Inentingsprogram tydelik opgeskort oor Paasnaweek

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Die gesondheidsorgprogram sal oor die Paasnaweek tydelik opgeskort word sodat die betrokke gesondheidsorgwerkers kan rus.

Prof. Glenda E. Gray, medehoof van die Sisonke-inwerkingstellingstudie (die J&J-entstofstudie), het gesê die laaste fase van die studie sal plaasvind sodra die laaste 200 000 dosisse op 10 April 2021 afgelewer word. “Alhoewel daar sommige inentings oor die Paasnaweek sal plaasvind, sal die navorsingspanne en verpleegsters, wat die entstof toedien, ʼn welverdiende blaaskans neem,” het Gray in ʼn verklaring gesê. “Die spanne het baie hard gewerk en sal dié naweek gebruik om te rus en voor te berei vir die laaste fase van die Sisonke-studie.”

Die verpleegsters, aptekers en navorsingspersoneel werk reeds onverpoosd sedert die eerste inentings op 17 Februarie 2021 begin het. “Sommige van hulle het nie eers ʼn breek gevat om iets te eet nie,” het sy bygevoeg.

Gray sê sy neem kennis van die hersiene vlak 1-beperkings soos pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het. “Oor die Paasnaweek is dit belangrik dat ons steeds aan die nie-farmaseutiese ingrypings voldoen en waaksaam bly.”

Ná die laaste 200 000 dosisse vir gesondheidswerkers toegedien is, sal die Sisonke-studie na verwagting beëindig word. “Die land sal daarna begin met die landswye inentingsprogram. Lesse geleer uit die eerste en grootste fase 3B-entstofstudie sal die weg baan in Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KB ·

Ek wonder watter uitdrukking geld vir hierdie mense:
1. “Oe, as ons net nie moet werk nie…”, of
2. “Ek is mal oor werk, ek kan ure kyk hoe ander dit doen!”
En dan noem hulle hulself mediese personeel (wat deurentyd ‘n salaris kry, terwyl ander mense hongerly omdat hulle hul werk verloor het).
Dis pateties.
Die VSA en Engeland se publiek kry al hul tweede inentings.
Dis ‘n loutere skande Suid-Afrika.

Johan ·

…daar is ń massamoordenaar in die Mall,help! Sluit al die deure,ons sal miskien vlg week gaan red wat te redde is….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.