Ingrypende wysigings aan mediese skemas voorgestel

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die minister van gesondheid het Donderdag groot en verreikende wysigings rakende mediese skemas aangekondig wat van toepassing sal word indien konsepwetgewing deurgevoer word.

Die kabinet het onlangs die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) vir publikasie in die Staatskoerant goedgekeur en kort daarvoor die wetsontwerp wat wysigings aan die Wet op Mediese Skemas voorstel. Albei gaan in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer word.

Dr. Aaron Motsoaledi het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie meer inligting oor die wetsontwerpe bekend gemaak. Rakende wysigings aan die Wet op Mediese Skemas het hy gesê die koste verbonde aan private gesondheidsorg is buite die bereik van die meeste mense.

Hy het gesê dit is om dié rede dat oudhoofregter Sandile Ngcobo deur die Mededingingskommissie aangestel is om ʼn openbare markondersoek te doen oor die koste van gesondheidsorg. Die ondersoek duur nou al meer as drie jaar en ʼn voorlopige verslag word op 28 Junie bekend gemaak.

Volgens Motsoaledi kan slegs sowat 10% van Suid-Afrikaners private gesondheidsorg bekostig. “Die wysigings wat ons bekend stel is daarop gemik om noodsaaklike verligting te bring vir pasiënte wat hulself in ernstige finansiële moeilikhede bevind.”

Die tien groot wysigings wat deur Motsoaledi aangekondig is:

Die eerste wysiging het ten doel om bybetalings af te skaf. Dit sal tot gevolg hê dat elke sent wat vir die pasiënt se behandeling gehef word ten volle deur die fonds betaal moet word. Motsoaledi het gesê daar is natuurlik mense wat kapsie hierteen sal maak, maar dat dit goed oorweeg is en dat die aantal klagtes van die publiek wat by die departement van gesondheid en die Raad op Mediese Skemas ingedien word, dit regverdig. “Verder toon die data tot ons beskikking dat mediese skemas reserwes van sowat R60 miljard het wat nie gebruik word nie.”

Die tweede wysiging is dat die praktyk van mediese makelaars afgeskaf word. “Amper twee derdes van skemas se hooflede betaal maandeliks ʼn bedrag aan makelaars as deel van hul premie. Talle lede weet nie eens hulle betaal die fooi van R90 per maand in 2018 nie.” Volgens Motsoaledi is daar ʼn totaal van R2,2 miljard aan makelaars betaal in 2017. “Ons wil hê dat hierdie geld eerder beskikbaar gestel word om direkte gesondheidskoste van lede te betaal, eerder as om makelaars te dien wat eintlik nie nodig is in die gesondheidsorgstelsel nie.”

Die derde wysiging is om die praktyk van Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV’s) af te skaf en dit te vervang met omvattende diensvoordele. Voorgeskrewe Minimum Voordele is meestal hospitaalgebaseerde toestande. Omvattende diensvoordele sal primêre gesondheidsorg soos gesinsbeplanning, inenting, toetse en welstandsdienste insluit.

Die vierde wysiging is rakende die verskillende ongelyke en selfs onbillike voordele-opsies waaraan mediese skemas hul lede onderwerp. Die wysiging verhoed dat enige mediese skema enige voordele-opsie implementeer, tensy dit deur die Registrateur van die Raad vir Mediese Skemas goedgekeur is. Die registrateur sal hierdeur eers moet bepaal dat so ʼn opsie in die beste belang van die lid is.

Die vyfde wysiging is dat net geregistreerde mediese skemas voortaan mediese skemas mag hê. Dit hou verband met verskillende gesondheidsplanne en kontantplanne wat voorgee om gesondheidsprodukte soos mediese skemas te wees, terwyl dit nie by die Raad vir Mediese Skemas geregistreer is nie, maar eerder by die FSB (Finansiële Diensteraad) geregistreer is. Die FSB het sy reëls gewysig om sodanige entiteite uit te sluit om by hulle te registreer.

