Inkomstediens mis voorlopig teiken met sowat R14 miljard

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag aangekondig dat hy R1 287 miljard ingesamel het teenoor die R1 300 miljard waarvoor die staat begroot het.

Dit beteken dat die inkomstediens se boeke vir die huidige finansiële jaar voorlopig ʼn tekort van R14,6 miljard of 1,1% toon.

Die SAID se boeke wys voorlopig dat bruto invordering met 8,6% toegeneem het, maar terugbetalings het egter met 22,7% gegroei in ooreenstemming met die aankondiging in Oktober dat meer BTW-fondse in die ekonomie teruggestoot sou word.

Volgens die inkomstediens was die grootste bron van inkomste vir die huidige boekjaar van persoonlike inkomstebelasting afkomstig wat gesorg het vir R493,8 miljard of 38,3%. Belasting op toegevoegde waarde (BTW) het R324,6 miljard of 25,2% ingevorder en maatskappybelasting het op sy beurt R214,7 miljard bygedra.

Doeanebelasting het R55,2 miljard bygedra.

Die DA het Tito Mboweni, die minister van finansies, gevra om ’n duidelike plan op te stel om ʼn ommekeer teweeg te bring in wat oor die afgelope paar jaar bekend staan as ʼn chroniese onderverhaling van inkomste.

DA-LP Alf Lees het gesê vandag se mistroostige nuus is deels te wyte aan ondoeltreffendheid by die inkomstediens tydens die ampstermyn van die afgedankte kommissaris Tom Moyane.

Volgens Lees het waarnemende kommissaris Mark Kingon tog effense verligting gebring, maar die wanbestuur van die ekonomie het egter die inkomstediens se teiken gekniehalter.

“Die werklike en wesenlike redes vir tekortkominge spruit voort uit ’n sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie wat deur die ANC se wanbestuur benadeel word asook die ANC se voortdurende korrupsie,” het Lees gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Foeitog ·

Klink vir my na ‘n opsie om nog meer uit landsburgers te mergel!!!

Jacobus Krynauw ·

Ja, dan word ‘n onbeduidende klein bedraggie wat aan my verskuldig is ook teruggehou!?6

Saint ·

Is hierdie analise onredelik?
Boere en groot beighede maak groot verliese weens regeringsbeleid en droogte.
Dit beteken baie minder belasting betaalbaar.
Op sy beurt kan die fiskus nie meer sy belasting teikens bereik nie en n spiraal na laer taksinkomstes volg.
Tot sover my analise.

Sigarette belasting ·

Voeg ook hierby die belaglike belasting wat op wettige sigaret-verkope gehef word. Dit motiveer die onwettige goedkoper sigarette meer aan en op die ou einde kry die regering juis minder belasting geld want wettige verkope neem af ten gunste van meer bekostigbare “onwettige” sigarette.

DA BO ·

En vertel bietjie vir ons hoeveel geskoolde belasting betalende mense het die land verlaat??. Maar dit sal die regering nooit as te nimmer erken nie.

Elsa ·

Knap gedaan. Goed gedoen in die omstandighede in ons land.

En minder om “weg te dra”

Trol ·

Skoon suiwer hebsug gaan hulle pootjie en in die gat hap. Dis nou wat gebeur as die blanke werkmag geminimaliseer word. As sterk kundige witmans bo 55 op gefabriseerde aanklagte skuldig bevind word en soos sleg honde weggejaag word om nooit weer werk te kry nie. En die bevoorregte massa in die werkplek vergroot word om op n verminderde paye vlak met baie meer kortings aangestel word. So verklein maar die salarisse van ministers en bigwigs in staatsdiens. Sonder die blanke werkmag is julle inkomstebelasting syfers maan toe. Bwa ha ha ha ha ha.

Wally ·

Hoekom konsentreer hulle nie op die negatiewe pleks van die positiewe nie. Kry al die nie belastingbetalers op die boeke. Die manne wat vir hulle self werk en alles aftrek en niks betaal nie. En bring die mense wat reeds betaal sin af. Netso kan jy sê , konsentreer eerder op die korrupsie, onwettige wapens….en los die mense uit wat reeds n verskil maak in die land om dinge volgens die boek te doen.

John ·

… hierdie is nie ‘n 1 April-grappie nie. Ons regering deel geld soos soetkoekies uit en nog hande staan bak… dieselfde entiteit se eie werkers help die land ondergaan. Sarswerkers is kwaad omdat hulle moet werk terwyl ander staatsamptenare makliker lekker in die malls kan rondhang en vakansie neem wanneer en hoeveel dae hulle wil. Dis al April en feitlik geen student het al vanjaar ‘n boek oopgeslaan nie…. net nog en net nog hulp is nodig. en die SABC se beursie is alweer leeg… oei…

Gogga ·

Diefie – dankie, vir ons wat wel vir SARS werk voel dit werklik asof almal buite ons net sleg maak en daar is geen positiewe reaksie sommer vir ons nie… ons werk ook maar net hier en probeer maar elke dag op `n slag vat.

Emma ·

En die sakke sal voller gewees het as die anc nie so wegdra nie. Besighede sukkel almal dit le ons voor die anc se deur met petrol ens. wat net styg hoe kan hul kop bo water hou.

Lerato ·

Daar is hoop dat die tabak smokkelaars vas gevat sal word. Almal weet wie hierdie smokkelaars ondersteun en hoe hulle biljoene ontduik.
Die skuikhandel in tabak vernietig nie net die land se inkomste nie, maar bedreig ook tabakboere se voortbestaan.

Jaco Burger ·

Die PROBLEEM is die ANC spandeer te veel geld op salarise, karre, huise, korrupsie ens. Die regering het te veel mense wat in staats departemente werk. ‘n Regering kan nie werk skep deur mense aan te stel nie. Maar dit gebeur as mense in poste is wat nie weet hoe ‘n “besigheid” werk nie. So jan allerman gaan nou weer belas word om die regering se probleme op te los.

Alida ·

Hulle moet begin soek vir daardie geld daarbo by die manne met die hoë poste wat steeds daar is en natuurlik by die geskorstes ook en werk dan ondertoe na die eerlike belastingbetalers toe. Dit maak mens siek dat geld net so wegraak by die ander instansies ook en probeer hulle dit verhaal by die gewone mense. Die wat wel uitgevang word is nog steeds in hul poste of word nie aangekla nie.

? leser ·

kry die nigeriers, pakistanne, onwettige straat stalletjies, smokkelaars, ens. wat in hul winkels slaap, wat nie vir jou ‘n kwitansie kan gee wat jy gekoop het nie dat hulle ook belasting betaal
daar is baie duisende van hulle, haal net jul klappe uit / van jul oe af

Heinrich ·

Ek sal wil weet hoeveel ons verloor het aan immigrasie; ek ken soveel mense wat die afgelope jaar of twee padgegee het omdat die ANC hulle uitgedryf het.

Josef ·

@Heinrich, en nou wil SARS nog buitelanders se geld ook kom vat bwhahaha hul moet kom probeer!

Jean ·

Ja nee…minder om aan gom vingers te klou.Die minderheid wat betaal en die andef dra weg en kry miljarde verniet.Net nou die dag amper n miljard vir studente se swak skuld gegee..hoor ook nooit van prestasies nie,sien net elke week bande wat brand en mense wat skreeu we want! We want! Tot SARS se mense staan en skreeu we want waar ons op verminderde ure is met geen verhoging in 2 jaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.