Inhegtenisnemings fnuik dalk talle plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Talle moontlike plaasaanvalle is waarskynlik afgeweer nadat vyf vermeende plaasaanvallers Donderdagaand in ʼn informele nedersetting by Bela-Bela in Limpopo vasgetrek is.

Vuurwapens en ander items wat tydens vorige plaasaanvalle gesteel is, is glo in die verdagtes se besit gevind. Hulle kan vermoedelik ook verbind word met ʼn gewapende rooftog en twee huisbrake in die dorp.

Ben Engelbrecht, ʼn direkteur van Heritage Protection Group (HPG), ʼn niewinsgewende organisasie wat misdaad bekamp, het aan Maroela Media gesê die vyf verdagtes is almal Zimbabwiese burgers en vermoedelik onwettig in die land.

Die verdagtes was glo betrokke by ʼn aanval op ʼn kleinhoewe verlede maand toe Frederick Buitendag in sy arm en maag geskiet is. Hulle word ook verbind met ʼn aanval op ʼn kleinhoewe die afgelope naweek en nog ʼn kleinhoewe-aanval ongeveer twee maande gelede. Die verdagtes was glo ook betrokke by ʼn gewapende rooftog van ʼn vulstasie naby die N1 buite die dorp.

“Verskeie vuurwapens wat gedurende hierdie aanvalle gesteel is, is in die verdagtes se besit gevind. Die reeksnommers is nie afgevyl nie, so ons kon dit verbind met die spesifieke plaasaanvalle,” het Engelbrecht gesê. “Die verdagtes was baie aggressief toe hulle in hegtenis geneem is. Lyk my hulle maak al lank in die Bela-Bela-omgewing amok. Ek glo as ons hulle nie vasgetrek het nie, het ons dalk binnekort nog ʼn moord in die omgewing gehad.”

Engelbrecht het die polisie geloof vir hul deeglike ondersoek om die verdagtes op te spoor en vas te trek. Hy bestempel HPG se goeie saamwerkverhouding met die polisie as die rede vir sulke suksesse.

Maroela Media het die polisie genader en wag op kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Chris Smith ·

Ons plaasboere en hul families word daagliks Verloor.
Ons stadsjapies verloor daagliks ons werk agv “affirmative action”.
Antwoord:
Begin n kaboets stelsel waar ons vir werklose witmense betrek met die boerdery op die plase.
Dit sal die bevolking digtheid op plase verbeter en as afskrik middel vir die misdadigers dien.
Kaboets bewoners kan ook opgelei word in sekuriteit, polisieering, oorlewing, self verdediging, wapen hantering, bos oorlogvoering ens.
Tyd DAT die plaasboere en die arm BLANKE werkloses hande vat en probleem oplossing takel.
Kaboetse elders werk uitstekend en misdaad daar kom glad nie voor nie.

DMC de Koker ·

Ek hoop net nie die lot kry borg nie, wat al soveel male gebeur het met onwettige immigrante.

Johann Marx ·

NEE!! NIE goeie werk nie. Hoekom nou eers? Wat het julle die afgelope 20 jaar gedoen? Hoekom? Nou spring almal op en klap hande…..en wat van die naasbestaandes van duisende vermoorde boere? Hoekom ons geneig is om by die eerste opflikkering van iemand wat vir die eerste keer in 20 jaar sy flippen job doen, hande te klap asof dit ‘n prestasie is….sal niemand weet nie!! Dis niks minder as pateties nie..

jennefer ·

Jy bedoel die SAP, ons GPF is net soos die HPG uitstekend ,Die publiek moet net besef boere het nou nog minder vrye tyd, moet op onmoontlike tye in die nag uit hul huise gaan, hul eie gesinne alleen laat. Dan is daar nog vergaderings om by te woon en die geld wat boere spandeer om vliegtuie en voertuie uit te stuur .