Die sesde wysiging is dat die registrateur van die Raad op Mediese Skemas ʼn sentrale register van begunstigdes en verskaffers moet stig en bestuur. Dit sal die registrateur in staat stel om tendense te verstaan rakende die gedrag van mediese skema-lede te verstaan, naamlik hoe hulle op ʼn mediese skema of opsie besluit, hul ouderdomsprofiel, siekteprofiel, gedrag rakende hul soeke na gesondheidsorg asook hul geografiese verspreiding. “Tans is mediese skemas huiwerig om hierdie waardevolle inligting te gee en daar is geen manier om hulle te dwing nie.”

Die sewende wysiging is om ʼn inkomstekruissubsidiseringsmodel in te stel. “Die kern van die Nasionale Gesondheidsversekering, wat nou reeds met die huidige mediese skemas moet begin, is dat die rykes die armes moet subsidieer, die jonges die oues moet subsidieer en die gesondes die siekes moet subsidieer.” Motsoaledi het gesê die huidige bydraetabel hef dieselfde koers vir iemand met ʼn lae inkomste as iemand met ʼn hoë inkomste vir dieselfde voordele.

Die agtste wysigings is om mediese skemas te dwing om spaargeld aan ʼn lid terug te betaal indien die lid ʼn aangewese diensverskaffer gebruik volgens die reëls van die skema. Mediese skemas dwing tans lede om van aangewese diensverskaffers te gebruik om geld te spaar. “Dit is ʼn goeie praktyk om aangemoedig te word, maar die probleem is egter dat hierdie spaargeld deur die skema of die administrateur oorgeneem word, in plaas daarvan om dit aan die lid oor te dra in die vorm van ʼn premievermindering.

Die negende wysiging hou verband met die kansellasie van lidmaatskap en wagtydperke tussen aansluit by ʼn skema en toegang kry tot voordele. “Met die Nasionale Gesondheidsversekering sal daar geen straf wees rakende laat toetrede of ouderdom nie.”

Die tiende wysiging is rakende die bestuur van mediese skemas. Hierdie wysiging is vir minimum opvoedkundige vereistes en kundigheid om ʼn lid van ʼn raad van trustees of ʼn hoof van ʼn mediese fonds te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

realis ·

Het nie gedink ek sou dit kon oorvertel nie, maar hierdie voorgestelde wysigings vir mediese skemas maak vir my sin.
Mediese fonds besturende direkteure kry soms tot R5 Miljoen bonusse. (Myne kry dit!)

Hello ·

Hallelujah!
Dit maak soveel sin.
Dis nou…as dit ooit geimplimenteer kan/ gaan word.
Net die Dokters , makelaars en hospitale gaan hieroor kla!

Dokter ·

Hoekom gaan die dokters hieroor kla? Jy het jou ore veels te veel uitgeleen aan die mediesefondse se propaganda dat die dokters kwansuis “geldwolwe” is. Dit is juis frustrerend as onnodige bybetalings en administrasie deur mediesefondse as struikelblok gebruik word ten koste van effektiewe pasiëntsorg. Ek spandeer weekliks ure aan spesiale motiverings en telefoonoproepe na mediesefondse se mediese adviseurs ten voordeel van my pasiënte. Veels te dikwels loop jy jou teen ’n muur vas.

Sommige van die voorstelle soos byvoorbeeld die afskaffing van wagperiodes en sg. kruissubsidiëring het egter die potensiaal om die hele privaat gesondheidsbedryf in duie te laat stort (wat moontlik Motsoaledi se oogmerk is, synde sy NGV model te noodsaak. Met laasgenoemde sal alle pasiënte baie slegter af wees…..)

Boer ·

Die meeste ouer dokters gaan al dood wees voor hierdie sprokie waar word. Die jong dokters gaan almal in kanada werk. Gaan kyk hoe lyk dit in enige staatshospitaal en besluit self of jy daar wil gaan le. In my naaste plattelandse dorpie is al die privaat spesialiste wat al jare gratis daar klinieke doen onlangs beveel om te loop. Enige kind wat nou gaan medies studeer moet sy kop laat lees. Ek het geen hoop vir hierdie plan om te werk nie. Oor jare is fondse gedwing om 25% van premies as reserwe op te bou en nou word dit teen hulle gehou. Ek dink self dat hospitale en fondse te veel mag het maar nou word baba saam met badwater uitgegooi. Maak eers n wet dat parlementslede in provinsiale hospitale behandel word en as dit werk dan kan ons plebs ook daar gaan le. Wat dink die minister oor fondsbydraes. Dink hy vir 1 oomblik dat enige mens R6000 tot R10000 gaan betaal om substandaard diens te kry. Dan bedank almal, alle fondse maak toe en ons gaan kry behandeling in Namibie. Alle ANC lede leef in LALA LAND

