Ingrypende elektrisiteitsverhoging dalk op pad

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

ʼn Verhoging in elektrisiteitstariewe van tot 17% kan Suid-Afrika se voorland wees, indien Eskom sy sin kry.

ESI Africa berig die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gaan later vandeesmaand met nasionale verhore begin wat onder meer sal fokus op Eskom wat in 2013/14 R22,8 miljard te min ingevorder het en dit nou deur die sogenaamde reguleringsaansuiweringsrekening (RCA) wil verhaal.

R8 miljard van dié bedrag is aan diesel bestee aangesien Eskom diesel moes gebruik om krag op te wek toe die land destyds onder kragonderbrekings gebuk gegaan het.

Indien Eskom se aansoek om die geld te verhaal suksesvol is, kan Suid-Afrikaners moontlik van 1 April ʼn verhoging van tot soveel as 17% te wagte wees. Die huidige beplande verhoging van April af is 8%.

Die eerste openbare verhoor is op 18 en 19 Januarie in Kaapstad, waarna daar ook verhore in Port Elizabeth (20 Januarie), Durban (21 en 22 Januarie), Mmabatho (25 Januarie), Kimberley (27 Januarie), Bloemfontein (28 Januarie), Nelspruit (1 Februarie) en Polokwane (3 Februarie) sal plaasvind. Die laaste verhoor is op 5 Februarie in Johannesburg.

Nersa het lede van die publiek en ander belanghebbendes wat voorleggings wil doen en die verhore wil bywoon gemaan om hul versoeke teen Woensdag 13 Januarie om 16:30 in te dien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Ag nee regtig, dis verregaande dat Eskom nie geld insuig soos ‘n spons en net nooit hulle skuld op datum kry nie! Hoeveel verhogings moet ons nog verduur? Waarmee moet ons dit dra? Nee werklik!

DPJ ·

Deur dat nie-betalers weg kom met moord word ons detalers nou toe gegooi met onbetaalbare tariewe. Wanneer gaan hulle aldie agterstallige geld van die nie-betalers invoerder? Dit is mos baie makliker om tariewe te verhoog en betalers te melk.

Rynhardt ·

Stygende tariewe=Groter salarisse=Groter bonusse=Groter partytjies=vet katte moet nog lekkerder lewe terwyl SA stagneer!

Liefie ·

Vir wat die verduiwels krag verhoog. Sny die verdomde nie betalers af!!!!!! Soos byvoorbeeld Soweto!!!! Of sal dit nou rassities ? Ek is keelvol om ander se verduiwelse skuld te betaal!!!!!

Berhalet Beukes ·

Nee, dis geensins rassisties nie want jy verwys mos na ‘n geografiese area en jy is feitelike korrek! ;-) Ek stem, laat die skuldiges betaal, ons het mos ons deel gedoen!

Frans ·

Suid Afrikaanse verbruikers is in ‘n bose kringloop vasgevang.Eskom het laat slaplê in onderhoud en voorraad, veral steenkool is nie behoorlik beheer nie en is talle betroubare kontrakteurs vervang met mense met min kennis en onderhoudspanne op terrein met voldoende onderdele deur ‘n sentrale stelsel vervang.

Die gevolg is dat elektristeitsopwekking nie altyd in vraag kon voldoen nie.Omdat sodoende minder eenhede beskikbaar was maar veral vaste koste gestyg het omdat lenings duurder geword het ook agv die verswakkende rand moes die koste oor ‘n kleiner aaantal eenhede verhaal word en tariewe het dus gestyg.

Voeg daarby dat die ANC en Eskom hulself op die skouer klop omdat hul darem ‘n sinkende Eskom kon vaarbaar hou en groot verhogings en bonusse vir die gewaande prestasie toegeken het en jy het ‘n resep van dalende aanbod en stygende vraag, agv bevolkingsgroei en jy het ‘n bose kringloop van tariewe wat vinnger as inflasie koers toeneem . Terselfdertyd gee stygende tariewe inflasie ‘n stewige hupstootjie , want elektrisiteit is op baie plekke ‘n onmisbare produksiefaktor en speel ‘n groot rol in bewaring van bederfbare produkte.

Ben ·

Dit sal die laaste knak van die Kameel se rug wees, vernaamlik vir ons pensioenarisse!

