Inkomstediens help dowes met belastingsake

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aangekondig dat hy ter viering van Doofheidbewustheidsmaand in September gehoorgestremdes sal bystaan om hul belastingsake by uitgewysde SAID-takke reg oor die land te doen.

Deur dié inisiatief sal gebaretaal-tolke weekliks by spesifieke inkomstediens-takke beskikbaar wees om gehoorgestremdes met hul belasting te help. Die takke waar hierdie diens beskikbaar sal wees sluit in Alberton, Vereeniging, Roodepoort, Pretoria, Polokwane, Nelspruit, Durban, Mthatha en Worcester.

Janine Mqulwana, woordvoerder van die SAID, het ʼn beroep op die publiek gedoen om die nuus oor hierdie inisiatief onder die gehoorgestremde gemeenskap te versprei. “Die SAID het onderneem om die toeganklikheid vir dowes en blindes in ons gemeenskap te vergemaklik en om die algemene publiek oor belastingsake op te voed,” het Mqulwana gesê.

Sy het gesê lede van die publiek wat nié gehoorgestremd is nie, sal steeds ook in hierdie tye by die spesifieke takke met hul belastingsake gehelp kan word.

Gebaretaal-tolke sal op die onderstaande datums by hierdie SAID-takke beskikbaar wees:

DatumTak
Dinsdag 4 SeptemberRoodepoort, Worcester en Pretoria-Noord
Woensdag 5 SeptemberAlberton
Vrydag 7 SeptemberPolokwane, Nelspruit, Vereeniging, Durban-sakesentrum en Mthatha
Dinsdag 11 SeptemberRoodepoort, Worcester en Pretoria-Noord
Woensdag 12 SeptemberAlberton
Vrydag 14 SeptemberPolokwane, Nelspruit, Vereeniging, Durban-sakesentrum en Mthatha
Dinsdag 18 SeptemberRoodepoort, Worcester en Pretoria-sakesentrum
Woensdag 19 SeptemberAlberton
Vrydag 21 SeptemberPolokwane, Nelspruit, Vereeniging, Durban-sakesentrum en Mthatha
Dinsdag 25 SeptemberRoodepoort, Worcester en Pretoria-sakesentrum
Woensdag 26 SeptemberAlberton
Vrydag 28 SeptemberPolokwane, Nelspruit, Vereeniging, Durban-sakesentrum en Mthatha

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johanna Botha ·

Natuurlik baie gretig om te help as daar geld kan inkom …maar met iets soos due Life Esedimenie waar weerlose mense dood is onder die anc se hand …ja daar gebeur niks !

Maria ·

Ek moet se baie dankie SARS hulle het mooi gehelp waardeer op reg

Grietha ·

En Centuruin in Doringkloof SARS? Gaan nie meer soontoe nie. Moes hulp kry by Sanlam.

Pieterd ·

As gehoorgestremde, is ek dankbaar vir enige poging om ons te help. Ek hoop die doofheidsbewustheidsmaand laat mense bietjie nadink oor hoe moeilik dit is om nie te kan hoor nie.

Horendes besef nie die daaglikse stryd waardeur gehoorgestremdes gaan nie. Ons kan nie die foon optel en gou bel nie. Ons kan nie aan gesprekke deelneem nie. By die toonbank is dit net so moeilik met mense wat dink jy is dom omdat jy nie kan hoor nie. Probeer bietjie met jou bank, of selfoon/internet diensverskaffers, of DSTV, reisagente, ens sake doen sonder om die telefoon te gebruik! Die meeste het nie eens ‘n epos adres nie, net ‘”tolvry” nommer. Koeriers lewer nie goed af nie, omdat ek nie my selfoon antwoord nie!

Johanna, ek verstaan jou sinisisme, maar probeer bietjie vir een dag met oorproppe jou sake doen. Probeer selfs pizza bestel! Ek liplees, maar dit is verstommend hoeveel mense nie vir jou kyk wanneer hulle met jou praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.