EQV ·

Ek was skepties oor die aangeleentheid,,maar daar is beslis n paar punte wat n ‘duimpie op’ van my kant af kry.

Hennie Meyer ·

As al hierdie voorstelle geïmplementeer gaan word, gaan bestaande skemalede se maandelikse fondsbydraes so verhoog word dat 80%+ van hulle dit nie verder sal kan bekostig om aan die skema te behoort nie.

Siek Piet ·

Dankie tog vir jou kommentaar, Hennie! Ek het begin bekommerd raak dat daar geensins kritiese denke toegepas sal word nie.

Aan die wat dink hierdie is goeie nuus: ELKE IEDERE EEN van daardie punte is sleg vir ons, die verbruikers. Gaan lees gerus weer, en dink hoe die mediese fondse op elk sal reageer.

Daar waar voordele uitgebrei word, sal premies styg. Daar waar aan private maatskappye se “reserwes” (geld) gepeuter word, sal hulle dit herwin (van verbruikers af). Die huidige stelsel benut alreeds ‘n kruissubsidiëringsmodel. Waar gaan die subsidies vir die nuwe begunstigdes vandaan kom? Van verbruikers af.

Die deurvoer hiervan sal later as les gebruik kan word oor wat gebeur wanneer daar met die mark ingemeng word. Kapitalisme werk net eenvoudig nie so nie. As daar nie belang is vir beleggers nie, neem hul hul geld daarheen waar daar wel is. ‘n Paar mediese fondse (die kleineres) sal ondergaan en die oorblywendes sal ryker word. En dan sal daar ‘n “blink plan” van ‘n staatsfonds verskyn.

Die gemiddelde Suid-Afrikaner sal dalk ‘n ekstra X-straal of twee kry, maar die gemiddelde vlak van mediese sorg sal daal.

Ons mediese sektor kan baie verbeter, maar hierdie voorstelle is nie hoe dit gaan gebeur nie.

En dit kom van iemand af wat self nie baie goedgesind is teenoor mediese fondse nie.

Boerseun ·

My gevoel ook, ek voorspel n drastiese verandering in tiepe pakkete wat gebied gaan word met privaat medies soos jy nou geniet gaan verdubbel. Mediese fondse is maar risiko bestuur fondse en soos die risiko steig, steig die prys

Anna ·

Dankie tog iemand kan bietjie verder dink. Daar is geen manier hoe hierdie wysigings enigsins tot voordeel van die gemiddelde inkomste gesin strek nie. Al wat gaan gebeur is dat die “normale” gesin wat net nou en dan dokter toe gaan so belas gaan word dat hulle nie meer ‘n mediese fonds sal kan bekostig nie. Jy gaan vir elke “unemployed ” persoon betaal. Klink dalk nie so sleg nie? Wat jy wel vergeet is dat baievan hierdie mense in haaglike omstandighede bly en aan siektes soos Tuberkulose ly. Hulle benodig baie mediese sorg. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek gun elke mens die beste mediese sorg moontlik maar instede van miljoene te spandeer om private mediese sorg verder te belas stel ek voor dat die regering eerder die staats mediese versorging verbeter sodat elke mens toegang het tot gehalte mediese versorging.

Irene ·

Ek drink a bloeddruk pil 2×250 gm pdag kos nie duur nie betaal R80 per m vir 60 pille
As ek die pil koop wat klaar 500gm is en net een pil is is dit baie duur( Hy pe tone) hoe werk dit

Esther Strydom ·

En die rykes moet alweer vir die armes sorg??? Sien die 7de wysiging.

