Inkomstediens skets donker taks-prentjie

(Foto: pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) voorspel hy gaan vanjaar, te midde van die Covid-19-pandemie, R285 miljard minder belasting invorder. Edward Kieswetter, hoof van die SAID, het dié daling van tussen 15% en 20% nie net aan die uitbreking van die nuwe koronavirus nie, maar ook aan die reeds sukkelende ekonomie toegeskryf.

Volgens die SAID gaan inkomste uit die Lopende Betaalstelsel (LBS) na verwagting 5,2% minder wees en sowat 65 000 van die werkgewers wat dieselfde tyd verlede jaar betalings gedoen het, het dit nié vanjaar gedoen nie. Dit is sowat R3,8 miljard minder wat ingesamel kan word.

BTW-inkomste kan met tot 13% daal en afleggings vir April staan tot dusver op net meer as 20 000. Dit is 1 622 mense meer as wat dieselfde tyd verlede jaar afgelê is en is ʼn styging van 9%.

Hy waarsku dat talle sakeondernemings nie die huidige krisis gaan oorleef nie en sê die SAID voorspel dat die getal sakeondernemings wat vir sakeredding gaan aansoek doen, beduidend gaan toeneem.

“Die verlies aan ekonomiese kapasiteit gaan boonop langtermyngevolge vir belastinginvordering inhou.”

Die verlies aan inkomste weens die voortgesette verbod op die verkoop van alkohol en sigarette beloop in dié stadium nagenoeg R1,7 miljard. Kieswetter sê R400 miljoen meer is egter danksy die belastingheffing ingesamel.

Talle sakeondernemings gaan nie die huidige ekonomiese situasie oorleef nie. (Foto: Maroela Media)

Hy sê hoewel dit die SAID se werk is om gehoor te gee aan die bepalings en vereistes van die regering, is die inkomstediens bekommerd oor die voortgesette onwettige handel in veral alkohol en sigarette tydens die afsonderingstydperk wanneer dit reeds moeilik is om belasting in te vorder.

Kieswetter sê die SAID is nie net bekommerd oor die verlies aan inkomste nie, maar ook omdat onwettige handel ʼn plaag is wat die plaaslike ekonomie skeeftrek en Suid-Afrikaners van eerlike werksgeleenthede ontneem.

Die SAID sê die koste van Covid-19-hulp beloop sowat R70 miljard vir onder meer belastinguitstel sonder boetes of rente, asook die tydelike opskorting van die vaardigheidsontwikkelingsheffing.

Die bedrag sluit R5 miljard se aansoeke vir belastinguitstel in waarvoor reeds aansoek gedoen is – en dié syfer gaan na verwagting beduidend styg.

“Ons voorspel dus dat die totale uitwerking van belastingverligtingmaatreëls veel meer as die aanvanklike voorspelling van R70 miljard gaan wees.”

Kieswetter sê dit is nou belangriker as ooit dat belastingbetalers hul verpligtinge nakom. Hy het onderneem dat die SAID dit so maklik as moontlik sal maak om aan vereistes te voldoen.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jacobus ·

Hou aan met die stupidity en die kleur gaan verander van donker na totale duisternis.

Frans ·

Soek gou die busnese se gelde ma wili die wit busnese help nie moet ma da by bbeee gaan aanklop

Die Wolf ·

Tot Kieswetter sien die verlies van inkomste. Wie gaan pa staan vir die verlies. Met duisende sonder werk na dese, waar gaan hulle die geld kry? Dit vat nie n rocket scientist om die gevaarligte te sien nie. Watter gedeelte van die land gaan nou verkoop word aan?

Isabella Susanna ·

Ek is baie omgekrap op die stadium. Blankes moet werk om ekonomie aan die gang te hou maar swart mense het geen bekommernisse nie. Ons mag nie hulp kry van regering nie. Skande!!! SA kan nie bekostig om voort te bou op Bbee nie.

