Inentingsertifikaat, anders geen toegang by Kovsies

universiteit van die vrystaat kovsies

Die Universiteit van die Vrystaat. (Foto: Facebook)

Studente, personeel en besoekers aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal vanaf 14 Februarie ʼn Covid-19-inentingsertifikaat moet toon alvorens hulle toegang tot een van die universiteit se drie kampusse kan verkry.

Personeel en studente wat nie teen die koronavirus ingeënt is nie, sal volgens hierdie nuwe beleid elke week ʼn negatiewe Covid-19-toets op die universiteit se nuwe aanlyntoegangstelsel moet laai, of goedgekeurde vrystelling van die inenting moet hê.

Luidens ʼn verklaring deur die universiteit is die toegangstelsel op 9 Desember ter ondersteuning van die UV se Covid-19-regulasies en ‑inentingsbeleid in werking gestel. Aansoekvorms vir vrystelling van inenting is ook op die platform beskikbaar.

Die universiteit het verlede maand op Facebook gesê dat die universiteitsraad die inentingsbeleid “noukeurig oorweeg” het.

“Die doel van die beleid is om toegang van personeel, ad hoc-kontrakwerkers en studente na al die universiteit se persele te reguleer. “Die beleid impliseer dat die universiteit niemand dwing om ingeënt te word nie, maar die instelling het die reg om inenting te vereis as jy toegang tot die instelling se persele wil hê om ons personeel en studente te beskerm,” het prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier, in dié inskrywing gesê.

Die nuwe regulasies het ook gemengde reaksie onder gebruikers veroorsaak. Sommige gebruikers meen dit is onregverdig om ʼn allesomvattende benadering ten opsigte van inentings te volg, terwyl ander die besluit verwelkom het.

“Ek vind dit hartseer dat tersiêre instellings inentings verplig,” het een gebruiker geskryf.

“Dankie dat julle na studente en personeel se gesondheid omsien,” het nog ʼn gebruiker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Anel ·

Ek wonder wasr gaan hulle al die geld vandaan kry om vir die weeklikse toetse te betaal! Want as hulle wil hê jy moet negatief toets moet hulle vir die toets betaal. En gaan hulle ook vir die negatiewe nagevolge van die eksperiment betaal as hulle almal wil verplig om ‘n eksperimentele spuit te kry, en wie gaan daar voor betaal en cir al die opvolg spuit? Julle pluk vir julle self ‘n lat, soos almal wat ander verplig!!!!

Perdeby ·

Het jy geweet voor jy ingeskryf kan word by ‘n skool om jou skoolloopbaan te begin moet jou ouers jou inentingsertifikaat vir die skool wys. ( Pokke / witseerkeel env )

Theunis ·

Hierdie stelling is nie feitelik korrek nie. Inentingsertifikate is nie ‘n vereiste vir toelating in skole nie. Gee een voorbeeld van iemand wat by skole toegang geweier is ogv onvolledige of geen inentingsertifikate nie?

Jacob ·

Erik, die Covid 19 “entstowwe” is nie ware entstowwe nie, maar mRNA- terapie wat bewys het dat dit nie infeksie voorkom nie en ook nie verhoed dat die virus deur hulle wat “inge-ent” is en die virus opdoen, versprei word en ander kan aansteek nie. Dus werk dit nie naastenby so doeltreffend soos tradisionele inentings nie. Die vraag is, werk dit nog?

Ons moet liewer die vraag vra waarom KOVSIES studente wil dwing om die entstowwe te neem en of daar finansiele aansporings ter sprake is.

Elke student wat teen die inentings is, moet maar net eenvoudig ‘n saak teen die universiteit aanhangig maak by die menseregte komissie. Indien hulle dit nie wil doen nie, moet hulle maar die gevolge dra.

Johnny ·

Erik – daardie inspuiting verhoed jou nie om aan te steek of aangesteek te word nie. So jou stelling t.o.v. “oningeëntes wat mekaar aansteek” is heeltemal ongeldig.

Erik ·

Johnny, gaan lees weer stadig. Ongeëntes en ingeëntes kan mekaar aansteek, maar slegs oningeëntes kan moontlik sterf.

marius ·

Niemand word gedwing nie maar reg van toegang voorbehou ? Hipokratiese leunaars .

Perdeby ·

Net soos enige besighied ” reg van toegang voorbehou”. Studeer maar van die huis af, alles is mos beskikbaar per internet.

Theunis ·

Weereens nie korrekte stelling nie. Al die kursusse word nie aanlyn beskikbaar gestel nie. In meeste gevalle by hoofstroom universiteite is toegang tot die perseel ‘n vereiste vir die suksesvolle voltooiing van so kwalifikasie.

Misky ·

M.a.w. wat hulle ientlik sê is: Ons forseer niemand om die inenting te vat nie, maar daarsonder mag jy nie op ons kampus wees nie.

Is dit net ek, of sien ander dit ook raak???

Frans Hendrik ·

Vryheid van keuse, solank jy doen soos ek wil.. Aijaijai

Saartjievandiebosveld ·

Hoekom moet jy op ‘n subtiele manier gedwing word om in te ent.
Dit keer nie covid nie…en covid is besig om sy ry te kry… aai tog…hierdie mag behepte.. hoog geplaaste mense…..

tweeling ·

Jou laaste sin maak sin, nie soos die “instant” wetenskaplikes wat hulle slim hou nie.

