Inheemse bome in Kaapstad gestroop

Gestroopte koorsbom (Foto verskaf deur Stad Kaapstad)

Stad Kaapstad het Dinsdag die onwettige stroping van die bas van inheemse bome veroordeel wat uiteindelik duisende bome in Kaapstad se openbare ruimtes kan vernietig.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid van gemeenskapsdienste en gesondheid, het gesê wanneer die bas van die hele omtrek van die boom gestroop word, sterf die boom stadig weens die ontwrigting van hul voedingsbronne. “As die boom slegs gedeeltelik gestroop word, beskadig dit die boom tot só mate dat die groeipatroon beperk word en die boom verswak word. Die boom is dan meer ontvanklik vir droogte en siektes,” het hy verduidelik.

Badroodien het gesê Stad Kaapstad veroordeel die skade wat aan die bome aangerig word wanneer bas onwettig geoes word vir medisinale of kulturele doeleindes. “Ons het ʼn verantwoordelikheid om ons fauna en flora te beskerm en die stad se departement van ontspanning en parke sal onverpoosd werk om die verwoesting van bome te bekamp.”

Hy het gesê Stad Kaapstad het die gemeenskap se hulp nodig om die inligting te versprei en bewusmaking te verhoog. Hy het die gemeenskap versoek om dadelik aan te meld as hulle op ʼn boom afkom wat gestroop is.

Volgens hom het die departement met vrugteboerdery-kenners gesels wat aanbeveel het dat ʼn moontlike regstellende stap kan wees om die bas van, veral koorsbome, met PVA-verf te verf. “Die bas sal dan waarskynlik nie aanloklik wees om geoes te word nie. Die mengsel sal ook nie enige risiko inhou vir die boom nie en is ook nie giftig vir mense nie. Die kleur verf sal ligbruin wees.”

Enigiemand wat ʼn boom opmerk wat gestroop is, word versoek om die stad te kontak by 021 480 700 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

PJC ·

Ek ry daagliks verby hierdie bome wat so beskadig word. Hierdie is maar net deel van die barbarisme wat ons land oorgeneem het. Wat het hierdie ouens voorheen gedoen toe daar nog wet en orde was. Toe het hulle dit seker nie nodig gehad vir medisinale of kulturele gebruik nie so wat het sedertdien verander.

Jacques die Goodwoodianer ·

PJC, jy slaan die hamer op sy kop. Verwoesting blyk die orde van die dag te wees.

Adriaan van Tonder ·

Korrupsie. Dit lei tot werkloosheid en dit lei tot mense wat enige iets sal doen om inkomste the verdien. Al beteken dit on af the breek. Wanbestuur van staatsinstellings is die oorsaak van al ons land se probleme.

Jr ·

Gees van vernietiging. Bou en beskerm niks maar vernietig alles. Gaan raid die
” muti ” winkels

? leser ·

alles word net vernietig, so sal die wereld nie lank van nou af so vernietig wees dat niks meer sal lewe nie, die “mense” dink nie daaraan nie, net wat vandag vir hom iets beteken, more sal oor homself “worry”

Karlahari ·

Toe daar nog wet en orde was het die helfte van Transkei nie in die Wes Kaap gebly nie….
Soveel makliker om te vernietig as om te bou…..

Waarheid ·

Wat wil hulle nog stroop?
Niks bly oor nie.
Lyk my dis n ingewortelde idiotisme wat nie uitgeroei kan word nie.
Jy kan meer met n klip wat nie kan dink nie uitrig as met hierdie lot.

Wilma ·

Klomp.hooligans wat kom geld maak met medisinale strooi van boombas. Maar moeilik so breinloos te wees. Dan gaan als totniet

Johanna Botha ·

Alles word deurgetrek …net mooi ALLES ! Dame , reviere en diere alles loop deur met die mense ! Verbruikers en operste geweldenaars !

Roelfie ·

Kan hulle nie bas vergiftig sonder dat die boom skade ly nie? Kry dan sommer ook elke oortreder om 50 bome te plant.

Andreas ·

Mens kan aan slegter as sleg dink, en dit sal jy in SA aantref.

Dries du Toit ·

Ek het goed wat daai bas vergiftig. As jy dit inkry sit jy vir 2 weke pal op die toilet

Boerin ·

Hulle kom soos n swerm springkane…als in hul pad sal uitgeroei en geplunder word….

Francois le Cochon ·

…terwyl die miere hard werk en probeer opbou vir ‘n beter toekoms…

KaterinaKat ·

Is daar Enigiets wat hierdie mense Nie sal vernietig nie???

Stiks ·

Die prys wat ons betaal vir die instroming van onwettige imigrante. Zimbabwiers veral

Gisela seker ·

Ha ha Boerin dit is so waar wat nie afgebrand word nie word gestroop nuwe Suid Afrika

Riena ·

Hier in Pretoria is presies dieselfde aan die gebeur. Ons oefen in `n parkie en soos ons oefen gaan groot bome om ons dood. Toe sien ons dat die bas totaal afgestroop is en ander bome op dieselfde paadjie van verderf is. Ons het ons land (spens) oorgegee aan hierdie tipe van samelewing. Plunder en stroop.

marieta ·

ons koorsboom staan naby die grensdraad na die pad toe en dit is al so baie gestroop… en ons kry nie die skuldiges nie… en dis nie afgedop nie want ons tel niks stukkies op nie… dink dit gebeur in die nag

Andreas ·

Dis hoekom ek vandag VF Plus stem, dis mense wat vir die land en die natuur omgee, ons erfenis, mense met beginsels.

Andreas ·

Die regering en natuurbewaring kan nie eens ‘n duit maak aan die behoud van ons diversiteit nie, die stropery van renosters, olifante, leeus, wat nog te sê van bome se bas soos wat nou gebeur. En die ANC regering word toevertrou met ons land en sy mense.

Piet ·

Bewusmaking en veldtogte en verf wat nie giftig is, gaan nie die bome red nie.

Dêm julle is dig en onnosel en hou die mense besig met snert!

Carel Breytenbach ·

Die bas word gestroop vir toordokter moetie om allerhande kwale te genees en kwade geeste mee te verdryf. Kom kyk gerus hoe word ons pragtige bosveld in Limpopo uitgekap en vernietig vir brandhout by die strooise en braaihout vir die stedelinge en dorpenaars. Die absolute voor die voet vernietiging van skaars spesies is niks ongewoon nie. Geen boom, groot of klein selfs kremetrate word ontsien nie. Dit bly ook nie net daar nie, bees, skaap en wild word sommer terselfdertyd van sy eienaar verlos en net daar geslag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.