Inkomstediens al dieper in die rooi onder Moyane

Tom Moyane (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se skuld het in die tydperk wat Tom Moyane, geskorste hoof van die SAID, aan die stuur was van R85 miljard na R135 miljard gestyg.

Randall Carolissen, hoof van inkomste, beplanning, analise en verslaggewing by die SAID, het Dinsdag getuig by die tweede sitting van die geregtelike ondersoek onder leiding van afgetrede regter Robert Nugent. Dié kommissie ondersoek belastingadministrasie en bestuursprobleme by die SAID.

Die geregtelike ondersoek, wat in Junie van stapel gestuur is, is deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel ná hy Moyane geskors het.

Ramaphosa het vir Nugent opdrag gegee om ook aantygings van finansiële onreëlmatighede, wat die tekort van R50 miljard tussen 2014 en 2018 onder Moyane se leierskap insluit, te ondersoek.

Volgens Carolissen het Moyane met ʼn nuwe bedryfsmodel vorendag gekom wat die SAID gedestabiliseer het. Hy het verder getuig dat die radikale herstrukturering nie met die werknemers bespreek is nie. “Niemand van ons het die radikale herstrukturering verwag nie. Nee, definitief nie.”

Carolissen het gesê Moyane se bedryfsmodel was ʼn verbrokkeling van uitnemendheid asook onnodig aangesien hulle hul hoofmandaat uitgevoer het. “Daar was mense wat 25 jaar vir die inkomstediens gewerk het en skielik in die pad gesteek is. Ons het gewonder wat hulle verkeerd gedoen het.”

Hy het verduidelik hoe die belastingnakoming-afdeling ingedeel is en hoe dinge “baie deurmekaar” was. “So, toe ons ons nakomingstrategie op datum moes bring, was daar niemand om dit te doen nie.”

Dit het vroeër aan die lig gekom dat mense dit as traumaties ervaar het toe Moyane aangestel is en dat sommige bang is om na vore te kom en bewyse te lewer. “Mense het blatant geweier om met ons te kom praat. Ek kan hulle dwing, maar hulle bly bang,” het Nugent gesê.

Carolissen het bevestig dat die SAID bewus is van die situasie en dit reeds met personeel bespreek en hulle gerusgestel het.

Die tweede sitting van die ondersoek sal tot volgende week Vrydag voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lerato ·

Daars ‘n Interessante video op News24, waar hy ‘ n ondergeskikte aansê om siek te speel om nie met KPMG te praat nie

koos1 ·

Wys my net 1 staatsdepartement of SBO wat groei onder die Zuma jare getoon het!
Die inkomste diens was Zuma se laaste spyker in die doodskis, en Cyril bou voort hierop.

Duncan Potgieter ·

Die dag toe JZ homself en sy korrupte Gupta pelle en vele ander “comrades” vir “Wolf” Wagter gemaak van ondermeer SARS, moes SA die rooi gevaarligte sien kom het.
Onder die korrupte JZ en sy meelopers is alle staatsinstellings tot in die grond bestuur en gestroop om hulle eie sakke te vul.
Ons hoop en vertrou CR rug sake reg wat jare gaan neem – stuur al hierdie spul “crooks” tronk toe.

Tammy ·

Hierdie is net nog n storie met n vrot stank gebore uit die ANC regering!! Pres Ramaphosa het in n “clip” op die radio vanoggend gese die ANC neem sekere besluite omdat hulle die meerderheidsreg daartoe het. So Ramaphosa, onteien al die mense wat voordeel getrek het uit staatsgeld van alles wat hulle en hul families besit, aangesien jy en jou meerderheidsregering die reg het om dit te doen. Sluit Tom Moyane ook in asseblief… Of is daar iets wat jou pla?
Wat gaan op die oomblik in SARS aan ? Elke eerlike belastingbetaler word “geoudit” My kind wat 8jaar studeer het en eers hierdie jaar in die mediese wereld begin werk het , word sommer dadelik ” geoudit ” toe hy hierdie week by SARS opdaag oor sy belasting!!!!!!!!!!!!!!!!!! Voor 2018 het hy nog nie n enkele dag in sy lewe gewerk nie. Dis totaal belaglik, SARS is desperaat om geld iewers uit te grawe en dit by n nie werkende student!! Hy het slegs tweee maande van die vorige belastingjaar verdien.. Belaglik verby. Ha Ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.