpligtend te maak vir studente.

Studente sal voortaan ’n bewys van inenting moet lewer indien hulle onder meer toegang tot die universiteit se kampusse wil verkry, klas wil loop, in een van die universiteitskoshuise wil tuisgaan of aan die studentelewe wil deelneem.

Studente wat nie ingeënt wil word nie, kan aansoek doen om vrystelling op mediese of grondwetlike gronde.

Dié besluit volg nadat die universiteit aanvanklik in Desember ’n “nie-verpligte inentingstandpunt vir studente” ingeneem het.

Prof. Linda du Plessis, waarnemende visiekanselier, sê nou in ’n verklaring institusionele reëls vereis dat alle gesondheid- en veiligheidsrisiko’s in die universiteitsomgewing identifiseer word. ’n Risikobepaling is gedoen en hieruit het dit duidelik geword dat “inenting van studente die NWU in die beste posisie sal plaas om ʼn gesonde en veilige universiteitsomgewing te verseker”.

Inenting is gevolglik voortaan in die volgende omgewings by die universiteit verpligtend:

  • Toegang tot universiteitspersele of fasiliteite
  • Kontakonderrig-leer en navorsing
  • Studentelewe
  • Universiteitskoshuise
  • Gemeenskapsbetrokkenheid

’n Vier weke lange grasieperiode skop vandag (Maandag) vir studente af. Daar word gedurende hierdie tydperk van studente verwag om hul bewys van inenting of hul aansoek om vrystelling in te dien.

Verskeie universiteite waaronder die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Johannesburg (UJ) het reeds Covid-19-inenting verplig.

Klik hier vir meer inligting rakende die NWU se inentingsmandaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Andries ·

Onaanvaarbaar. Hoop daar is ouers wat hierdie besluit teenstaan.

Witbaard ·

Lees mooi, daar kan aansoek gedoen word vir kwytskelding.

ENFM ·

Dink jy regtig dit gaan toegestaan word?
Indien dit sou toegestaan word, kan jy ‘n kursus studeer, waarvoor toegang tot die kampus nie nodig is nie.
Gaan kyk mooi na die dokumente beskikbaar op die NWU se webblad.

Frank ·

Hoe? Appelleer, gmfff!! En daar was SOVEEL teenkanting van ons ouers. Dat sogenaamde intelligente mense so ‘n besluit kan neem, verstaan ek nie.
Selfs Tukkies is nie verpligtend nie!

VaalDonkie ·

Jou inspuiting keer nie dat jy COVID kan versprei nie.

Thom ·

Jou redenasie is nie baie logies nie ; natuurlik verminder die entstof die moontlikheid dat jy Covid sal kry en doodlogies ; minder siekes=minder verspreiders .

VaalDonkie ·

Die inspuiting gee nie vir jou neutraliserende teenliggaampies in jou speeksel nie. Jy loop hoes en nies die virus rond soos jy aangaan. Gaan lees maar.

Thom ·

Wonderlik dat universiteite weereens in die voorste linie is in die geveg teen die duisternis!

Jacob ·

Nou kan NWU studente ook daarop aanspraak maak dat hulle deel is van ‘n eksperiment wat reeds bewys het dat dit nie nie werk nie.
1. Dit werk nie vir Omicron nie
2. Die doeltreffendheid (as daar is) verdwyn vir alle praktiese doeleindes binne maande
3. Dit gaan nie verhoed dat hulle Covid 19 kry of oordra nie
4. Alle aanduidinge is dat dit natuurlike immuniteit permanent kan vernietig
5. Van hulle gaan newe effekte kry wat permanente skade kan aanrig en die regering gaan nie soos dit belowe het, mense help of vergoed daarvoor nie. Wat help geld elk geval as jou gesondheid permanent tot niet is?

Volgende vrae aan die studente;
1. Weet julle wat dit is wat in julle ingespuit sal word?
2. Is die “entstowwe” ge-etiketeer soos wetlik vereis word?
3. Sal julle na die kliniese toetsdata kyk voor julle julleself laat spuit, dis nou daardie data wat die farmaseutiese maatskappye onder geen omstandighede rugbaar wil maak nie?

Marcello ·

Dit is nie ‘n eksperiment nie, jy beskerm jouself en die mense rondom jou, deur jou te laat in ent, dit is uit en uit bewys. Dit gaan wel nie keer dat ‘n mens dit kry nie, maar wel dat jy nie in die Hospitaal beland , en op suurstof apparate is nie. Dit is bewys.

voor ek vergeet ... ·

Gaan doen gerus jou huiswerk, hierdie entstowwe is almal nog in n eksperimentele fase. Ek is nie anti-entstowwe nie, dit maak net geen sin dat mense gedwing kan word om aan eksperimente deel te neem nie. Dit behoort elke persoon se keuse te bly om aan ʼn eksperiment deel te neem of nie.

VaalDonkie ·

Dit is letterlik ‘n eksperiment. SAHPRA het hom onder artikel 21 goedgekeur. Dis goedkeuring vir ongeregistreerde en eksperimentele behandelings en medikasies. En dus skop artikel 12.2(c) van die handves van menseregte in om jou te beskerm teen eksperimentering sonder jou ingeligde toestemming. En daai reg kan onder geen omstandighede ingeperk word nie ingevolge artikel 37 van die handves.

