Inhegtenisnemings volg ná gewelddadige betogings in Hamburg

Betogings by G20-beraad in Hamburg, Duitsland (Foto: Reuters)

Die polisie in Duitsland het traangas en ʼn waterkanon gebruik om ʼn straat in Hamburg te beveilig waar gewelddadige betogings teen die G20-beraad gedreig het om gesprekke met kanselier Angela Merkel te ontwrig.

Dertien persone is in een gebou in hegtenis geneem, het die polisie Saterdag gesê. Die Schanzenviertel-gebied, waar Schulterblattstraat geleë is en die betogings plaasgevind het, het bedaar. Motors is aan die brand gesteek, volgens die polisie se verklaring.

Dramatiese beeldmateriaal wys hoe beamptes geboue binnegegaan het en op die dakke staan terwyl helikopters met soekligte rondgevlieg het. Gepantserde voertuie is gebruik om deur die versperrings te kom.

Die polisie het gesê betogers het hulle met bottels, klippe en slingervelle aangeval en ʼn nabygeleë supermark is deur ongeveer 500 persone geplunder en daarna aan die brand gesteek.

Timo Zill, woordvoerder van die Hamburg-polisie, het gesê hy is geskok deur die gewelddadige betogings, wat Donderdag begin het. “Ons het nog nie vantevore hierdie vlak van geweld en haat beleef nie,” het hy aan die Bild-nuusblad gesê.

Die geweld het Donderdag begin by die sogenaamde “Welkom by die hel”-betoging en het Vrydag toegeneem. Die polisie het gesê 197 beamptes is beseer, niemand is ernstig beseer nie. Daar is tans nie betroubare statistiek beskikbaar oor die getal betogers wat beseer is nie.

ʼn Polisiewoordvoerder het aan die Duitse N24-televisiekanaal gesê altesaam 100 betogers is in hegtenis geneem. Die polisie het op Twitter gesê hulle sal Saterdag verdere statistiek bekend maak oor die getal inhegtenisnemings.

Ongeveer 100 000 persone sal na verwagting Saterdag by die G20-betoging aansluit in Deichtorplatz, Hamburg – die laaste dag van die twee dag beraad waar leiers van die wêreld se 19 belangrikste ekonomieë en die Europese Unie vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Ek wonder nou maar net wie het by wie geleer brandstig tydens betogings.

Klip ·

My naam is Klip en ek word gebruik by alle betogings. Ek is wêreldwyd altyd beskikbaar. Ek raak ook nie klaar (op) nie en wissel in grootte na gelang van die een wat my hanteer en is kosteloos beskikbaar. Ek is dus in alle opsigte verbruikersvriendelik.

MCH ·

Dit is verstommend dat verkose leiersfigure se beleidsrigtings in so n kort tydjie sedert hul verkiesing aanleiding gee tot sulke geweldadige betogings deur diegene wat nie met die beleidsrigtings saamstem nie. Die nuwe norm blyk geweld te wees indien jy jouself bevind in n situasie waar jy nie met regeringsbeleid saamstem nie. Wat veral skokkend is, is die feit dat dit in Europa plaasvind en wel in die lid van die EU met die sterkste ekonomie. Sou die onlangse toeloop van immigrante wat sekerlik in n benarde finasiële posisie is, n rol speel of dalk weer n Bell Pottinger geval waar die een of ander donker figuur n agenda dryf?

Ben ·

Ek is nou nie heeltemal seker nie, (want die fotos is baie swak gehalte), maar! Dit lyk nie of die man op daardie foto ñ duitser is nie. Wys jou????

Ben ·

Een van daai 3 manne op die laaste foto het dalk iets te doen met die geweld en betogings.

Johan. H. ·

Ek sien daar sit ou smiling paw – paw ook , Wat soek hy daar, is hier nie werk om te doen hier nie,, Vra maar net.

Ek ·

Sies skaam vir julle belhamels wat so ordenrlike land en ekonomie so verwoes en beskadig omdat julle te SLEG is om die regering op ordelike wyse oor te neem. Julle sou daar in elkgeval ‘n suksesvolle muslikking van gemaak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.