Ingang na Voortrekkermonument gesluit weens betoging

Die ingang van die Voortrekkermonument Donderdagoggend. (Foto: Verskaf)

Die ingang na die Voortrekkermonument op Eeufeesweg in Groenkloof, Pretoria, is Donderdagoggend weens protesaksie gesluit.

Motoriste wat soggens by die ingang indraai om oor Eeufeesweg te ry, kon nie vanoggend dié pad gebruik nie weens sowat 40 betogers wat sedert vroegoggend die ingang met brandende buitebande versper.

Cecilia Kruger, besturende direkteur van die monument, het aan Maroela Media gesê talle motors asook ʼn toerbus moes vanoggend weens die betoging omdraai.

Kruger het verduidelik dat die Voortrekkermonument gebruik maak van ʼn maatskappy wat skoonmaak-, tuin- en sekuriteitsdienste aan die monument bied. Werknemers van dié maatskappy het verlede jaar die monument se bestuur genader met verskeie eise, waaronder ʼn minimum loon van R7 500 per maand. Die bestuur kon egter nie aan dié eise voldoen nie en gevolglik kon daar nie ʼn ooreenkoms met die werknemers bereik word nie.

Die werknemers het dus besluit om hulself tot protesaksie te wend wat volgens ʼn kennisgewing van staking, wat Dinsdag by die bestuur ingedien is, vandag sal geskied.

Kruger het die protesaksie as ʼn “beskermde staking” bestempel. Sy verduidelik dat daar vandeesweek ooreengekom is dat die werkers by dié spesifieke ingang protesaksie mag uitvoer, maar dat hulle nie die terrein mag betree nie.

Die reëls stipuleer verder dat die staking mag voortgaan mits die betogers nie plunder of brande stig nie. Die ooreenkoms is egter reeds verbreek met buitebande wat aan die brand gesteek is. Betogers het ook reeds aan die ingang van die monument geplunder.

Dit is nie duidelik hoe lank die betoging sal duur nie.

“Ons het ander maatskappye wat vandag in [die werkers] se plek waarneem, maar dit is ontwrigtend,” sê Kruger.

Sy sê die monument is nie weens die protesaksie gesluit nie en bedrywighede verloop soos normaal. Kruger het die publiek gemaan om die Noord-ingang van die monument op die R101 te gebruik. Sy het die veiligheid van besoekers op die terrein verseker.

Maroela Media verneem die Tshwane-metropolisie en die SAPD is op die toneel. Die woordvoerder van die Tshwane-metropolisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Jaco ·

Jy weet, ek werk myself nou al stupid vir die laaste 12 jaar en het dalk nog net een keer verlof geneem en dan die week en n half jaarliks oor kerstyd wat ons gedwing word om af te neem, ek gaan werk selfs op dae wat ek siek is, en kry ek net so oor die R7000 n maand uit, ek het laasjaar nie eens n bonus gekry nie, ek moet maar ekstra werk op die “sideline” ook doen tot laatnag en oor naweke vir ekstra geld…ek kan nie onthou dat ek begin goed brand het nie, ek is maar net te dankbaar vir n werk. Dit maak my naar om van hierdie goed te lees.

HPV ·

Jaco, mense soos jy is lojale werknemers, opbouers en ‘n aanwins vir werkgewers inteenstelling van afbrekers, brandstigters en plunderaars wat die daaglikse gesig van ons land geword het, die eens produktiewe en ordelike land.
Ek praat dit egter nie goed dat jy na 12 jaar slegs R7000 per maand verdien nie, maar ek ken nie jou of jou werkgewer se omstandighede nie.

Bekommerd ·

Ai Jaco, ek voel vir enige mens wat hard werk en veral onder jou omstandighede. Ek hoop dinge sal binnekort vir jou verbeter. Baie sterkte.

Peet Schabort ·

En die polisie ‘monitor’ die situasie . . . jammer ek sit in die Vrystaat anders het ek verniet, gratis, vir mahala my dienste aangebied. Seer sekerlik is daar ander wat nader is??

Anel ·

Dit is my deksel dat hulle het gevra vir die werk. Niemand verplig hulle om die werk te doen nie. Hulle het geweet wat die salaris is. So, hulle het niks om oor te kla nie.

Jane ·

Ja, ne! Net so hoef die ou wat my huis huur nie langer daar te bly nie. Dis sy keuse. Maar nou weier hy om enige huur te betaal, want die geute lek. Mens kry darem maar ondankbare mense!

