Inhegtenisneming lei tot groot perlemoenvonds

Van die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die inhegtenisneming van twee buitelandse mans het tot die beslaglegging op perlemoen van nagenoeg R15 miljoen gelei.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die buitelanders, ʼn 20-jarige Chinees en ʼn 30-jarige Zimbabwiër, is Sondag op ʼn perseel in Talentstraat in Parow in Kaapstad in hegtenis geneem nadat die polisie op inligting gereageer het.

“Perlemoen van nagenoeg R5,4 miljoen is op dié perseel in die mans se besit gevind. Ná die mans se inhegtenisneming is die polisie na ʼn adres in Watsoniastraat in Tygerdal gelei waar perlemoen met ʼn geskatte waarde van R9,5 miljoen gevind is,” het Traut gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op toerusting wat gebruik word om perlemoen te verwerk en uit te droog.

“Geen inhegtenisnemings is by die tweede perseel gemaak nie en die persone wat hier verantwoordelik vir bedrywighede is, word nog gesoek. Ons beskou die suksesse as ʼn stap nader om onwettige perlemoenhandel in die Wes-Kaap hok te slaan.”

Die twee verdagtes moet binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willie ·

Liewe aarde hulle roei die getalle uit! Hoeveel moet dit nie wees nie, in die land vna melk en heuning kry die buitelanders die melk en heuning lyk dit vir my…

Wonder net ·

Wat word van al die perlemoen wat gekonfiskeer word?
Verkoop vir markwaarde en in staatskas gestort?
Vernietig? Aikona!!! Dis dan kos.( Ek eet dit nie)
Word ook nie gebêre vir bewys in hofsaak nie.
Word seker verkoop vir my eie sak.
Weet iemand dalk wat die regte antwoorde is?

A. le Roux ·

Ek brand self om te weet!
Wonder of iemand dalk die antwoord het vir ons..?

Snowball ·

Uitlanders wat hier kom stroop, roof en plunder…hoop hulle vang die grootkoppe wat hierdie bedryf aan die gang hou; dié is net die puntjie van die ysberg. Stropers voer ‘n skrikbewind aan ons kus; die inwoners in Pearly Beach (so 20km van Gansbaai af) word deur stropers verjaag en intimideer as hulle dit op die strand sou waag. Polisie is afwesig, is te min, is te slap…daarom gaan dit so.

Ben ·

Weer buitelanders – Ek dink alle vlugtelinge moet in vlutelings kampe geplaas wees. Hier is te veel buitelanders in ons land. Hulle oorspool ons skole, werkplekke en dan is hulle nog by korrupsie, moord betrokke ook. Stem saam met Wonder Net hierbo – ja watword van die perlemoer? Miskien is ‘n Foto genoeg bewys en kan die inkomste van verkope van die perlemoer by die fonds vir pensioene geplaas word? Om dit te mors nie aanvaarbaar.

Laurika ·

Ek hoop die mense wat hierdie onwettige handel steun en die perlemoen koop, sien in watse halglike toestande dit geberg word. In ‘n badkamer, met een skottel in ‘n toiletbak. Yuck

wilma ·

Elke keer wanneer ek die woord perlemoen sien, wonder ek wat het geword van “perlemoer” en daar gebruik Ben sowaar die woord. Pragtig.

SjN ·

Die buitelanders weet dat hier by ons geen wet en orde toegepas word nie en hul dus verryk deur natuurbronne te plunder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.