Inentingsentrums binnekort by GP-skole opgerig

‘n Inentingsentrum ter illustrasie. (Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

In ʼn desperate poging om Gautengers aan te spoor om teen Covid-19 in te ent, sal inentingsentrums nou by Gautengse skole opgerig word.

Dié inentingsprogram maak voorsiening vir leerders van 12 jaar en ouer sowel as hul familielede, skoolpersoneel en gemeenskapslede wat nog nie ingeënt is nie.

Die provinsiale regering het Vrydag in ’n verklaring gesê mobiele inentingspanne is aan skole in al vyf distrikte in die provinsie toegeken.

“Die skoolgemeenskappe se inentingsprogam sal help om toegang tot gesondheidsorg te verbeter deur skole as inentingsplekke in gebiede met ’n lae entstofopname te gebruik.”

Slegs ʼn kwart (23,9%) van kinders in Gauteng tussen die ouderdomme van 12 en 17 jaar oud, is tans teen Covid-19 ingeënt.

Dít terwyl minder as die helfte (42%) van volwasse Gautengers reeds een dosis van die entstof ontvang het. Slegs 35% van die provinsie se volwasse bevolking is ten volle teen die koronavirus ingeënt.

Meer as 8,5 miljoen entstofdosisse is reeds in Gauteng toegedien, waarvan die meerderheid in Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane toegedien is.

Die Wes-Rand het byna die helfte van sy volwasse inwoners ingeënt (48%), gevolg deur Johannesburg (46%).

So lyk die inenting van volwassenes in Gauteng:

Distrik Persentasie van volwasse bevolking ingeënt (1 dosis)
Johannesburg46%
Ekhurhuleni37%
Tshwane41%
Wes-Rand48%
Sedibeng35%
Gauteng42%

 

Distrik Persentasie van volwasse bevolking ten volle ingeënt
Johannesburg38%
Ekhurhuleni10%
Tshwane36%
Wes-Rand40%
Sedibeng29%
Gauteng35%

Die provinsiale regering moedig ouers en voogde aan om oop gesprekke oor die voordele van die Covid-19-entstof met hul kinders te voer, sodat hulle ingeligte gesondheidskeuses kan maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Mercia ·

Die enigste Domastrantheid is om die golf van paniek en opswepery tot die einde toe te probeer ry. Duisende mense gaan daagliks dood in ons land aan dinge totaal onverwant aan die covid-sensasie storie. Sommige dinge soos moord , selfmoord en padongelukke is dinge wat verhoed kan word…….en sal dit nie ‘n baíe beter gebruik van die covid-doemprofete se tyd en hulpbronne wees as al hulle kamtige “wetenskaplike teorieë en statistieke” rondom covid nie? Dit het nou duidelik geword dat covid net soos seisoenale griep met dieselfde behandeling as seisoenale griep effektief behandel kan word. So dalk is dit tyd vir ‘n vars bries van “common sense” Want dit blyk dat daardie gedagte vir die pro-jabbers meer skrikwekkend is as die “inentings” vir die AV’s……

Nie Verbaas ·

Siestog. En hulle dink seker ook dat ouers gelate hulle kinders sal laat inspuit. Sterkte.

MakersMark ·

Natuurlik. Baie kinders glo nie in sameswerings teorieë nie. En wil doen wat reg en verantwoordelik is.

VaalDonkie ·

Die inspuiting keer nie dat jy die virus vir ander kan oordra nie.
Kinders tussen 12 en 18 (eintlik almal onder 40) is nie in gevaar van enige ernstige siekte nie.
Daar is dus geen rede om kinders in te ent ten einde enigiemand te beskerm nie.

Met ander woorde hierdie gaan nie oor lewens spaar nie. Dit gaan oor iets anders. Of dit nou omkopery is, en of dit gaan oor sterilisasie of moord, weet ek nie. Maar ek weet wel waaroor dit NIE gaan nie, en dit is om lewens te red.

Lionel ·

@VaalDonkie – die argument van ingeëntes wat nog steeds siek kan raak/ virus oordra is nou al so holrug gery. Hoeveel mense het voor covid nie jaarliks vir ‘n griepinspuiting gegaan en dan maar self siek geword daai winter? Verskil is die inspuiting/inenting help dat jy nie op die punt van die dood gaan omdraai nie…

VaalDonkie ·

80% van ons landsburgers het al die siekte gehad. Met ander woorde 48 miljoen. Daar is tans 400 in die ICU in die hele land. Op die kruin van Omikron was daar nie eens 1000 nie. Dit sou minder as 2 per ICU wees. En die ding mag jolrug gery wees, maar dit maak dit nie minder waar net omdat dit jou irriteer nie. Ons gaan oukei wees. Wees eerder verheug daaroor.

Jacob ·

Dit is nie inenting nie, maar inspuit met uiters gevaarlike, eksperimentele geenterapie wat mense se lewens kan, het en gaan vernietig.

MakersMark ·

So gevaarlik en veranderend op die menslike genetiese samestelling dat wêreldwyd reeds 4.23 bn mense ten volle ingeent is………..net weer AVr leuens.

Johannes ·

Benoude katte maak benoude spronge, bied eerder die jabbers nog n boostertjie aan. Die mense wat nog nie die regering en hulle maatjies se eksperimentele spuit gevat het nie soek dit eenvoudig nie.

Corne123 ·

Vergeet dit sal nie en ook nie my kind nie daar nie n manier ie vergeet dit.Werk dit??????? Nee

Rayman ·

Die regering sal nou enige iets doen om die moordsyfers op te jaag

PieterJ ·

Ek kan met trots sê my kinders is deel van die 76.1%, en sal so bly.

VaalDonkie ·

Want jy het hulle lief en wil nie (letterlik) hul harte breek nie.

Kremetart ·

Die virus is verby. J&J het opgehou vervaardig. Waarom nou nog probeer inent? Dis definitief iemand wat iewers betaal word en miljoene meer charge as wat dit rerig kos…

annie ·

Wie het bewys dat covid vir ewg met ons gaan wees? Wie? Of is dit eerder gebou op die hoop van WHO en die entstoffabrieksbase? Volgens die Bybel breek pes uit om mense te straf en tot inkeer te dwing maar deesdae is die mens so astrant en slim dat hy dit tot sy eie voordeel en mag draai en aanwend. Covid word nou ‘n ekonomiese pluspunt. SA se bron van groot inkomste + cannabis natuurlik. Wat van cannabis vir covid? Al dit probeer?

Robert ·

Kinders het dit nie nodig nie, hulle immunstelsel is nog besig om te ontwikkel!

Madeleine ·

Hulle moet mense smeeek om ge ent te word…. Wys jou Mos mense is slimmer as wat bose mense gedink het….

Carolina ·

Enige ouer wat dit aan sy kind doen sal moet rekenskap gee aan sy kind in die toekoms – SHAME ON YOU!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.