Harry ·

If his last point is correct can you share the stats with us uneducated people? Now is your time to show us how uneducated we are so please, we are waiting.

Theunis ·

Dit is hartseer nuus. Sosiale en burgerlike inperking op grond van ‘n keuse om ‘n reg op liggamlike integriteit uit te oefen.

Die enigste middeweg sal wees om ‘n minder beperkende alternatief daar te stel soos wat die reg eintlik voorskryf. Dat alle kursusse fisies sowel as deur afstandsonderrig aangebied moet kan word. Ek is bevrees dat die hoofstroom universiteit hiermee gaan sukkel.

Theunis ·

Dankie vir jou meedeling Kaplyn, ek sal in die vervolg seker maak om met jou te toets alvorens ek ‘n plasing maak.
Jou kommentaar en die van jou kollegas hierbo is ‘n bevestiging van die feitelike korrektheid van my stellings.
Groete.

Chrisp ·

Dankie tog , nou maak alles sin…

Jy sien as jy nie ingeent is nie kan jy die virus oordra of kry terwyl jy wat ingeent is die virus kan oordra en selfs kry.
Daarom moet die wat nie ingeent is nie toetse laat doen om te kyk of jy dit het en kan oordra terwyl die wat ingeent is en dit wel het en kan oordra geen toets nodig het nie.

Eintlik so eenvoudig en vansefsprekend……

Wat verstaan julle nie!

Hermien ·

DISKRIMINASIE! Wat my verstand te bowe gaan is dat jy vrylik mag rondbeweeg as jy bewys van inenting het, alhoewel inenting nie keer dat jy die virus opdoen of dat jy die virus kan oordra aan iemand anders nie, dit beskerm (of so sê hulle) jouself.

As jy die beskerming van personeel en studente wil gebruik as verskoning vir die skending van menseregte moet alle persone wat toegang tot die kampusse wil hê weekliks negatiewe toetse voorlê dis mos immers al manier hoe die personeel en studente te beskerm gaan word.

piet ·

As almal ingeent is, skep dit ‘n gesonder omgewing VIR ALMAL. Mense het ‘n kleiner kans om aan te steek en as hulle wel aansteek raak hulle nie so siek nie. Dit gaan my verstand te bowe dat mense nie dit kan verstaan nie.

Frans Hendrik ·

Ek dink daar behoort nou dringend aandag gegee word aan hoe grondwetlik hierdie uitsluitings is. Die grondwet maak voorsiening dat daar nie op grond van ras, geslag religieuse uitkyk en wat ook al gediskrimineer mag word nie. Maar nou wil instellings dit op grond van siekte of gesondheidstoestand doen. Dit kan mos nie. As oud kovsie is ek erg teleurgesteld. Bygesê al jare lank teleurgesteld in die rigting wat die kovsies inslaan op vele terreine.

annie ·

Die storie het meer om die lyf. Volgens ‘n personeellid sukkel die universiteit om werkers terug op kantoor te kry want hul kom met allerhande stories om eerder van die huis af te bly werk… en nou wil die bestuur dalk alle probleme met erge doepa dokter.

VaalDonkie ·

Waarom kan hulle nie maar net van die huis af werk nie? Deesdae het mense mos selfone en internet.

Johnny ·

Die pokke- en witseerkeelinentings is ware inentings, in die sin dat dit jou immuniseer teen die siektes. Die griep- en Covid inspuitings is bloot dit – inspuitings. Hulle verlaag moontlik jou simptome, maar verhoed nie infeksie of oordrag nie.

Erik ·

Johnny, mooi so, jy is reg. Ons almal weet dit. Dit is feitelik korrek.

Johnny ·

Erik as jy dit dan weet, waarom gaan jy dan so aan ten gunste van verpligte inspuitings?

Harry ·

Gelukkig ent meeste gegradueerdes in elk geval in? This statement tells you everything you need to know about your mentality, rich white man telling the rest of the “uneducated” people how the behave.

Erik ·

Harry, dit is lankal nie meer ryk, blanke mans wat die septer swaai en sulke besluite maak nie.

piet ·

So as die anti-vaxxers elke week vir ‘n toets moet gan, kan dit ‘n aardige bedraggie uitwerk oor ‘n jaar. ‘n Stewige “boete” vir hardkoppigheid.

KB ·

Erik, dit is beproefde, veilige, goedgekeurde entstowwe, NIE “eksperimentele entstowwe” NIE – (waarvan newe-effekte en gevare van die wêreld weerhou word nie).
Daar is ‘n reuse verskil.

Erik ·

KB, die Covid inenting is ook goedgekeur, beproef en veilig. Meer as enige inenting in ons geskiedenis ooit. Dis vinniger vervaardig, omdat dat op jare se navorsing gebou is. As die gevare van die wêreld weerhou word, hoe het jy daarvan gehoor? Of is jy spesiaal?

Helen ·

SWAK ek is te skaam om te sê ek was ‘n Kovsie. My baadjie gaan ek tot as verbrand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.