Inhegtenisname verwelkom ná aanvalle op polisie

handcuffsDie stad Kaapstad het Maandag die inhegtenisname van ʼn verdagte wat glo ʼn verkeerspolisiebeampte geskiet het, verwelkom.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, het in ʼn verklaring gesê die 41-jarige verdagte is Donderdag in Mitchellsplein aangekeer. Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen.

“Die verdagte word daarvan verdink dat hy in Maart die beampte buite sy huis in Rocklands geskiet en gewond het,” het Smith gesê. “Die inhegtenisname is ʼn positiewe verwikkeling en dit is die eerste deurbraak in ʼn reeks aanvalle op die stad se wetstoepassers vanjaar.”

Smith het al die rolspelers vir die deurbraak bedank. “Ons sal die saak noukeurig volg en die vervolgingsgesag bystaan om ʼn skuldigbevinding te verseker.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.