Inentingsgeriewe: Onsekerheid oor stand van gereedheid

Die eerste besending Pfizer-entstowwe het Maandagoggend by OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom (Foto: GCIS)

Die DA doen ʼn beroep op dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, om dringend die land in te lig oor die stand van gereedheid van Suid-Afrika se inentingsgeriewe.

Siviwe Gwarube, die DA se skaduminister van gesondheid, het gesê ná die DA se oorsigtelike toer van inentingspersele landswyd om die gereedheidsvlakke te bepaal, is die DA baie besorg oor die gebrek aan inentingspersele wat direk met groter hospitale verbind is. “Soos wat sake tans staan, sal talle primêre gesondheidsorgfasiliteite nie ten volle gereed wees wanneer die tweede fase van die inentingsveldtog op 17 Mei veronderstel is om te begin nie.”

Die DA het tot dusver die fasiliteite in KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Gauteng besoek. Die inspeksies het die volgende kwessies uitgelig:

  • Onvoldoende verkoelingstoorkapasiteit
  • Min tot geen kommunikasie oor entstof-registrasie aan die gemeenskappe wat huiwerig is oor inentings nie
  • Gebrek aan veilige stoorplekke vir die entstowwe
  • Onvoldoende infrastruktuur en menslike hulpbronne om ʼn volledige inentingsveldtog te huisves en die ekstra personeelkapasiteit wat dit gaan vereis.

“Hierdie gebreke onthul die groot waarskynlikheid dat die fasiliteite oorweldig kan word sodra die tweede fase van die inentingsveldtog begin, veral indien die land al hoe nader beweeg aan ʼn derde vlaag infeksies,” het Gwarube bygevoeg. “Die ander moontlikheid is dat ons ongelooflike swak reaksie kan kry vir mense wat die entstof wil ontvang, weens ʼn gebrek aan bewusmakingsveldtogte onder talle gemeenskappe. Dit is hoekom ʼn omvattende bewusmakingsveldtog absoluut noodsaaklik is – terwyl daar net twee weke oor is voor die tweede fase moet begin.”

Gwarube sê met die moontlikheid van ʼn derde golf Covid-19-infeksies wat dreig, kan die regering nie bekostig om ʼn gemors te maak van dié entstofprogram nie. “Ons moet seker maak dat ons ons eendjies in ʼn ry kry voor die middel van Mei. Dit is hoekom die DA sal voortgaan met sy toer deur die land sodat ons alarm kan maak oor probleme nog voor dit plaasvind. Lewens en mense se bestaan hang daarvan af.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Florina ·

Ons weet mos al hoe sake hier by ons werk en niks is ooit in plek nie. As die voorosse dit maak tot die agterosse se beurt aanbreek, weet ons dis redelik veilig, of nie?

Anel ·

Ag, asseblief! Daar sal 1000 nuwe variante kom dan is die lot wat geent wil word nog nie eens gedoen nie. Wonder vir hoe lank wil hulle nog met die gekheid voortgaan.

ChrisR ·

Ek en my familie sal dit skip….relax DA…….nog n paar spasies oop…koop enstowwe met ons Tax geld en dan moet jy weer betaal vir dit……Dan kom die stowwe van die selfde plek waar die virus vandaan kom…….mense moet hulle koppe laat lees……..die wereld het dit verloor!

Dirk Mostert ·

Volgens gisteraand se TV-nuus was daar die vorige dag 3,500 covid-sterftes in Indie, oftewel 2.5/miljoen van die bevolking. Dit het gestyg van 1.5/miljoen op 24 April en 0.1/miljoen op 24 Februarie. Die laagtepunt val toevallig saam met die oorgang van Invermectin-behandeling na massa-inenting.

Charles ·

Verwag dat ons selfde pad gaan stap as Indië as hulle eendag hier gaan begin.

JM ·

Sal liewer ‘n mislukking daarvan maak, maar weier om kundige wittes aan te stel.

annie ·

Die sg entstof word dalk aan ons geskenk omdat die temperatuurreèl reeds oortree is of is die vervaldatum is bloot vervang? Ons het skaars geld vir ‘ent’-stof nie maar wel vir duur yskaste wat na verafgeleè gebiede met riskante Eskomkrag gekarwei sal moet word… Op motorfietse? Om Mars toe te reis is makliker en goedkoper. Die ANC-regering (Onthou CR sè die ANC is hoèr as die parlement.) glo volstoom dit is op gelyke vlak met die eerstewèreld en weet en doen soos hulle, potholes, plakkies by kortbroek-oor-tights of te not.

Karina ·

Al die fotos wat ek al gesien het van ‘verpleegsters’ wat inentings gee, het gewys dat die ‘verpleegster’ nie eers handskoene dra nie! Sy sal nie naby my kom nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.