Ingeperkte Kersfees dalk die veiligste opsie – WGO

‘n Tweede golf van Covid-19-infeksies het Engeland weer getref (Foto: Tolga Akmen/AFP)

Om groot familiebyeenkomste oor die Kerstyd te vermy, sal vanjaar die veiliger opsie wees.

Só het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gesê te midde van die Covid-19-pandemie waarvan die dae oënskynlik nog lank nie getel is nie.

Met talle lande wat reeds Covid-19-regulasies begin verslap het vir die feestyd, sê die WGO dat mense self moet besluit of hulle met groot familiebyeenkomste dalk kwesbare familielede se lewe in gevaar kan stel.

Maria van Kerkhove, die WGO se Covid-19- tegniese leier, het tydens ʼn mediakonferensie gesê dat daar altyd ’n kans sal wees dat die virus by byeenkomste soos dié kan versprei.

“Dit is ʼn moeilike situasie, want enige mens wil – veral tydens die feestyd – by hul families wees. In sommige situasies is die moeilike besluit om familiebyeenkomste nié te hou nie, die veiligste opsie,” sê Van Kerkhove.

Van Kerkhove stel voor dat ʼn virtuele byeenkoms dalk ʼn beter opsie sal wees.

‘n Vrou met ‘n masker aan by die St Pancras Internasionale treinstasiel London (Foto: Tolga Akmen/AFP)

“Al kan families nie vanjaar saam fees vier nie, kan hulle maniere vind om dit te doen wanneer die pandemie verby is.”

Michael Ryan, hoof van noodgevalle by die WGO, sê die aantal Covid-19-infeksies in Kanada het net ná hul Dankseggingsdag op 12 Oktober weer begin toeneem.

Hy sê daar moet ʼn balans tussen die wetenskap agter die virus en die ekonomiese en sosiale faktore geskep word.

“Daar is nie ʼn formule om te volg wat aandui hoe lank die afsonderingsregulasies oor die vakansietyd verlig kan word nie,” sê Ryan.

“Die vraag ontstaan of ons wel die siekte genoeg onder beheer het om van die afsonderingsregulasies te verslap oor die Kerstyd.”

Ryan sê met die verslapping van die regulasies skep dit ’n gevoel van vreugde onder mense, wat mense veral nou meer as ooit nodig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Rentia ·

Covid is eg, ja. Covid maak dood ja. Maar wragtag dit word oordoen! 92% herstel regverdig NIE weer opsluiting. Was die jaar nie reeds erg genoeg nie!! Harde realiteit, die alkohol waarmee jy bespuit word as jy omdraai in diemall, kerk, kantoor absorbeer deur jou vel en bloedstroom toe. Maar gaan ons weer als toesluit en opsluit want die WGO hoes? Lees die geskiedenis van die hoof van die WGO. Weet hy regtig wat hy doen om so iets te sê!?

Yolandie ·

Ware woorde wat jy hier sê Rentia. Die hoof vd WGO het nie eers ‘n mediese kwalifikasie van enige aard nie. Kop in een mus met die CCP. Hoekom dink jy het Donald Trump die VSA se befondsing van die WGO onttrek???? Want hulle lieg vir die hele wereld, en om paniek te saai en mense te onderdruk is hulle agenda.

Rentia ·

Presies Yolandie… die einste hoof het baie groot cholera uitbrake (drie waarvan die buitewêreld weet) onder die mat ingevee terwyl hy die hoof van gesondheid was in die land – soos jy sê sonder enige mediese kennis. Dit het letterlik honderde mense se lewens gekos het. Maar ons loop slaafs agter die WGO aan? Dis waansinnig om die minste te sê.

JohanR ·

Luister soe min na die WGO as wat ek na Cyril Ramaphosa luister! Kersfees dag is dit groot tafel bymekaar kom, met lekker kos en ‘n paar drankies…..en ja ons sal besmet, skoonmaak, versigtig wees en waar moet maskers dra. Wens nie een ANC n lekker Kerfees nie. Hoop julle kos is alles vrot, of word vrot terwyl julle eet!

Dries ·

Ek weet nou nie van ander lande nie, maar as ONS regering hulleself GEDRA het tydens lockdown, sou hulle DALK nou kon eise stel oor Kersfees beperkings ens. Maar ons weet almal hoe dinge verloop het. So good luck met die afdwing van nog ‘beperkings’.

Yolandie ·

Ja Dries daar is nie ‘n kans dat hulle SA’kaners gaan oortuig dat lockdown “lewens red nie”. In oorsese lande waar hulle weer lockdowns wil afdwing word daar groot protes aksies geloods. Hier kom ‘n ding!

Sarel ·

Probleem is ” afsluitingsfunksies” en mense wat eenvoudig sé ” ons wil party”

Misky ·

Ek en my familie weet hoe om ons te gedra, so ons sal lekker kersfees hou en die gagga jaar op n hoë noot afsluit. ANC en hulle kaders kan aan foeter en ek worry nie oor hulle nie – leer of luister wil hulle mos nie

Oom Hennie Pennie ·

Nou al erg gatvol vir die manipulasie en beheer. Desember gaan ons ALMAL bymekaar kom op die plaas. Sluit die hek en die WGO word nie toegelaat nie.

Danie ·

Hierdie hele inperking vanCovid 19 is bog. Kyk terug in die geskiedenis hoeveel peste daar al was en nooit n inperking nie. Covid 19 bestaan wel en is erg maar dit bly net nog n griep. Toe jy erge griep gekry het, het jyself besluit om by die huis te bly. Jy het jou vitamiene gedrink, jou hoender sop en pyn pille. Jy het self besluit jy gaan nie werk toe of kuier by ouma en oupa of enige ander mense nie. Nou kom die WGO en die media en dryf hierdie hele ding met histerie. Waar is dit bewys dat n pappier masker of selfs hierdie homemade maskers werk. Die goed kan in n maate werk as dit reg gedra word covid is air borne en kan tot 30 meter in die lug beweeg nou gaan kyk jy hoeveel mense se monde is beskerm maar nie hul neuse, dan se hulle jy mag nie jou oog krap maar ek nies dat die snot spat in jou oog en oor jou hele lyf en dan gaan vat jy aan jou klere en so kom jy by die huis en dra die kiem oor. Nee wat dan moet ons eerder mars pakke dra met suurstof bottels op ons rue.

Maggies ·

Waar was die maskers Vrydag in Brackenfell? Is iemand daar gestop?
Probeer net ons wets gehoorsame burgers oor Kersfees van ons familie (veral bejaarde ouers) af weghou. Ons weet hoe om ons te gedra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.