Inentingsentrums op wiele vir Gauteng

Die Gautengse provinsiale regering hoop om met dié inisiatief ’n hupstoot aan die inentingsprogram in die provinsie te gee. (Foto: Twitter)

Die Gautengse provinsiale regering het Sondag aangekondig dat mobiele Covid-19-inentingsentrums vandeesweek in dié provinsie bekendgestel sal word.

Thabo Masebe, Gautengse provinsiale woordvoerder, sê hulle hoop om met dié inisiatief, wat in samewerking met lede van die publiek uitgerol sal word, ’n hupstoot aan die inentingsprogram te gee.

“Die mobiele inentingsinisiatief sal in Ekurhuleni, Tshwane en Johannesburg bekendgestel word en het ten doel om alle persone wat in die teikengroepe val om entstof te ontvang, te help om inentings naby hulle huis of werksplek te kry.”

Meer inligting oor waar en wanneer dié mobiele inentingsentrums geplaas gaan word, is op die provinsiale regering se Facebook-blad beskikbaar.

Volgens Masebe sal vervoer na en van dié inentingsentrums ook beskikbaar wees.

“Ons versoek alle persone wat in die teikengroepe val om van die geleentheid gebruik te maak en doen ’n beroep op persone ouer as 50 jaar om vir die inentings te registreer. Groepe wat in die teikenbevolking val, sal ook op ’n instap-basis by inentingsentrums in Gauteng geakkommodeer word.”

Masebe sê die Covid-19-entstowwe is hoogs doeltreffend om ernstige siektes, hospitalisasie en dood weens die koronavirus en nuwe Delta-variant te bekamp.

“Elke inenting bring ons ’n stap nader aan ’n beter toekoms en die dinge waarna ons verlang.”

Maroela Media het vroeër berig dat die meeste nuwe Covid-19-gevalle weer in Gauteng aangeteken is. Luidens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se jongste verslag is 26 485 nuwe infeksiegevalle Saterdag in Suid-Afrika aangemeld, waarvan 16 091 in dié provinsie aangeteken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JM ·

Enigiets om die inentingsproses te bespoedig! Dit is dringend nodig.

SomeOne ·

dis ‘n groot grap die “inenting”, dis ‘n inspuiting wat jy kry, engels noem hulle dit self, ‘n “jab”, wat is ‘n jab anders as ‘n inspuiting

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.