Andile ·

Dankie Hennie,

Eerste een wat verstaan wat hier aangaan. Seker goed werk en ander nie. Om almal dieselfde te gee moet ons breek wat werk, dan gaan ons ministers oorsee vir mediese behandeling, steeds met jou geld..

Jos ·

Ek doen moeite om te oefen en gesond te eet en leef en dan moet ek sorg vir mense wat te lui is om te oefen en net gemors kos soos Kentucky eet en Coke drink. Klink vir my na ‘n goed deurdagte en regverdige besluit (met sarkasme gese). Ek gaan voortaan by die dokters boer sodat ek ook as sieke bestempel kan word en sodoende deur die gesondes gesubsideer kan word ha ha ha. Skere mense pomp hulself vol suiker en word as suikersiekte leier verklaar en eis mediese ongeskiktheid. Kyk maar hoeveel jong mense staan in SASA toue.

Kaufman ·

Daar is geen manier dat ek wat gesond leef en oefen rokers en massadrinkers en suikersuiers sal subsidieer nie. Die wet sal ongesonde gedrag bevorder.

Siek Piet ·

Alhoewel julle argument op die oog af reg lyk, is die omvang van so ‘n subisidiëringsmodel veel groter: dit bevoordeel nie net mense met slegte gewoontes nie, maar ook diegene wat ongelukkig genoeg is om met die verkeerde gene gebore te wees. Die grootste voordeel is sekerlik dat jong mense die oues subsidieer. Dink julle regtig dat dit verkeerd is? Sou julle nie dalk ook gehelp wou word as julle, deur geen toedoen van jul eie, ook in so ‘n situasie was nie?

Dit werk met groot sukses in ander dele van die wêreld. Die beter rede hoekom dit vir ons ‘n probleem is, is omdat die subsidiëringslas in Suid-Afrika enorm is in vergelyking met die vermoë om dit te delg. Dit terwyl daar meer geld gemors word as wat nodig is vir behoorlike mediese sorg vir almal.

KoperKoos ·

Alhoewel ek jou argument verstaan Jossie, wil ek jou net inlig dat suikersiekte glad nie deur suiker inname veroorsaak word nie. Wel deur trauma,skok, gene en ñ pankreas wat se selle nie meer funksioneer nie. Maar as vir die res, maak sin.

E Viljoen ·

As daar kruis subsidering moet wees gaan premier geweldig toeneem. Dit gaan verwag dat jy later enige iemand in privaat hospitaal moet opneem vir miljoene rande terwyl sy maandelikse bydra die minimum is. Dat daar nie verskillende planne is nie maak ook nie sin nie. Maak my bang, want op einde gaan jy gedwing word om staatshospitaal te gebruik. Alles is net n makmaak proses.

Jannie ·

Dankie tog. Ons word die afgelope tyd al hoe meer uitgebuit. Jy betaal enorme paaiemente, maar kan nie eers ‘n gewone kolonoskopie laat doen sonder ‘n bybetaling van R2000 nie. Die ironie van die saak is dat jou mediese skema jou aanraai om dit jaarliks te laat doen. Dit is maar net die druppel in die emmer. Orals is die man met ‘n laer of gemiddelde inkomste deesdae geblok om enige mediese prosedure te ondergaan sonder bybetalings. Jy kan omtrent nog net ‘n tand laat trek.

Jos ·

Presies Hennie, hulle is mooi ingelig deur een of ander organisasie oorsee oor hoe om van die private mediese skemas ontslae te raak. Maak dit onbekostigbaar. Laat my dink aan Bell Pottinger.

Barbara Botha ·

Wonderlik ons mediese fondse melk n mens dis maar die 6 de maand en die meeste mense se fondse is uitgeput en dan was jy skaars by dr of tandaardse of vir enige mediese ondersoeke ens en die by betalings is baie en op alles of hul betaal vir niks wat ook uit jou sak moet kom saam jou maandelikse paaiement

Opinie ·

Die kruissubsidiëring gaan veroorsaak dat die middelman vir die grootste deel betaal. Net ‘n ander vorm van belasting. Sommige van die punte maak wel sin, my huisdokter vra 150% van wat die mediese fonds bereid is om te betaal vir ‘n konsultasie. So indirek betaal ons reeds ‘n premie.

