Ingrypings om trokdrywers se griewe te pak

Die departement het verskeie ingrypings aangekondig om vragmotorbestuurders se probleme te probeer oplos. (Foto: Facebook/Long distance truckers)

Lede van die regering se interministeriële komitee het met vragmotorbestuurders vergader wat die afgelope week verskeie van die land se hoofpaaie in die Oos-Kaap, die Vrystaat en KwaZulu-Natal versper het.

Die vragmotorbestuurders is onder meer vies oor hul werksvoorwaardes, die indiensneming van buitelanders en kwessies wat verband hou met die uitreik van professionele bestuurspermitte.

Luidens ʼn verklaring van die departement van vervoer, is die komitee – onder leiding van die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi – besig om vordering met die oplos van sommige van die probleme te maak.

“Ons is deeglik bewus van die ekonomiese uitwerking van enige ontwrigting van ons verskaffingskettings, vraglogistiek landwyd en die uitwerking op die res van die SAOG-streek,” sê die vervoerdepartement.

Sommige van die probleme kan egter nie dadelik opgelos word nie en langtermynoplossings word gesoek.

Die komitee het Maandag met betogende vragmotorbestuurders en die operateurs van kleiner vervoermaatskappye wat die N9 en N10 naby Middelburg in die Oos-Kaap versper het, vergader.

Hulle het veral hul ontevredenheid met die indiensneming van buitelanders te kenne gegee.

Volgens die departement het die taakspan ook kennis geneem van die bewering dat werkgewers ʼn gebrek aan duidelikheid in regulasies uitbuit oor buitelanders se gebruik van die professionele bestuurspermit wat in hul geboortelande uitgereik is en wat in Suid-Afrika gebruik word.

Op die N3, naby Montrose in die Vrystaat, het vragmotorbestuurders die afgelope week ook groot ontwrigting veroorsaak.

Die departement sê hy het in April vanjaar wysigings aan wetgewing aangebring wat voorsiening maak vir ʼn bepaling dat ʼn professionele bestuurspermit wat in ʼn ander land uitgereik is, net sal geld vir ʼn voertuig wat ook in daardie land geregistreer is.

Sodra die bepaling in werking tree, sal ʼn buitelander nie toegelaat word om ʼn Suid-Afrikaans geregistreerde vragmotor met ʼn buitelandse permit te bestuur nie.

Die wysigings dien in hierdie stadium voor die parlement vir kommentaar en die departement hoop om gewysigde regulasies teen die einde van November vanjaar aan te kondig.

Die departement het onderneem dat samewerking tussen die polisie, die departement van indiensneming en arbeid, die departement van binnelandse sake en die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) ook verbeter sal word.

Die proses om immigrasiedokumente, werkspermitte en buitelandse rybewyse na te gaan, sal verskerp word en in die geval van rybewyse word ʼn gesinchroniseerde proses tussen verskillende lande voorgestel.

Dit sal verseker dat bestuurders dieselfde behandeling ontvang in die land van waar hulle vertrek het en die land waarheen hulle op pad is.

Die departement het vragmotorbestuurders ook bedank vir die vreedsame manier waarop hulle betoog het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Piet ·

Buitelandse drywers wil werk en SA drywers is slegte drywers!!!!!

Anel ·

Aa ons ‘n betroubare spoorstelsel gehad het, het ons nie nou met die gemors gesit nie. Dankie ANC!!!

AW ·

Julle Geliefkose Regering laat dit toe, waarvoor julle as die meerderheid voor gestem het vanaf 1994,

Nou wil Julle Kla en Kerm !!

Misky ·

Die laaste sin: Hulle is bedank vir hul vreedsame manier van betoog. Maggies man, mense is dood a.g.v hulle optrede!!!!

Pietertjie ·

Die ooreenkoms om een konflik op te los, vorm die basis van die volgende konflik. Good luck!

marius ·

Te sleg om te werk . Nou is dit die res van die wereld se skuld .

henndrik ·

Kan jy nou meer :- “Die departement het vragmotorbestuurders ook bedank vir die vreedsame manier waarop hulle betoog het.”
Daar is duidelik ‘n verskil in opvattings tussen my en die regering

SjN ·

Die lewe bestaan uit keuses, en volgens my is jul vrywillig daar, wees eerder bly jul het nog n werk, moenie kla as buitelanders n begeerte het om te werk nie en dit suksesvol doen nie. Jul het te veel voorwaardes , get a life of kry n ander job.

Chris dupreez ·

Die regering gaan nou kamstig help net vir Maandag se stemme, dan weer niks. Dan staak hulle maar weer, of sal ek sê , dan saboteer hulle weer die ekonomie. Ek wonder nog steeds of dit nie weer van zuma hulle se kant af kom nie, om Rhamaposa nog slegter te laat lyk.

Kokerboom ·

Niks is OOIT in plek. Die ANC onderneem altyd om oplossings te kry vir dinge wat gereeld gebeur en NOOIT opgelos word nie! Want hul KAN EENVOUDIG NIE!!!

Danie ·

Die belangerikste en eerste vraag moet wees “Hoekom stel besighede buitelandse drywers aan?” Dan sal julle agter kom dis omdat hulle WIL werk!

Sarel ·

Misdadigers wat Vragmotors aan die brand steek en beroof word nie vervolg nie

FC ·

Gaan probeer die onwettige stakings in China doen en kyk wat gebeur met jou binne enkele minute. Oom CR is nie in beheer van SA nie, swak ministers is en dan die korrupte wets toepassers. Daarom dat ons eie regering verantwoording moet doen en aanspreeklik is.
Maar, steur ons regering hulle regtig aan enige iets behalwe hul eie self?.

Waarnemer ·

Ou Thulas al hoe jy hierdie probleem gaan oplos is om al die Zimbabwiers terug te stuur Zimbabwe toe.

Suzette ·

INGRYPINGS is ORAL in SA nodig – want alles word verwoes deur die onbevoegde regering en kaders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.