Ingryping binnekort by Barberton-rioolsuiweringsaanleg

Foto verskaf deur die VF Plus

‘n Mosie waarin die VF Plus in Mpumalanga die provinsiale wetgewer vra om die skokkende toestand van Barberton se rioolsuiweringsaanleg te ondersoek, is Dinsdag tydens ‘n sitting van die wetgewer sonder teenkanting aanvaar.

Die VF Plus het ná klagtes van boere wat aangrensend aan die rioolsuiweringsaanleg boer, ʼn besoek aan die gebied gebring.

“Daar is gevind dat riool vanuit die rioolsuiweringaanleg in ʼn sytak van die Suidkaaprivier gepomp word waar dit direk in plaasdamme vloei. Daar is ook dooie visse in die damme gevind,” sê Werner Weber, provinsiale leier van die VF Plus. “Die rioolsuiweringsaanleg is sedert die begin van 2020 buite werking en hou nie net ʼn omgewingsgevaar in nie, maar ook ʼn gesondheidsgevaar vir mens en dier.”

Die resultate van waterkwaliteitstoetse wat boere self laat uitvoer het, het aangedui dat die water nie geskik is vir menslike of dierlike gebruik nie.

Die Mbombela- plaaslike munisipaliteit waaronder Barberton val, het ook in 2020 duisende visse uit twee plaasdamme verwyder.

Die riool het verder ʼn verwoestende uitwerking op oeste op die plase gehad en boere wat ʼn jaarlikse afname in oesopbrengs ervaar sedert die rioolstorting begin het, neem die Mbombela-munisipaliteit hof toe vir ʼn beweerde verlies aan inkomste.

Die VF Plus sal Mpumalanga se LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake, Mandla Msibi, en die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Busisiwe Shiba, verantwoordelik hou om ondersoek in te stel en om die munisipaliteit te verplig om regstellende stappe te doen soos in die aanvaarde mosie vereis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Danie ·

Die fotos wys presies hoe lyk die nuwe suid afrika
En die sad part is dat nie vir our people pla dat dit sò lyk nie….

MakersMark ·

Dis nie sad nie dis realiteit geen probleem vir sekeres om so te lewe nie. Was daar basiese higiëne en sanitasie voor 1652 ?

richard ·

Het die mense regte organisation nie so ruk terug met TV dekkink n ondersoek na n ander munisipaliteit van stapel gestuur nie so nou is die vraag waar is hulle nou of is dit verskillende partye aan bewind daar

Johann ·

Is daar iewers EEN stelsel of sisteem wat nog werk? Nie dat die ANC n janter omgee of die dinges en DINGES in die strate af stroom nie.

Anton ·

Vandag brand hulle iets af in protes en more loop hulle deur daai vrot water om vir die ANC te stem

Johan ·

Hoor my lied………hierdie bandiete wat die ANC bedryf, gaan Suid-Afrika oor ‘n cholera-afgrond stoot en dan is dit te laat!! Dan sterf daar oornag duisende mense.

MakersMark ·

Lyk my daar word na die ANC en riool die laaste paar jaar gereeld in dieselfde sinne verwys. Wonder hoekom ?

Di ·

Weer eens die bewys dat hulle onbevoeg is om die werk te doen. Kry groot salarisse en verrig nie ‘n steek werk daarvoor nie. Waar het jy in elk geval al gesien dan hierdie mense enigsins iets omgee vir die natuur. Die hele land is een groot riool plaas en afval terrein. Our brothers is min gespin, hulle gewoond daaraan om so te leef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.