Ingenieur gevonnis oor kinderpornografie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Siviele ingenieur wat jong kinders na ʼn plaas in Durbanville gelok het met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem, is Maandag gevonnis.

Andries Petrus Retief (37) is ʼn opgeskorte vonnis van agt jaar tronkstraf opgelê in die hof vir seksuele misdrywe in Parow. Landdros Amanda van Leeft het saam met die staatsaanklaer Herculine Swart en Leon van der Merwe, Retief se regsverteenwoordiger, gestem dat daar omstandighede is wat ʼn opgeskorte vonnis regverdig.

Retief is ʼn eerste oortreder en het skuldig gepleit op 2 130 aanklagte wat verband jou met die besit en vervaardiging van kinderpornografie. Retief se dade het aan die lig gekom nadat ʼn familievriend die huis waar Retief saam met sy vrou en gesin gewoon het, opgepas het. Retief het sy internetwagwoord vir die vriend gegee waarna die vriend op Retief se skootrekenaar op die foto’s en video’s afgekom het.

Volgens die klagstaat was daar pornografiese materiaal van die familievriend en ander egpare wat hy ken, se kinders op die skootrekenaar. Die vriend het een van die egpare in kennis gestel daarvan, waarna Retief in hegtenis geneem is.

Volgens landdros Van Leeft het Retief se inhegtenisname daartoe gelei dat hy tot die besef gekom het dat hy ernstige emosionele probleme het en dringend sielkundige behandeling nodig het. Sy het gesê Retief het dadelik met behandeling begin en dat die behandeling steeds voortduur.

Volgens Van Leeft het Retief berou getoon en onmiddellik met behandeling begin en het dit tot gevolg gehad dat hy nie die maksimum vonnis ontvang het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan 2 ·

Hahaha…mooi man, ek stem nogal saam. Hoop maar hy kom reg, kan so ou regkom?

poplap ·

meer as 2000 aanklagte – en net ‘n opgeskorte vonnis – ha-ha-ha, wat ‘n groot Grappie!!!
Geld wat praat.

Daphne ·

Dis waarlik siek, Ek kan nie dink laat iemand met so iets kan weg kom nie. Wat gaan aan in ons wereld?

pop ·

Ek is stom geskok. So dis hoe mens kinders beskerm, deur die klas van monster los te laat om dit weer te doen. Die soort gemors sal enigiets doen en se om tronkstraf vry te spring. Die staat het die kinders en sy gewese vriende gefaal. Hulle kon ten minste gese het hy moet betaal vir berading vir sy slagoffers wie se lewe hy verwoes het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.