Inhuldiging van nuwe ministers gaan voort

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die inhuldiging van die nuwe ministers en adjunkministers, wat Vrydag in die vroeë oggendure deur die presidensie aangekondig is, sal voortgaan nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof ʼn interdik om die inhuldiging te verhoed van die hand gewys het.

Die DA het Vrydag die dringende aansoek gebring om die inhuldiging van die ministers te keer.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het vroeër gesê Zuma se vervanging van ministers met diegene wie se integriteit bevraagteken kan word, “het sy selfdienende projek van staatskaping voltooi”. Hy het gesê die party moes optree omdat die land se toekoms daarvan afhang.

Maimane het ook ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om op 7 April saam met hom aan ʼn optog deel te neem na Luthuli Huis om die ANC te versoek om hul mosie van wantroue teen Zuma te steun.

Die inhuldiging van die nuwe ministers sou na verwagting 18:00 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marina ·

Ek dink dit gaan meer verg as om net n optog te hou om Zuma uit sy pos uit te kry en dit weet elke Suid Afrikaner. Hierdie land van ons is in n baie groot gemors! Net oor PG se afdanking het ons land R90 miljard verloor vandag danksy Zuma!!

My tweesent bydrae ·

Hoekom is die inhuldiging in Engels gehou ? Die Guptas se taal is Sanskrit . Hulle behoort verontwaardig te voel .

Heike ·

Laat dit voortgaan sodat ons tot n val kan kom en klaarkry. Dit gaan tog gebeur. Hoe gouer dit gebeur hoe beter. Dan is dit ons beurt. Ons sal n sukses maak en die rolle sal omgeruil word.Die armes gaan vrek van die honger en kom vra vir kos. Die ministers ook.

Justice ·

Die 4e minister van vervoer wat Zuma nou aanstel sedert 2012 – dit is waarom daardie depatement in so ‘n absolute gemors van bedrog en korrupsie is. Daar is nie eens ‘n foto of kwalifikasies van die nuwe minister nie. Hoop hy het darem ‘n wettige bestuurslisensie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.