Inkomstediens sê oor kripto-geldeenhede

Argieffoto (Foto: CoinDesk)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag bekend gemaak dat hy sal voortgaan met die toepassing van normale inkomstebelastingreëls op kripto-geldeenhede en dat die SAID van belastingbetalers sal verwag om hul winste of verliese met kriptogeld as deel van hul belasbare inkomste te verklaar.

Luidens ʼn verklaring van die SAID rus die onus op belastingbetalers om alle belasbare kripto-inkomstes te verklaar in die belastingjaar waarin dit ontvang of verkry is. Belastingbetalers wat versuim om dit te doen, sal boetes opgelê word en rente op belasbare inkomstes betaal.

Die inkomstediens het gesê hy sal kanale beskikbaar stel vir belastingbetalers wat onseker is oor spesifieke transaksies met betrekking tot kripto-geldeenhede.

Volgens die SAID maak dit nié saak dat kripto-geldeenhede soos Bitcoin nie in kontant kan uitbetaal nie, aangesien die kontantwaarde van hierdie geldeenhede bepaal kan word deur middel van die wet.

“Na aanleiding van die gewone inkomstebelastingreëls kan inkomste wat verkry word uit kripto-geldeenhede onder bruto inkomste belas word, soos bepaal deur die Agtste Bylae van die Inkomstebelastingwet,” lui die verklaring.

Belastingbetalers is ook daarop geregtig om uitgawes te eis wat verband hou met kripto-geldeenhede, mits sodanige uitgawes aangegaan word vir die doeleindes van handel.

Winste of verliese met betrekking tot kriptogeld verwys onder meer na goedere of dienste wat uitgeruil word vir kriptogeld wat dan beskou word as ʼn ruiltransaksie, of beleggers wat plaaslike geldeenhede ruil vir kriptogeld (of andersom) deur gebruik te maak van die wisselkoerse in kripto-geldeenhede.

Winste of verliese kan ook só bepaal word: ʼn Kriptogeldeenheid kan verkry word deur te “myn”. Dít word uitgevoer deur die bevestiging van transaksies in ʼn rekenaargegenereerde openbare grootboek, verkry deur die oplossing van komplekse rekenaaralgoritmes. Deur hierdie transaksies te verifieer, word die sogenaamde “myner” beloon met eienaarskap van nuwe kriptogeld wat deel van die netwerkgrootboek word.

Totdat die nuutverworwe kriptogeld vir kontant verkoop of verruil word, word dit as handelsvoorraad gehou wat later deur middel van ʼn gewone kontanttransaksie gerealiseer kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wors ·

BtCoin is inelkgeval is sy kannon in so dit sê jou net, dis ‘n vinnige probeerslag om ruik te word en dis soos Karate, dit werk nie…

Pik ·

Ek sit vandag weer en dink as SARS ons taxi’s begin belas hoeveel sal hulle nie inkry nie hoe word nuwes aangekoop? Maar nee as jy n vaste bly plek het dan sal jy maar net hoes

Cherokee ·

Ek het kripto bekyk met miskien bietjie meer aandag as vele ander maar minder aandag as werklik belangstellendes en steeds nie met werklike belangstelling, want dit lyk vir my na nog ‘n korrupte sisteem, miskien digitale piramide, om geld uit die onkundiges te woeker. Dat dit die inkomstediens se belangstelling opgewakker het, beteken miskien dat daar meer potensie in skuil maar vir my lyk dit steeds asof jy groot geld daarin moet belê as jy ‘n waardige opbrengs wil optower.

SjN ·

Dit beteken dat ek met verhandeling ook die verlies teen Kwb mag eis, is ek reg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.