Darty ·

Mens sien net altyd “daai” hande in boeie, snaaks ne…

Sê-maar-net ·

Dit is n argief foto wat oor en oor gebruik word vir ullistrasie doeleindes, nie n foto van die beskuldiges nie

Cherokee ·

Die woord is ‘illustrasie’. As jy wil sê maar net moet jy reg sê maar net.

jan ·

Johan, daar sou soos in die meeste dele van ons land weinig gebeur het as HPG nie leiding geneem het nie, en hulle werksaamhede om misdaad te bekamp is nie te lank gelede gebore nie. Die mense doen onbaatsugtige werk, en die polisie kry die “erkenning” vir die arrestasies… my ouers se moord is na 18 jaar steeds onopgelos, al was 9 vasgetrek binne 2 weke….en ontsnap minder as n maand na die ondersoekbeampte(blanke kaptein) van die saak onttrek is….

Bernard Jacobs. ·

Welgedaan aan almal. Weereens onwettige buitelanders.

Daleen ·

Ironies is dit nie? Plaasmoorde sal nie einde kry nie. Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie. Nee, wees nou EERS op julle hoede. Geweld is nou op sy ergste, moenie sluimer nie.

Gerd Lourens ·

Skitterend HPG!!!

Boere, bly asb opgeskerp. Moenie jou wapen in die kluis los nie.

Grikie ·

Anwar Dramat en sy kollegas word voor die hof gedaag omdat hulle Zimbabwiërs aan hulle land uitgelewer het waar hulle gesoek was vir moord. Na aanleiding van hierdie berig behoort hulle eerder medaljes, bevordering en stewige salarisverhogings te gekry het.

Fanie ·

Dis n baie goeie stap in die regte rigting.Ons het ook n radiogroep gestig en baie misdaad voorkom.Ek moet se dit help as die polisie ook samewerking gee.Nie alle polisiestasies en hul bemaning is nutteloos nie.Ons werk hand aan hand met ons polisie en het baie oorwinnings behaal.Die stryd was lank om plaasmoorde as n prioriteits misdaad te sien.Kom ons kyk wat gebeur.Ons sal vir baie lank nog paraat moet wees.Dra jul wapens teen alle tye.

Ina ·

Eerste wat my opval is dat hulle onwettig in Suid-Afrika is. Hoeveel mense het nie al hulle lewe verloor in ons land nie, en dit deur onwettige inwoners? Dit is dan waar dat daar geen beheer is wanneer dit by onwettige burgers kom nie. Jammer aan al die gesinne wat al geraak was deur roof en moord, ek brand vir julle ‘n kersie en weet dat God ons redding en toevlug is.

Theuns ·

Die buitelanders wemel in ons land. In ‘n gesamentlike operasie met die polisie, WIPS en die boere het ons 29 Zim in ‘n ou plaashuis gearesteer En 58 Zim in ‘n boer se kampong. Laasgenoemde was nie eers bewus van die onwettiges nie.Ons het wapens gekonfiskeer wat ook gesteel is.

Theuns ·

Hallo Marine, elke keer wat ek oor buitelanders skryf sensor julle my? Mag ek vra hoekom? Dankie

Mariné Lourens ·

Dagsê Theuns

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en verskyn in só geval nie dadelik op die webwerf nie. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dat die kommentaar afgekeur is nie, bloot dat dit dalk net moontlik nog nie goedgekeur is nie.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Cherokee ·

Ek weet van geen LP’s wat in die parlement verwys na die spul buitelanders in SA.

Leon ·

Julle plaas nie my kommentaar nie, is die moordbendes word te erg vir julle as dit wittes ia wat deurloop???? Of weet julle dit al?

Chris smith ·

Vir jare all word gese n derde mag is betrokke by plaasaanvalle
Dit is baie duidelik dat Mugabe en sy Zimbabwier trawante die
skuldiges is.
Die SAP is hul ondersteunings vleuel en ons swart staatsaanklaers en Magistrate maak die pad vir hul oop terug na Zimbabwe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.