Inkomstediens bewus van probleem met eFiling-stelsel

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sê hy is bewus van ʼn probleem wat sommige belastingbetalers met sy eFiling-stelsel ondervind.

Die probleem kom voor wanneer ʼn gebruiker sy belastingopgawe stoor en dit dan dadelik weer probeer oopmaak en op die skakel druk om die belasting te bereken vóór die vorm klaar opgelaai is.

Die inkomstediens sê hy gaan die probleem regstel deur sekere opsies tydelik te deaktiveer, terwyl die vorm steeds besig is om op te laai. Die aantal kere waarop ʼn gebruiker op ʼn sekere knoppie kan klik, gaan ook beperk word.

Die SAID het kliënte bedank wat die probleem onder sy aandag gebring het en het verskoning gevra vir die frustrasie wat dit veroorsaak het.

“Ons is bemoedig deur die getal belastingopgawes wat vanjaar al deur die eFiling-stelsel ingedien is. Na net twee dae het meer as ʼn halfmiljoen individue reeds aangemeld. Hiervan het 297 488 hulle opgawes aangevra en 188 140 het opgawes ingedien,” het die inkomstediens gesê.

Die SAID sê hy dankbaar dat soveel mense van sy digitale platforms gebruik maak en werk hard om die proses selfs verder te vereenvoudig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leon ·

e-Filing het nog nooit in die verlede behoorlik gewerk nie. Hoekom sal hy nou skielik behoorlik werk. Ek het verlede jaar vir 4 maande elke week probeer voordat ek my vorm kon indien en ek moes sukkel om die vorm te kry dat hy oopmaak en kon nie ‘n kopie uitdruk of bêre op my rekenaar. Ek is verbaas hy is wel ingedien.

Anton Kld ·

Leon ek en my vrou doen nou al sedert 2008 e-filing met min indien enige probleme. Baie beter as vroeër????

Maxi ·

Ek het ook geen probleen gehad die afgelope jare nie. Die probleem kom wanneer daar n oudit op jou indiening is en jy moet bewys van adres, bank rekening nr en id ens aan hul verskaf. Die een vertraging en verskoning na die ander voor hul jou betaal wat jou toekom. Wonder hoe lank gaan ek hierdie jaar wag.

Nico ·

Neewat ek ry maar weer na ‘n SARS kantoor in Augustus sodat hulle dit maar daar vir my doen of Kieswetter daarvan hou of nie.

Groen Ertjie ·

My tax al twee weke terug op E- Filing gedoen en 3 dae later geld in my rekening! Geen probleem nie – dankie SARS !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.