Lees self:
https://dredf.org/legal-advocacy/international-disability-rights/international-laws/south-africa-constitution-bill-of-rights/

ENFM ·

Hoe weet jy hoe siek jy sou geword het as jy nie ingeënt is nie? Die mense wat doodgaan of ernstig siek word is die met komorbiditeite – ingeënt of nie.

Misky ·

Die land se president het dan op internasionale tv gesê niemand sal gedwing word om vaksine te kry nie. Paar maande later en wat gaan aan? Mense verloor hulle werk en studente kan nie studeer nie. Bedrogspul en hierdie gaan nog GROOT probleme meebring.

voor ek vergeet ... ·

Die regering plaas druk op die universiteite om sy inentingsprogram verpligtend te maak, terwyl die regering kwytgeskeld is van enige aanspreeklikheid of teenstand daaroor. Ek hoop hierdie studente volg Solidariteit se raad om eers aan te dring op die mediese bewyse dat hulle spesifiek die eksperimentele-entstof moet kry, asook watter risiko-ontleding gedoen is om tot hierdie gevolgtrekking te kom. Sien artikel 3 Februarie 2022 ‘Hokaai met afdanking oor inenting’ Maroela Media – “Die wet is baie duidelik dat enige medisinale ingryping proporsioneel moet wees tot die risiko-analise.”

ENFM ·

Tydens die hele pandemie is daar 14 persone in totaal dood (met/van?) Covid by die NWU.
Lees self: https://www.nwu.ac.za/coronavirus
Die Suid-Afrikaanse bevolking het reeds 60-80% immuniteit.
Die inenting is nie juis effektief teen Omicron, wat die huidige variant in omloop is nie.
Waarom jouself inent teen iets waarvoor jy reeds immuniteit het en die risiko loop om die newe-effekte op te doen, wat duidelik in die voubiljet aangedui word?
Lees self: https://www.fda.gov/emergency-preparedness-and-response/coronavirus-disease-2019-covid-19/comirnaty-and-pfizer-biontech-covid-19-vaccine
https://www.fda.gov/media/146304/download

Windpompi ·

Die wortel word geswaai vir aansoek om vrystelling. Daar word vanuit ‘n paar ander ‘oorde’ verneem dat niemand wat tot op hede aansoek gedoen het vrystelling dit ontvang het nie en dat ook mediese redes afgekeur word. Die opsie word net daar gestel asof dit lyk of daar ‘n ander uitkoms is. Die paneel wat oor die vrystellings besluit neem word bevraagteken. Punt is dit wil voorkom dat niemand aan maatskappye se bestuur stel belang in verskonings nie. Nou word enige nuwe reëls omskep in ‘n wet wat sommer die hoogste wette van die konstitusie oorskryf. Ons land kan nie enige rede voer om die konstitusie te buig om beroepsgesondheid en veiligheidswette te laat heers nie. Die verskoning dat die werkgewer almal wil beskerm word uit hand uit geruk. Wat word van die werknemer/student as hy buite sy kampus verkeer? Geen beheer oor wat hy daar doen nie. En natuurlik word geen melding gemaak van die nuutste mediese verwikkelinge en nagevolge van die inspuitings waarvoor niemand gaan pa staan nie

VaalDonkie ·

Ek het laasweek aansoek gedoen. My “saak” sal vandag of iewers hierdie week deur ons “paneel” besluit word. Intussen is ek besig met onderhoude by ander maatskappye waar ek van die huis af kan werk.

VaalDonkie ·

Ek wil net graag vir Piet en MakersMark noem dat hulle het my mos uitgedaag om my werk te los oor ek nie wil ent nie? Wel ek het Donderdag my beswaar aangeteken en aangedui ek gaan nie inent nie. Ek het ook al klaar begin werk soek en het more middag ‘n onderhoud vir ‘n “remote” pos.

Maar ek en Piet kom deesdae eintlik goed oor die weg. Ons sou voor 2020 dalk selfs goeie internet-vriende gewees het.

Misky ·

Alle sterkte VaalDonkie. Ek glo en vertrou jy sal vinnig werk kry en by ‘n maatskappy wat jou regte in ag neem en vryheid van keuse. Die vaksine het geen mediese geskiedenis of toetsuitslae nie. Ek steun jou besluit.

Marius ·

Weereens ‘n bewys dat hoogs intelligente mense onnosele besluite kan maak. Haal al die kinders uit die universiteit uit en dan sien ons hoe ver kom hul sonder geld. Die meerderheid het die mag, nie die minderheid nie.

Frank ·

Makliker gesê as gedaan Marius. My kind is nou 1ste jaar daar, nou kom hulle met hierdie gemors.

ENFM ·

Net oor iemand “hoogs intelligent”is op een gebied, beteken nie daardie persoon is “hoogs intelligent” op alle gebiede nie..
Geld is geneig om rasionele mense irrasionele besluite te laat neem..
;)

Mier14 ·

Wanneer luister SA na al d gevalle v mense, o.a. atlete wat erge newe effekte opgedoen het. Talle ander lande het mandate nou afgestel. Studente gaan na-ure by hul ongevaksineerde pelle kuier. Personeel ook. Luister wat gaan aan in hosake oor die wêreld. Hoe ignoreer julle die gebeure en bewyse – vax gevare veel meer en erger as Covid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.