Boortor ·

So maklik as moontlik maak om belasting te betaal!!?? Van my af kry julle niks as ek dit kan help nie. Al die jare belasting getrou betaal. En nou?? Sorry ons gaan jou nie help nie, jy is wit. Julle groet my en ek groet julle.

Leeuwyfie ·

Ek sal verseker my verpligtinge nakom. Deur nooit weer belasting te betaal nie. Ek betaal nie aan ‘n regering wat my en my gesin nie sien as deel van die land nie.
Julle het klaar geskep uit my rekening uit.

Burgermeester ·

I’ve seen a post on social media which mirrors my feelings: I cannot pay taxes because I am not BBBEEE compliant”.

Drico ·

Met wat moet belastingbetalers belasting betaal…moerbeiblare?!

henndrik ·

Meneer Kieswetter, ek is jammer om te se maar nou meer as ooit gaan die belastingbetalers maniere soek om minder of geen belasting te betaal nie want ons is keelvol vir die staat se wan-aanwending van ons hardverdiende geld. Dit is eenvoudig onaanvaarbaar dat beleid veroorsaak dat tenders nie aan die beste voorlegging toegewys word nie maar aan die een wat BEE is en wat die beste ‘kick backs’ aanbied en daar word eenvoudig niks daaraan gedoen nie. BEE maak almal armer behalwe politieke leiers

PieterP ·

Gaan an na Amalgamated tobacco en Golden Leaf tobacco en loop kyk hoeveel sigarette hulle tydens die 6 weke die mark ingestoot het. Jy kan ‘n paar rand daar loop kry. Moenie huil nie, julle gaan nog minder kry want my BBEEE status gaan my nie toelaat om belasting te betaal nie. Gaan huil by die maatskappye wat kwalifiseer het. Elke soort vir homself mos nou.

Eerlik ·

Help nie julle huil nou nie, praat met julle president NDZ!! In tye van nood verloor SARS nogsteeds elke dag 35mil agv die verbod op tabak verkope. Daar is die “grants” weer opgeskuif deur Sisulu, is daar geen kommunikasie tussen SARS en die regering wanneer finansiele besluite gemaak word nie. Die beste oplossing hier is dat alle kabinets lede en politieke party so bietjie salarisse moet sny om te help met die krisis wat hulle veroorsaak.

Michiel ·

Belastingbetaal aan die ANC is jou eie graf grou, want hy gebruik jou belastinggeld om jou te onderdruk.
Ofwel, jou stok, en hy slaan jou daarmee.
Hoogtyd dat ons volkie eie alternatiewe geldeenheid en betaalmiddels vestig. Eie geld, eie belasting eie mense.

Johan ·

Ek dink daar moet nou vir n slag n inteligente besluite geneem word. As jy kyk na die stats. Die totaal wat herstel is baie hoer as die doode getal. Almal gaan hierdie ding kry, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie en die grootste totaal gaan dit maak, want om n weerstand op te doen teen hierdie ding, moet jy dit kry. Die lockdown se doel was om die kurwe laag te hou om die hospitale gereed te kry vir die groot kurwe. Meeste van die hospitale het nou nie werk nie. Daar gaan baie meer mense dood gaan aan “mel nutrition” as wat daar aan hierdie ding dood gaan. Die stats word elk geval so gedokter, want as jy na die CDC se stats gaan kyk sal daar gesien word dat daar meer mense aas griep dood gaan as wat daar aan Covid dood gaan. Die ekonomie gaan vir jare sterf. Al die skuld wat nou gemaak word gaan nog deur ons kinders se kinders terug betaal moet word. Die ANC het nou hierdie land laat sterf en gaan nie hier stop nie.

Kerneels ·

Net om ‘n misverstand uit die weg te ruim – jy kan Covid-19 meer as een keer kry, want daar is verskillende “strains” Covid-19. Net soos jy verkoue en griep meer as een keer kan kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.