Inentingspaspoorte nou beskikbaar

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Tumisu/Pixabay)

Suid-Afrikaners wat teen die koronavirus ingeënt is, kan nou hul sogenaamde inentingspaspoorte ontvang.

Volgens dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, sal ingeëntes met bewys van dié paspoort verskeie spesiale voordele geniet en ook makliker na ander lande kan reis – na gelang van elke land se beleid.

Phaahla sê die Verenigde Koninkryk (VK), wat Suid-Afrika eerskomende Maandag amptelik van sy rooilys sal verwyder, het reeds aangedui dat hy die inentingspaspoort sal aanvaar.

Talle Suid-Afrikaners wat reeds ingeënt is en die paspoort die afgelope drie dae op hul selfone afgelaai het, het egter tegniese probleme ondervind.

Phaahla het nie oor dié probleme uitgewei nie, maar wel gesê dat die regering aandag daaraan skenk.

“Ons is bewus daarvan dat sommige mense probleme ervaar het. Ons beskou die amptelike bekendstelling van die inentingspaspoort as die eerste fase, aangesien ons oor die volgende twee maande verbeterings sal aanbring om die veiligheid daarvan te verbeter.”

Phaahla sê die paspoort sal diegene wat ingeënt is in staat stel om onder meer sport- en vermaakgeleenthede soos musiekfeeste by te woon.

“Ons verwag dat winkels ook afslag op items sal bied en dat ander pryse sal uitdeel aan dié wat paspoorte het.”

Dit is egter nie duidelik presies hoe hierdie proses sal werk nie.

“Ons rol as gesondheidsdepartement is om middele beskikbaar te stel sodat sommige aktiwiteite wat ons almal [sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie] gemis het, hervat kan word.”

Phaahla het opnuut ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hulle teen die koronavirus te laat inent.

“Miljoene mense is reeds ingeënt, met baie min ernstige newe-effekte. Dit is nou die tyd om ons eie én ander mense se lewe te red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

99 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Vraag bly: Is PCR toetse teen 850.00pp dan nog nodig?

JM

Ek stem saam met Phaala

NEO

Dit is duidelik dat hul almal wil manipuleer om die vaksuum te kry. So desperaat is hulle om wortels voor jou neus te hang. Skrik wakker hier is duistere agenda agter dit. Die ANC het nog nooit belang gestel in enige persoon nie. Volg net die “money trail”

Charl Albertus

Dan moet ons seker maar afslag gee aan die wat nie die paspoort het nie en die wat het by ons besighede moet verbied. Wie weet watter kieme hulle rond dra….
Whatbis good for Peter is good for Paul.

Johan SA

Wel, ek het nie meer ‘n selfoon nie so sterkte daarmee.