Sann ·

Ek wonder hoe sou Discovery se Key Care planne vergelyk met hierdie voorgestelde wysigings…..? Maar ek is baie versigtig om opgewonde te raak, want op die oog af word die indruk geskep dat die verbeterde diensverskaffing verhaal moet word uit die mediese fondse se sakgeld en die makelaars se fooie. Te goed om waar te wees.

rollie ·

Uitstekend. Ruk die geldwolwe se bekke toe…en stel sommer verpligte vasgestelde tariewe vir spesialiste in. Pasiente en mediese skemas is vir hopeloos te lank uitgebuit.

Boer ·

Spesialiste is duur omdat hulle 12 jaar LEER. My ou toyota gaan vir n diens . Dan werk kind wat laas jaar op skool was aan hom en toyota vra R9000 vir n groot diens. As al die dokters so sleg is in julle opinie gaan dan liewer na n sangoma toe. ANC is ongelooflik slim. Grond onteiening vuurwapenbeheer en gesondheid sorg sommer in 1 week so op ons gegooi. Nou worry niemand oor Zuma of Guptas meer nie.

Johanné ·

Rollie, ek wonder of jy nóg die spesialiste so sal beledig as jy weet dat hulle tussen R900 000 en R1m per jaar aan versekering betaal, om gedek te wees as ‘n persoon soos jy wat spesialiste so afkraak, besluit om die spesialis vir een of ander onbenulligheidjie te dagvaar

marous ·

Gaan hy en sy familie na ‘n staatshospitaal ? Nee want hy is te bang!

Kobus ·

Diegene wat so oor duur spesialiste kla, wat het jou verhoed om ook medies te studeer en daarna te spesialiseer? Te min verstand? Te lui gewees in matriek? Kon nie studies bekostig nie? Ja wel, soms is die lewe maar onregverdig. Maar julle is mos mooi groot, so suck it up. Nee, ek is nie in die mediese beroep nie. Ook nie enige vriende of familie nie.

Soekieskoor ·

Ek stem saam. Die spesialiste en mediese dokters moet luister na almal wat iets negatief te sê het oor hul kennis of rekeninge. Maar ter selfde tyd moet jy maar opdok as jou kar gediens word en met nog n paar probleempies huistoe kom. So gaan studeer om n mediese dokter te word, dan praat ons weer. Sterkte om keuring te kry ……..

Oom Ekonoom ·

Goeie dokters vra baie want hulle kan. As hulle nie meer kry nie emmigreer hulle, dan moet julle tevrede wees met swak dokters, waarvan daar baie is. Die probleem is dat mediese skole in SA te streng is met keuring van blanke studente, selfs top studente kan nie inkom nie. Aanbod word daarom laag gehou, en goeie gekwalifiseerde dokters kan uiters hoe tariewe vra. Die oplossing is nie wat ons vandag gehoor het nie, dit gaan net goeie dokters wegjaag en die sisteem laat ineenstort en dan gaan almeer gekwalifiseerde mense die land verlaat want mediese sorg is baie belangrik om gekwalifiseerde mense te hou in n land. Daarom kan dit bydra om die land ten gronde te laat gaan. Oplossing is om mediese skole se kapasiteit te verhoog en toelating vir mediese studies te basseer op grond van vermoe en nie ras nie.

Hoor-hoor ·

Hoor-hoor Oom Ekonoom – daardie is ‘n groot kern van die probleem. En ons eie Afrikaanse skole is ook deel daarvan – probeer nie eintlik help met die keuringspunte in Gr11 nie; wil eerder die leerders skrik op die lyf jaag om vir hulle ‘n pragtige klompie onderskeidings in te oes in Matriek wat goed lyk vir die skool. Die ander betrokkenes wat wel keuring kry, stuur onverdiende gemiddelde op van 95+ (geen manier dat hulle werklik op daardie standaard is nie), en as hulle dan inkom op kleur en ‘hoë’ TPT-tellings, kry niemand hulle weer daaruit nie, ook nie die swak NBT’s nie. Want hulle vervul die kwotas (wat nou al naby aan 70-30 trek). So ons kinders is geskroef. En nie eers ons hardverdiende Solidariteit/ Afriforumbydraes is goed genoeg vir dié instansies om daadwerkliks iets aan die omgekeerde situasie te doen nie…Net maar my opinie. Ek het hulle al gesmeek…ek sal nou maar daai geld moet aanwend vir hierdie ‘staatssubsidie’.

