Inkomstediens bevestig ‘omvattende soektog’ lewer geen rekord

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: ANC/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag bevestig dat hy geen rekord van die verklaring van buitelandse valuta, wat die Soedannese sakeman Hazim Mustafa glo met sy aankoms in Suid-Afrika ingevul het, kon vind nie.

Mustafa het die $580 000 (sowat R10,5 miljoen) glo gebruik om 20 buffels op pres. Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildsplaas in Limpopo te koop. Hy het vroeër luidens mediaberigte aangedui dat hy die geld wel verklaar het.

Die DA het Maandag gesê die SAID kon – nadat die party ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien het – egter geen rekord opspoor wat wys dat Mustafa die geld wel met sy aankoms by die OR Tambo-lughawe verklaar het nie.

Die inkomstediens sê ook dat sy inligtingsbeampte ná ʼn “omvattende soektog” na die rekord bevind het dat die “rekord nie gevind kan word nie/moontlik nie bestaan nie”.

“Die SAID kom sy mandaat sonder vrees, guns of vooroordeel na in alle sake wat hy hanteer. Hy sal voortgaan om dit in hierdie saak ook te doen,” lui ʼn verklaring van die inkomstediens.

Die SAID sê hy sal ook voortgaan om aan Paia-wetgewing te voldoen en indien die rekord later gevind word, sal dit aan Steenhuisen verskaf word – tensy daar wettige gronde is om dit nie te doen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

annie ·

Soos ons vermoed het en Cyril ook weet en noudat dit uitkom het hy skielik kamma verkoue en is vir die phale na Phala om iemand se vingerafdrukke te gaan afvee of wat? Ons sit in ‘n Marxistiese mafia-staat met ‘n miljarder aan die stuur van die trog van sake. Geniet vanaand se show maar drink jul bloeddrukpille sommer vroegaand eers… ‘n Soetetjie vir die ander terwyl daar nog is.

George ·

en mense het gedink Zuma is erg, kyk bietjie met hoeveel cyril gaan loskom

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Soos altyd lieg Squiral alweer vir ons!

Wondermaarnet ·

Het die SAID regtig vertroue in CR om ‘n soektog op tou se sit?

Danie ·

As mens lees as hulle mag wel ons gee nie n hel om nie n hof sal bevel gee.Sy sake presies net soos zumpie sin uitstel en vertraag wie is hy????Ek wonder net waarvoor die uitstelle en koop van tyd waarmee is hulle besig???????.Ek meen die hele vrot staat.

kragaap ·

Die ou gesegde….”vra my broer Jack….” dink ek is van pas.

Jacobus ·

Vergeet van buffels! Hierdie geld is insentiewe van popmeesters – “gift that keeps on giving”.

Theunis ·

Weereens word dit bevestig, CR het geen morële waardes wanneer dit by deursigtigheid en eerlikheid kom nie, die waarheid haal almal maar tog uiteindelik in, maak nie saak of jy dink dat jy bo die wet verhewe is. My bekommernis is nie CR nie, maar wel die meederheid wat hom tans ondersteun, skep hy nie dalk tans die kultuur dat enige iemand kan baat vind deur oneerlikheid nie?

Anel ·

Net soos ons al lankal vermied het, dit is nie verklaar nie!!!!!

JohanR ·

Lyk my die polisie en hofe speel nie meer ‘n rol in SA as dit by die ANC kom nie – ANC ondersoek ANC en vind ANC onskuldig.

Riaan ·

In baie ander lande sou die betrokke persoon bedank het, maar nie in die disfunksionele Suid-Afrika nie. Hier glo elke kader hy is ontskuldig, en die hof was teen hom.

Daisy ·

Dit sal my glad nie verbaas as daar baie skielik ‘n teruggedateerde verklaring van die geld, met nat ink iewers opduik nie.

Johann ·

En dis wat ons van weet. Kan net dink waar en hoeveel hy skep en vat en wegsteek en verduister om sy eie miljardêr status te handhaaf EN die bankrot ANC te fund? Of nog erger hoeveel hy en sy comrades saam verduister?

Schalk ·

Die reel van Afrika stem in met ‘n kruis en neem weg met ‘n teleskopiese kruis is al wat werk

SjN ·

Is die finansiele wetgewing van die land wat deur die regering goedgekeur en geimplimenteer is en wat swaar strawwe en/of tronkstraf voorskryf tov nie nakoming van die reels soos buitelandse valuta verkaring, geldwassery, fica,poca ens nie hier van toepassing nie? Hoekom vat dit so lank vir daadwerklike optrede?

jou gewete ·

geld mos net vir sekere mense, ander is verhewe bo die reg

jou gewete ·

kan Afriforum en Solidariteit asb hier help met privaat vervolging dat reg kan geskied want anders sal nooit in ewigheid iets gebeur nie

Papsak ·

Ja hy lieg nog al die pad vir ons oor alles hom nog nooit vertrou nie

Waaghals ·

Ja nee kyk! $580 000 betaal vir buffels en ‘n jaar later nog nie eers ‘n vraag gevra oor waar hulle is nie.
Klink meer soos betaling vir ietsie anders wat klaar ontvang kon wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.