Inhegtenisnemings volg ná gewelddadige betogings

Betogings by Mogalakwena-platinummyn Foto: SAPD, Limpopo

Betogings by Mogalakwena-platinummyn Foto: SAPD, Limpopo

Ses persone is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings en vandalisme in Limpopo.

“Gemeenskapslede van Gamolekane in Mapela (sowat 25 km buite Mokopane) het teen Mogalakwena-platinummyn betoog,” het lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die persone sal aangekla word van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging nadat ʼn vragmotor van die maatskappy vroeg Maandagoggend aan die brand gesteek is. Die skade beloop miljoene rand.”

Motoriste is gemaan om die pad na Ga Chaba te vermy en eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak. Die ingange na die dorp is met klippe versper.

“Die polisie monitor die situasie. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Mokerong-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tiger ·

“Die polisie monitor die situasie”. Hulle kan net sowel nie daar wees nie want wat DOEN hulle om die geweld te stop?Monitor die situasie!Hoekom beveilig hulle nie die pad nie?Mense wat die pad gebruik BETAAL daarvoor maar hulle regte word eenvoudig nie beskerm nie.Dis ‘n siek land die!

KarooKlong ·

Die suksesvolste aktivis is nie die een wat al die foute uitwys nie.
Dit is die een wat eerder bereid is om te help om die foute reg te stel.

Ben Prinsloo ·

Dit het tyd geword dat ons self weer ons eie dorpe van so iets bevry. As die ANC nog steeds hulle MK lede het sal ons n beroep op ons oud weermaglede en ek verwys hier spesifiek na die kommando’s moet doen om sodoende hierdie tipe van optrede te neutraliseer. Hierdie belhammels het genoeg townships om hulle verwoesting daar te gaan voortsit.

Wat- ek-lees ·

Vernielsug het te doene met die gebrek aan dissipline en opvoeding.
Eerstens is dit die ouers wat skole dwing om reëls te verslap en tweedens is daar die toegee van skole aan hierdie druk sodat ‘n Lesufi-kultuur geplant word tot nadeel van die gemeenskap. Dis ‘n bose kringloop wat dan weer deur daardie kinders herhaal word as volwassenes en so gaan dit maar net aan en aan.

Frederik ·

Mapela – 25 Km buite Mokopane. Ek weet ook nie waar is Mokopane nie.

MdP ·

Mokopane (Potgietersrus) is tussen Naboomspruit en Pietersburg.

Theunis Krugerl ·

Die SAPD is ook skuldig. Hulle doen mee om die ekonomie en aktiewe drywers van die ekonomie gyselaar te hou. Moet daar nie maar ook teen die SAPD opgetree word nie?

Theresa ·

Kry soldate om die klippe wat die weg versper weg te rol. Gooi sommer ‘n paar na die lieplappers toe as dit moet. Verwyder hulle met die dieselfde minagting en geweld as wat hul hul opdring op ‘n publieke pad en hul min tot geen maniere ontbloot aan die meerderheid wat net wil ry op paaie wat reeds deur belastinggeld betaal is en word. Die gedrag moet in die kiem gesmoor word. Waarom dit eers bekyk, omseil en monitor. Nee wat!! Stop dit. Daarom het mens ‘n weermag. Ek is vas oortuig dat as hierdie tipe vieslike gedrag elke keer as dit iewers kop uitsteek of wil-wil begin; nog voor die eerste klip in die pad gerol word, gekeer word met die nodige gesag en gedrag wat gesag afdwing, gaan dit minder lekker raak om Repelsteeltjie te speel en als te brand en dan daarom te dans.

Scalla ·

Hou hulle ook verantwoordelik vir die finansiele implikasie wat hul gedoen het, dis al hoe hulle sal voel

Jeanne ·

Ek sal nooit die BRANDKULTUUR in ons land verstaan nie. Die trein kom laat, jy BRAND hom uit, die Universiteitsfooie is te hoog, jy BRAND die gebou af, die Councillor gee nie aandag aan dienslewering nie, jy BRAND sy huis af. ‘n Trokdrywer steur hom nie aan ‘n protesoptog nie, en gaan steeds werk toe, sy trok word UITGEBRAND? Wanneer gaan die mense ‘n beskawingspeil ontwikkel om BRAND en VUURHOUTJIES nie te sien as die toekoms en die oplossing vir al die land se probleme nie. Wat se vooruitgang toon ons? Die trein wat gister laat was, kom GLAD nie vandag nie, want hy is uitgebrand, die duur fooie van die universiteit gaan net NOG duurder word, want nou moet hulle nog die skade aan die afgebrande geboue ook herstel, nee hoor LOGIKA is nie hierdie moeilikheidmakers se sterk punt nie.

pieter ·

SIT DIE TROK VOOR LUTHULI HUIS AS MONUMENT.BEWYS VAN DIE ANC SE REGERING.

Lewies ·

More almal
Weet julle ek kry die gevoel dat die platform wat ons hier het om stoom af teblaas nie die regte platform is nie, sonder nou om maroela media te na tekom.
Dit voel net vir my ons lig ons mening maar kom dit by die regte mense uit nie. As die ANC vroue liga en die ANC Oud stryders of wat hulle ook al genoem word, het ons ook seker die reg om in uniform, ons te beskerm. Ons se altydwanneer gaan iemand iets doen maar ek dink dit is tyd dat onsself iets begin doen wat hierdie platform gebruik, bymekaar kom en iets begin doen. Of ophou kla een van die twee.

Jef ·

Lewies, in die 51 jaar wat ek in SA woon was daar altyd al verdeeltheid onder ons mense, ons het toe nie saamgestaan nie en ons staan nou ook nie saam nie en ek is bevrees dat ons in die toekoms ook nie saam sal staan nie.Ek het my telke male in n situasie bevind waar mense my verseker het hulle staan saam met my, ek het agterom gekyk almal stert tussen die bene weggeloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.