Rerig??? ·

Hulle het nie die ooreenkoms nagekom nie………dan is dit mos onwettig en hoekom word hul nie arresteer nie?

Hendrik ·

Laat ons ou volkie nou maar hand in eie boesem in steek. As die VTM so belangrik is vir ons, hoekom maak ons van ander mense gebuik om ons hande-arbeid te doen? Is daar dan nie genoeg Afrikaners wat sonder enige werk sit wat betroubaar en fluks genoeg is om daardie werk te doen nie? As die Afrikaner wil voortbestaan sal ons ons moue moet oprol en die Orania model toepas.

jaco ·

Ongelukkig het baie Afrikaners, baie van “ons eie mense”, ook maar streke van hulle eie. Baie van die jonges wil nie onder begin nie. Luister mooi na die stories van ouer werklose Afrikaners en jy vind uit hulle sit waar hulle sit weens drankmisbruik en dwelms. Bitter min is werkloos NET oor regstellende aksie.
Dan is daar ook dié wat ingenieurs en ander professionals is, wat JARE lank nie werk kry nie, omdat hulle NET werk in hulle studieveld siek. Moedig jy hulle aan om iets anders wat minder betaal te doen, is hulle dadelik kwaad.

Chris ·

Stem saam Hendrik.
Daar is baie blankes sonder werk. Ek is seker daar is genoeg betroubare en flukse blankes wat by die Monument sal wil werk, as hulle die geleentheid aangebied word.

Hendrik ·

Hendrik julle verstaan nie so lekker nie. Ons werk elke dag met wit arbeiders en daar is enkeles wat regtig pligsgetrou en hardwerkend is. Die hand moet diep in die boesem gesteek word en daar is min wat wil werk.

Chris ·

Stem.

Stel ons eie wat nie werk het aan. Dit is tog ons monument. Ek sal elke maand n bedrag in betaal om te help. Laat hulle by die anc se monumente gaan staak. Ons skuld hulle niks. Die is nie net hulle land maar ook ons land. Ek reken 85% van hulle is nie eers van die land. Elke Uber wat ek nog gery het, was die Uber bestuurder n uit lander. Kom nou…..maak my eie huis skoon en doen my eie tuin. Was my eie kar. Het nie dstv…het Internet. Koop nie “takeaways “……maak my eie. Ek support nie die wat n probleem met my afrikaner mense het.

Elize ·

My seun is ‘n gekwalifiseerde toergids en werk al 5 jaar en het verskeie kwalifikasies. Hy verdien R7 000 per maand.

Chris ·

Jou seun is n yster. Soen hom op Sy voor kop. Hy sal bo uit kom. Daar moet n groep ge-stig word waar ons vir die jong en oud afrikaners finansieel kan help wat dit nodig het. Ek meen as 500 000 Afrikaners n R 100 n maand kan gee, Kan dit ons armes baie help. Net hoe om so iets bymekaar te sit….

Karlsit ·

Dat Saffas en die regering toelaat dat 40…jip VEERTIG die hele gebied gevangene hou.

MyFlokMarelize ·

As dit ‘n sogenaamde beskermde staking is, mag hulle nie enige toegang versper nie. Verklaar dit onwettig.

marous ·

Hoeveel keer moet ‘n bus heen en weer ry om 40 mense …. se vlamme te blus

Josua Keys ·

Die mense besef nie dat elke toeris wat die monument besoek betaal om daar te wees, waarom betaal hulle??? Sodat jy wat toi toi ‘n salaris kan verdien, elke rand wat julle weerhou agv TOI TOI neem jy die geleentheid van jouself af weg om ‘n salaris verhoging te verdien. Maar duidelik verstaan julle dit nie.

George ·

Lees ek reg?……”ooreengekom dat die werkers by die spesifieke ingang protesaksie mag uitvoer….. EK HET ‘n BAIE BETER VOORSTEL!