Adam ·

Ek wonder hoeveel mediese fonds lede besef hoe groot die gedeelte van die fonds se premie-inkomste is wat vir die betaling van eise aangewend word. Dit is hoog tyd dat mediese fondse in die bek geruk word. Mediese fondse se administratiewe kostes is hopeloos te hoog en die lid betaal onnodige geld vir sub-standaard voordele. Dit is ook nodig dat daar indringend gekyk word na privaathospitale se tariewe-struktuur wat buitensporig hoog is.

Oom Ekonoom ·

Goeie dokters vra baie want hulle kan. Vir baie lank is die aanbod van goeie dokters beperk deels omdat mediese skole keuring op grond van ras en nie vermoe gedoen het. Baie top presterende blanke studente is uitgesluit, amper onmoontlik om keuring te kry.

Oom Ekonoom ·

Goeie dokters gaan een oudig net almeer die land verlaat. Jy kan nie goeie dokters dwing met wette om minder te vra nie.

Susan ·

Weet nie hoe gaan ons, wat nie eens ‘n hospitaal het in ons dorp, voordeel trek uit die nuwe implementerings van gesongheid / medies nie. Ons naaste hopsitaal is 100 km ver. Alles is maar net een groot gemors in SA. Buckle up & enjoy the bumpy ride. Tog so sad as jy my vra

stom ·

Mense, hoe kan julle n kar se diens met mediese sorg vergelyk? Jy vat immers jou kar 1 keer n jaar of voorgeskrewe kilometers vir n diens. Mediese sorg gebruik ons almal beslis meer as een keer n jaar.

Die feit bly staan dat daar beslis sekere drs is wat mens uitbyt. Net n voorbeeld. In ons dorp is seker 5 praktyke, almal ewe goed… Konsultasies wissel van R175 tot R350. Hoe verstaan jy dit?

Meeste mense, my self ingesluit kan nie duur mefiese fondse bekostig nie. Ek leef nie bo my vuurmaakplek. Ek en my man werk werk beide hard in privaat sektor. Betaal al ons rekeninge en skoolgeld ten volle. Wat bly oor… Nie veel nie

Johanné ·

Ek wonder maar net: hierdie mense wat so kla oor die spesialiste: as die laaste spesialis die land verlaat omdat hulle amper ‘n miljoen Rand ‘n jaar vir versekering betaal, onthou net, dan is jy oorgelaat aan ‘n GP om jou hartoperasie te doen?

rollie ·

Ag twak man, dan kry ons vir ons Russiese, Kubaanse of ander dokters uit Afrika om die job te doen. Waar betaal hulle ‘n miljoen rand vir versekering per jaar, daai bedrag maak nie vir my sin nie. Ek sal graag die bewyse wil sien.

Oom Ekonoom ·

Rollie, ginikoloe byvoorbeeld betaal amper dubbeld dit.

Amelita ·

Ek glo nie dit is die dokters en spesialiste wat met die geld weg stap, dit is die hospitale. My man rugoperasie gehad hospitaal se koste beloop oor die R 100 000, die narkotiseur, ortopeutiese chirurg asook neuro chirurg saam nie eers R25000.

Boer ·

Dankie. Nou begin hier meer sinvolle antwoorde kom. Meeste ginekoloe wil ophou met bevallings omdat versekering so duur is. Plastiese chirurg se versekering is R1500000 per jaar. Dis waarna regering kan kyk. Prokurowers het BAD en ongelukversekering fondse verwoes en saam met pasiente is hulle nou besig om dit met mediese beroep ook te doen. Ek ken 34 dokters wat saam met my geswot het wat nou in buiteland werk. Staat het n rol te speel en almal daar is definitief nie sleg nie. Intensies is dalk goed maar benadering totaal onrealisties. Die NHS in UK werk glad nie. Jy wag 6 weke vir n ortopeed en dan nog 6 vir teater. Dit is
hoekom hulle so baie opoide misbruik om pasiente pynvry te hou. Geen sisteem is volmaak nie maar hierdie een is gewaarborg om nie te werk nie. Soos in my vorige post sal ons al dood wees voor hierdie sprokie werk. Ek het jare gelede die minister persoonlik geken en hy was n goeie dokter. Dis seker die politiek wat sy ik laat daal het.