Danie ·

Hulle moet die krag sommer, elke jaar, vir die volgende 10 jaar met 50% per jaar opsit sodat die mense ‘n hipstoot kan kry wat traag is om sonpanele te installeer. Solidariteit moet help om so ‘n besigheid op die been te bring waar al die mense wat by ESKOM afgelê word, werk gegee word. Die onderneming moet sonsisteme uitverhuur, verkoop, installeer en instand hou op grootskaal om koste baie laag te hou. Solidariteit het mos nou al onderwys en opleiding en finansiële ondernemings waar is die tegniese ondernemings?

Martin ·

Danie, moet nie die “bucket pass” nie. Hoekom begin jy nie wat jy voorstel nie?

Remondo ·

Maar ons verskaf elektrisiteit aan zim etc? Verhoog hulle prys ook? Skakel af die nie betalers – elektrisiteit is mos nie n lewensnoodsaaklikheid soos water nie – ek mis n paaiement met 10dae oor n probleem en woeps af is my krag betaal agterstallige geld plus n heraansluitings fooi voor jou ligte aan is . Gebruik dieselfde prinsiep ooral – good for the goose good for the gander

FM ·

En nou gaan daar vir mugabe ook elektrisiteit gegee word. Ek wonder wat betaal zim hiervoor????!!!!!!!! Of kry comrades dit verniet omdat hulle so gesuffer het in die struggle? Ek vra maar net mooi sonder om rassisties te wees!!!!!!

ig ·

Ek is besig om totaal van die Eskom netwerk af te klim dmv sonkrag,kan nie wag om eersdags vir hulle n toffie te gooi nie.Gelukkig is ek in die posisie om self in te voer so ek bespaar duisende.

Boervrou ·

Wens ek kon solar bekostig. Ons kragrekening met die pompe en besproeing is n hele paar duisend rand per maand. Dit sluit die werkers se huise ook in.

ig ·

Boervrou,ek is besig om navorsing te doen aangaande die voorsiening van sonkrag en net n hanteringsfooi te vra en bystand bied met die instalering daarvan,insluitend Sonkrag pompe.Dit sal net beskikbaar wees vir Volkseie persone.

vermeende ·

Lees die volgende stuk gerus.

Dit is nie so duur om op sonkrag te gaan nie, doen net jou eie huis werk.
Ek het my hele huism se ligte op 12V LED’s gesit wat my R900 gekos het en een motorhek motor battery wat R100 kos en saam dit die charge controler 10A teen R300 en net een 80Watt paneel. My stoof is op gas, son geyser. ek koop oor twee maande ‘n 12V vrieskas…… hy is duur R20 000. Die boorgat, stofsuig en wasmasjien loop een keer n week op die gen.
Gerief boet ‘n mens in maar dit is die moeite werd, Die R3500 wat my rekening ‘n maand was kan Eskom nou maar verniet vir Zim gee.

rietrot ·

Baie mense loop deur met diefstal op hul son-panele en baie kere word die panele beskadig en onbruikbaar. Die krag-omkeer-der of so genoemde ” inverter” loop ook deur by diefstal en die battery laaier of “charger” is ook gewild onder die diewe. Jy kry ander opsies wat werk soos ʼn rekenaar se UPS of “uninterrupted power supply” ek dink die Afrikaanse weergawe is ” ononderbroke kragtoevoer voorsiener” (dis ʼn mond vol) mag dalk ʼn opsie wees. Hulle kan krag gee vir tot 5 ure of so. Maar soos dit nou staan is daar nie ʼn wen, wen situasie nie. Die diefstal en vandalisme maak ʼn duur opsie soveel duurder. ʼn Lang gesprek met jou assuransie mag dalk ʼn baie goeie ding wees… Julle sal verbaas wees oor wat sommige assuransies te sê het.

Peet Schabort ·

Die kultuur van wanbetaling is diep gewortel komende uit die apartheidsera. Die probleem is diegene wat wel betaal en saam op ‘n lyn is met die wanbetalers. Die kabels kan dus nie summier verwyder word.
Snaaks dat die “#Down with electricity payments” nog nie posgevat het. Seker omdat daar buitendien nie daarvoor betaal word en slapende honde nie wakker gemaak moet word.
Vir die rassiste-jagters: Die laaste sin is in IDIOOMVORM.

Martin ·

Peet, ek dink dit is nader as wat ons besef. Ek kan deel wees van daai een.

Anny Penny ·

Frans ek stem saam oor die vet katte se bonusse. Mens kry mos net bonus as jy buitengewoon bo jou normale werk wat jy doen en voor betaal word, gedoen het. Dit verstaan geen staatsamptenaar en baie ander werkers ook nie.

Betaal betaal ·

Wanneer gaan dit ophou?? Daar is elke keer ‘n ander verskoning.
Eskom maak my moeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.