‘Inhegtenisnemings kom’ ná BLF joernaliste dreig

Andile Mngxitama (Foto: Andile Mngi, Facebook)

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Sondag die Black First Land First (BLF)-organisasie se openlike dreigemente teenoor joernaliste veroordeel en gesê “mense sal binnekort in hegtenis geneem word”.

Dit kom nadat die BLF ʼn verklaring uitgereik het waarin hulle joernaliste by die naam noem wat hulle “voortaan sal teiken in hul protesaksies teen wit media”.

Mbalula het Sondag gesê die polisie sal nooit saamstem met enigiemand wat joernaliste aanval of optogte na hul huise hou nie. “Ons sal hulle binnekort in hegtenis neem. Ons kan nie mense toelaat om optogte na mense se huise te hou nie. Dit is verkeerd. Toe mense ʼn optog na die Gupta-familie se huis [in Saxonwold] gehou het, het die polisie skokgranate gebruik want ons wou nie gehad het daardie optog moet plaasvind nie,” het hy gesê.

“Ons moet hulle hard slaan wanneer hulle ʼn optog na Solly Mapaila, [adjunk-sekretaris van die SAKP], se huis hou; ons moet hulle ook hard slaan wanneer hulle ʼn optog na Peter Bruce [algemene redakteur van die Tiso Blackstar-mediagroep] se huis hou. Wanneer hulle na my huis toe kom, sal ek hulle platvee. Ons kan nie toelaat dat BLF sê hierdie mense is witmonopoliekapitaal nie. Hulle ondermyn ons demokrasie.”

ʼn Groep BLF-lede het verlede naweek ʼn optog na Bruce se huis in Johannesburg onderneem en aangedring dat hy ophou om oor die Gupta-familie te skryf. Toe Tim Cohen, sakeredakteur van Business Day, by Bruce se huis opdaag, is hy glo hardhandig deur die groep rondgeruk.

BLF het in Vrydag se verklaring die name van ander joernaliste genoem wat glo volgende op hul teikenlys is. Die sluit in EWN se Stephen Grootes en Barry Bateman, amaBhungane se Sam Sole en News24-rubriekskrywer Max du Preez.

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het die BLF se optrede veroordeel en Sondag gesê hy sal ʼn dringende hofaansoek bring om die organisasie te verhoed om joernaliste te teister.

BLF word gelei deur Andile Mngxitama, ʼn voormalige EFF-LP. Mngxitama is saam met die LP’s Mpho Ramakatsa en Khanyisile Litchfield-Tshabalala geskors nadat daar tydens ʼn dissiplinêre verhoor bevind is dat hulle die party se naam oneer aangedoen het en die leierskap ondermyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

50 000 BLF ondersteuners ·

Julle gaan getrap word, niemand “like” julle nie.

Martin de Beer ·

Ek wens iemand kan hulle volgellinge vir twee ure net rustig kry om te luister.
Dan moet hulle die waarheid vertel word van Jesus Christus en dan los ons die Heilige Gees om die werk te doen.

Hulle besef nie eers hulle volg n leen nie.

Dit is hart verskerend hoe ver ons al geval het. Gruip die hand van God Nou.
Hy is die moreele kompas en Hy alleen stel die standaart. Die kruis bring ons almal op dieselfde vlak as sondaars. Rasisme is n kaart wat swak onsekere mense speel vir eie baat.

Dankie Jesus vir die kruis.

Frik ·

Goeie vraag , Hendrik, maar miskien is hy nog op skool. In die laer grade, veronderstel ek.

Ada ·

Hoop dat die banke dit sal regkry om die guptas uit SA uit te kry

Johannes van Staden ·

Hierdie mense wil jou blameer vir alles wat verkeerd is in SA en wat geslagte voor jou gebeur het …maar jy moet verantwoord as blanke deur jou grond te gee. En verder soek hulle n bank wat lenings gee aan nie-blankes sonder enige rente …dit gaan nou alles regmaak volgens sy slim plan.

John ·

?.. en na al Max se harde werk teen sy wit naaste word hy nou ook geteiken… hoe ironies.

Andre ·

Ja John, so het die dinge vir die opper-liberaliste Max du Preez, Basson van Media 24 en selfs Zille omgedraai en byt dit hulle nou aan die hakskeen.

Daan Erasmus ·

Wat ‘n klomp Bollie. Dit is nou die opskrif. Wie gaan opdrag gee vir die inhegtenisneming. Die is vals nuus. Die mense is die minister van Polisie se agente. Hul doen sy vuil werk. Hy sal niks aan hul doen nie. Hou die spasie dop.

Nel ·

Asof Sanef se veroordeling en hofaansoek veel gaan help… die joernaliste op die BLF – ‘hit list’ is klaar ge-oormerk vir vervolging.

gert ·

Mens kan nie met mentaliteitloses redeneer nie – daai koppie verstaan niks nie.

Magda ·

Kyk of hulle almal Legal is – want as die Guptas hulle onderhou is hulle dalk nie eers van SA nie – maar wil n se he – SMYT HULLE UIT EN NIE IN DIE TRONK NIE – genoeg geld op hulle en die Guptas gemors – Albei hoort nie in SA nie – laat hulle waar die guptas vandaan kom daar optogte gaan hou en grond eis – NIE WELKOM IN SA NIE – WEG MET JULLE EN DIE GUPTAS.

Robert Strauss ·

Daar gaan niks kom van hierdie sg “arrestasies nie, Mbalula self is in die Guptas se kloue.

Fanie ·

As Mbalulase hy sal hul platvee as hul n optog na sy huis hou dan het elkeen van ons ook mos daardie reg, of hoe dan?

snoefie ·

andile word volgens news 24 inligting gevier deur niemand anders as ons belangrike O B nie.

Theresa ·

Wie dink die mens is hy om sulke goed kwyt te raak? Belhamel van formaat. Waarom WIL hul die mense nog arresteer? Hulle MOES al gearresteer gewees het. Wees dapper geregsdienaars en opdraggewers. Die land wag en kyk of jul hierdie tipe dinge kan hanteer. Hou op teem oor goed wat lankal verby is en ruk die land op ‘n regverdige manier reg.

Trots Afrikaans ·

Interessant hoe die groepie dinge kan sê, en daarmee wegkom. Ek het Woensdag aand na sy onderhoud op kykNET geluister en klaar besluit, die man is baie gevaarlik. As selfs die EFF hom uitgeskop het vir sy dade, dan kan geen mens met hom redeneer nie. Sy groep volgelinge is duidelik onder die invloed van mense met geld, mag en kennis. Daar is dalk baie koppe, maar nie baie in die koppe nie.

Santie ·

Ek het lanklaas soveel haat en arrogansie in iemand gesien toe ek na Kyknet verslag gekyk het toe Andile Mngxitama die gas was. Die BLF is nie net vir joernaliste ‘n gevaar nie, maar ook vir die boere op plase. Hulle sal vining vasgevat moet word terwille van almal se veiligheid.

Lea ·

En hoe wil Mbalula hulle vasvat as hy oorsee gaan rond flenter, en useless Dlamini (wat Sassa nie eers kan hanteer) as tydelike minister van polisie aanstel, vra ek met trane in my oe….en Ou Max is so bang by beskerm glad sy tweets…ha ha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.