Mary-Ann ·

Daar is so baie faktore wat n rol speel en ondersoek moet word van mediese fondse se koste, hospitaal fooie ensevoorts. Ek stem saam dat dokters en spesialiste beslis die moeite werd is om eerder te betaal as staats kliniek of hospitaal maar daar is dokters en spesialiste wat net eenvoudig belaglik duur is. Ons bly in Nelspruit en my pa gaan hier na internis en moet meer as R1000 bybetaling betaal elke keer as hy hom besoek. Hy moet die dr hier sien vir as hy opgeneem moet word en kan dus nie Pretoria gaan na ander spesialis. My ma moet ook internis sien aangesien sy Lupus het. Sy ry deur Pretoria toe en het n vier jaar nog nie n sent inbetaal by hom nie? Het die dr in Nelspruit dan duurder betaal vir sy studies en is hulle versekering duurder? En dit geld by al die spesialiste in ons dorp. Dink daar moet eerder gekyk word na fooie van spesialiste en n regverdige “cap” opgesit word sodat fooie eenvormig en in lyn is en hulle nogsteeds hulle kostes dek. Is maar net een voorstel van baie wat beslis n lang lys kan wees as begin kyk word na wat dit kos om mediese sorg te verskaf.

Ai Tog ·

Alles wat gewerk het eens is opgevoeter: Onderwys, Spoornet, SABC, SAL ens. Volgende privaat mediese dienste. Mense kry tonne en tonne kinders waarvoor hulle nie kan sorg nie. Wetteloosheid is aan die orde van die dag. Korrupsie in staats departemente vier hooggety. Plaasmoorde bedreig voedselvoorsiening. Welgedaan ANC 10 uit 10 vir julle slim plannetjies

vissie ·

Die staat sit met ernstige geld probleme. Kyk maar net die verskeie departemente se skuld. Die rykes emigreer en geld dammetjie nog minder. Miljoene immigrante stroom SA in vanuit Afrika in en almal maak aanspraak op gratis mediese sorg. Die staat hospitaal sorg plan is bankrot. Wat nou gemaak? Miljarde le by privaat mediese dienste so dit is al plek waar geld nog beskikbaar is en dit is na hierdie geld wat die staat na hunker en planne voor maak. Dit is nie n mooi prentjie nie en nie volhoubaar nie.

Hoera ·

Hoera hiervoor, mediese skemas buit mense uit al jare lank. Al wat mnr Motsoledi mee gaan sukkel is om my te laat betaal vir armes se gsondheidsorg, ek betaal klaar belasting. Daar is staatsklinieke en hospitale vir hulle. So hy gaan sukkel om geld uit my te kry

wilma ·

Ek wonder net wie gaan geklassifiseer word onder die “rykes” wat meer belas gaan word?

johanna ·

Sou graag ook my se wil se, hoekom die makelaar se keel afsny, ek verdien 90-00 oer aansoek, moet Fooi aan die raad van mediese skema elke 2 jaar betaal, elke jaar my fooi aan die “Financial Services Board” betaal, ek is al 27 jaar n makelaar, gee na verkope diens , soos help met eise, help met magtiging vir opname in hospitaal, advies elke einde van die jaar aan lede indien opsies verander en voordele verander, help met eise t.o.v. die gap
wat gaan die regering maak met nog mense sonder inkomste – ek is net n mediesefondsmakelaar – ek stem saam dat daar wel plek is vir verandering , maar die hospitale (staats) is in haglike toestande , dit is die doelwit… maak nie vir my sin nie

MJ ·

Ek stem 100% saam jou Johanna. Ek is self n compliance officer in finansiële dienste en ek sien hoeveel werk mediese fonds makelaars moet doen en dan word hulle die minimum betaal. Ek betaal daardie R90 aan my makelaar met n glimlag.