Jerry ·

Hierdie werkers word verteenwoordig deur die nuut gestigde EFF vakbond, by name APSA. Die VTM bestuur behoort so gou as moontlik van hierdie werkers ontslae te raak. Die volgende “demand” wat gaan volg as hulle nou hulle sin kry is “insourcing” van die werkers, daarna verminderde werksure teen dieselfde salaris, beter werksvoordele en werksomstandighede, vervoer of akkommodasie, vry etes, gekwalifiseerde EFF lede om die bestuur by die huidige bestuur oor te neem ens! Indien hulle nie hul sin kry nie en jy raak nie van hulle ontslae nie, sal hulle kort, kort staak en alles aanhou ontwrig, hulle sal ook van die werkers oorreed om die bestuur uit te lok en as getuies op te tree vir werkers wat valse bewerings maak en wat valse klagtes by die SAPD indien. Die voorkeur valse bewerings is teistering en rassisme waar die K-woord n prominente rol speel. Terwyl hulle nog nie ge-insource is nie, raak van hulle ontslae. Die EFF is duidellik van plan om die VTM te teiken, net soos hulle gedoen het met Afrikaans by die universiteite en onthou hulle het daardie ou sakie loshande gewen deur Afriforum teen almal af te speel en toe te onttrek toe die fight tussen Afriforum en die universiteitsowerhede op sy felste geraak het! Almal weet wat die uiteinde was!

Pierre ·

Ai, hoe verlang ek nou na die destydse water kanonne. Sommer maklik die vuur geblus en skoon gemaak..

Jax ·

Hoe op aarde leef mens op daai salaris?! Dit is skokkend! Selfs n een slaapkamer woonstel ruk jou sak erg! Pendel kostes is hoog agv petrol prys! Gesonde mos is peper-duur! Waar laat dit mens mee in n maand?!
Die vergelyking van Baas en klaas salarisse is betreurenswaardig en eintlik n skande! Die mense wat eintlik die werk doen kry die minste en die base leef lekker gemaklik! Ek sou beslis my speelgoed uitgegooi het as ek slegs R7500 huis toe neem vir my gesin! Erens is daar groot berekenings-foute!

Pieter ·

Jax,
Jy leef seker in ‘n droomwêreld want daar is baie blankes wat vir minder moet werk. Die werkers doen net skoonmaak en tuinwerk en jy wil kla oor R7500. Kry so bietjie rigting en kyk waarmee ons eie mense mee moet klaarkom.

Bekommerd ·

Geen wonder maatskappye wil dienste outsouce nie. Die werkers waardeer nie dat hulle werk het nie en wil net hê, hê, hê.

Adrian ·

Jax ek is bejaard sal enige tyd Vir daai salaris week en dit in my geskiedenis

Schalla ·

Eerstens, dit is darem baie min geld om op te moet oorleef so ek verstaan dat iemand wat so min verdien ongelukkig is. Maar soos iemand hierbo reeds gesê het niemand hou ‘n geweer teen jou kop nie en R7000 ‘n maand is nogsteeds beter as niks. Maar om hemelsnaam hou net op om altyd alles te wil afbrand!

Tweedens, ja daar is baie Afrikaners wat sonder werk sit en wat ek dink maar te graag hierdie werk sal wil doen oor hulle terdeë besef dat selfs R2000 ‘n maand beter as niks is. Maar ek moet ook saamstem met iemand hierbo wat genoem het dat ons mense baiekeer te trots is. Ek het self familie wat in daai bootjie sit wat al maande sonder werk sit en alhoewel daar geen werk in hul lyn is nie net botweg weier om ander opsies te oorweeg.

Derdens ek besef ek is ‘n tipiese “armchair cinic” en dis seker maklik vir my om te oordeel, dit terwyl ek nog ‘n goeie werk het en maar net hou wat ek het en hoop en bid ek verloor dit nie.

Vierdens, as ons eie mense hand in eie boesem gesteek het is dit tyd dat ons ons eie mense begin ondersteun. Dis al hoe ons volkie in hierdie land gaan bly oorleef.

Nettie ·

@Scalla, R7K per maand is dalk min vir jou, maar vir baie blanke mense, sal ‘n salaris soos daai ‘n seën wees. Hoeveel, dink jy dan, moet ‘n feitlik-ongeskoolde persoon (kom ons sê, iemand met ‘n Gr. 8, wat net-nét Engels en Sesotho [laat staan maar Afrikaans!] kan praat en min of meer sy/haar handtekening kan maak) dan betaal word?

R10K, R20K of R25K per maand? Met byvoordele, behuisingssubsidie en studie-beurse vir al 9 kinders? Dream on, vriend ………………. Nie eens ék, met meer as matriek en 25 jaar ondervinding, kry daardie soort vergoeding nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.