Inflasiekoers daal effe

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die verbruikersprysinflasie (VPI) het in Januarie met 0,2 persentasiepunte vanaf 5,9 in Desember tot 5,7% gedaal.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Woensdag gesê die daling is hoofsaaklik weens laer brandstofpryse. Die stygende prys van kos en nie-alkoholiese drankies, behuising en nutsdienste, vervoer, en diverse goedere en dienste het egter ook aansienlik tot die inflasiekoers bygedra.

Die prys van kos en nie-alkoholiese drankies het op ʼn jaargrondslag met 5,7% gestyg, terwyl die koste verbonde aan behuising en nutsdienste op ʼn jaargrondslag met 4,3% toegeneem het.

Vervoer was egter die grootste drywer van inflasie nadat dit op ʼn jaargrondslag met 14,5% toegeneem het.

Diverse goedere en dienste het op ʼn jaargrondslag met 4,6% gestyg.

Abigail Moyo, woordvoerder van Uasa, sê die vakbond doen nou ʼn beroep op diensverskaffers en die eienaars van sakeondernemings om die behoeftes en inkomste van werkers in gedagte te hou wanneer hulle hul goedere en dienste prys. “Basiese behoeftes, goedere en dienste is die hoofbydraers tot die VPI en ongelukkig ook die items wat werkers die nodigste het.”

Moyo sê voorts die vakbond is hoopvol dat die nasionale begrotingsrede goeie nuus en verligting vir werkers sal bring.

“Intussen moedig ons ons lede en alle werkers aan om wyse finansiële besluite te neem en voorsiening te maak vir noodgevalle.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius ·

Hierdie stats is net soos die covid stats. Die petrol prys is alweer op nie af nie. Kospryse was as gevolg van die vorige styging op en het nie weer afgekom na die verlaging nie en is wel weer opgesit met die laaste verhoging. Nou hoe kom die inflasie dan af ?

Yolandie ·

Dis so waar wat jy hier se Marius. Dis vir my ook total nuttelose inligting. Die mense wat die inligting bymekaar maak is regtig nie in voeling met die “man op straat” nie. Die petrol prys as dit sak maak dit geen impak op die kos pryse nie, vlgns my beweeg die pryse net opwaarts en nie afwaarts nie. Ek weet nie waar dit gaan eindig nie…….want vir baie Suid Afrikaners hou ons salarisse beslis nie by nie. Om nie eers te praat van wat krag kos nie!!!!

Bella ·

Liewe nuttelose regering. Dis julle skuld dat ons so swaar betaal aan kos en vervoer. JULLE SKULD!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.