Rerig??? ·

Wel ja ek betaal baie vir my mediese fonds. Want ek het n kroniese siekte. En ek waardeer my fonds. Noku hoor ek dat die gesondes my gaan help betaal? Nooit! My voorspelling is dat ons wat bereid is om te betaal, gaan vir die karakters in ons land betaal. Ek gaan 2 keer soveel betaal sodat die karakter wat wil toi toi mediese behandeling kan kry. En ek neem aan al die staatshospitale (doodshuise) gaan toemaak en die privaathospitaal gaan oorloop van diegene wat nie wil werk nie. Ek kry n klein salaris maar ek weet om vir myself te sorg en daarom betaal ek n bedrag aan n medies wat my behoorlik laat honger ly, maar dit is my keuse want agv my siekte moet ek die regte behandeling kry. Ons almal weet hoe lyk die hospitale en wat se bedrog en diefstal in die staatshospitale voorkom. Gaan dit nou almal se lot wees sonder n keuse? Al wat ek dink wat beter is, is die feit dat jy eers n dokter moet sien voor jy na n spesialis moet gaan (ons dokter glo ek nie kan eers meer n blindederm verwyder nie) Dokters doen deesdae niks, behalwe diagnoseer en pille uitdeel nie. Spesialiste het oorgeneem agv die mensdom wat reguit spesialis toe gaan. En ook die feit van die wagperiodes op die mediesefondse……. Niks wat deur die staat oorgeneem en beheer word, is ten gunste van landsburgers nie. Hul neuk als op met diefstal en korupsie.

Paul ·

Die kundiges hier bo wat kennis het van hoe mediese skemas hul tariewe struktureer sal weet hulle maak van statistiek gebruik waarby alle komponente, soos ook die bydraes edm, bygereken word. So kan hulle dan enige van daardie komponente/voordele/bydraes se waardes verander om te sien wat die nuwe maandelikse premies sal wees.

Hierdie voorgestelde wysigings van die minister hierbo, gaan katastrofies wees, dalk moet hy hom eers vergewis van hoe die premies en voordele by die skemas bereken word, gaan besoek die skemas, minister, en doen kennis op dat jy ingeligte besluite kan neem.

HELENA FOUCHE ·

EK SOU GRAAG WOU HE DAT DAAR NA DIE LATE JOINER PENALTIES OOK OMGESIEN WORD. DIT IS VIR MY ONREGVERDIG DAT SEKERE MENSE DIT MOET BETAAL OMREDE DIT NIE DEUR DIE INDIVIDU BEKOSTIG KON WORD OM VIR N SEKERE AANTAL JARE MEDIES TE KON HE NIE.

johanna ·

Dankie MJ ja dan praat ek nie eers om jou kantoor self te bedryf nie, jou eie brandstof, eie telefoonkostes , skryfbehoeftes te betaal nie, dit word nie vir jou betaal deur die mediesefondse waarmee jy as makelaar besigheid doen nie, dit moet uit jou 90-00 verhaal word, so ek dink die minister moet sy sommetjies dalk weer doen, hy kyk hom vas in die totale bedrag maar die makelaar dra sy eie kostes

Paul ·

Ek betwyfel dit of die agbare minister al in ‘n makelaar se kantoor was.

Kryger ·

Die enigste manier om pryse te verlaag is om kompetiese te verhoog. Ieder en elk van die wysigings gaan kompetiese verlaag. Die ironie is juis dat die mededingings komissie die hoofregter aangestel het en dus die aanbevelings gedoen het. Maar dis seker maar soos die mense regte kommissie wat alles behalwe mense regte vergrype probeer stop…

Suzy ·

Wat van die derduisende mense wat vir mediese makkelaars werk reg oor Suid-Afrika!! as dit in werking tree?? Hulle gaan hulle werk verloor en dan??? Nog meer mense sonder inkomste en dis nie net hulle nie dis hulle gesinne ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.