Inkomstediens staal hom vir staking

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Woensdag gesê werkers het sy jongste loonaanbod verwerp en dring steeds op ʼn verhoging van 11,4% vir alle werkers aan. Daarom is Dit is dus waarskynlik dat ʼn staking by die inkomstediens Donderdag sal begin.

Die SAID het die afgelope naweek gesê hy het ʼn dooiepunt bereik in sy onderhandelinge met die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) en die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) oor salarisverhogings en verbetering in werksomstandighede ná maande se onderhandelinge wat reeds in November begin het.

Onderhandeling tussen die partye het voortgeduur ondanks die feit dat die dispuut reeds in Februarie na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys is. “Die SAID het die KVBA se sertifikaat van nie-resolusie erken wat op 19 Maart 2019 uitgereik is saam met stakingsreëls vir beide die PSA en Nehawu wat die SAID formeel in kennis gestel het om môre te begin staak,” het die inkomstediens Woensdag gesê.

Die dooiepunt wat by die KVBA bereik is, was nadat die SAID ʼn finale aanbod van 7% verhoging aangebied het.

“Die SAID kan net onderhandel binne sy finansiële vermoëns wat deur verskeie faktore beïnvloed word, insluitend ekonomiese groei, die gevolglike inkomste‑invordering en sy verminderde finansiële toewysing van die nasionale tesourie,” het die inkomstediens gesê.

Volgens die SAID het hy verskillende salarisverhogingsmodelle vir werknemers voorgestel waarvolgens toppresterende werknemers op laer vlakke tot 9,2% salarisverhogings sou kry. Volgens dié model sal geen werknemer minder as 5,2% salarisverhoging kry nie.

“Hierdie aanbod is ongelukkig steeds deur die vakbonde verwerp en hulle dring aan op ʼn deurgaanse verhoging van 11,4%.”

Die senior leierskap van die inkomstediens het nog tot laat gisteraand met die vakbondleiers vergader. Die onderhandelinge het veral gefokus op die KVBA se voorstel vir ʼn 8%‑verhoging vir alle werknemers om die dispuut op te los.

“Die SAID het alles moontlik binne sy vermoëns en sy bekostigbaarheidsvlak gedoen om die dispuut op te los en ʼn staking te verhoed. Met vakbonde se verwerping van die SAID se finale skikkingsaanbod, kan die inkomstediens egter nie die moontlikheid van ʼn staking Donderdag uitskakel nie.”

Volgens die inkomstediens het hy gebeurlikheidsmaatreëls getref om minimale ontwrigting aan belastingbetalerdienste by sy takke en by grensposte te verseker sou die staking wel more begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

fred ·

ek hoop hulle staak vir n baie lank tyd…..dit pas my goed…..hulle het vir jare geslaap,nou het hulle wakker geskrik en pleks om begin te werk staak hulle….vir my n snaakse kultuur…

KG ·

Ek raak regtig omgekrap as ek sulke artikels lees. Ek is die afgelope 2 jaar al 2 keet afgelê. Ek was wel gelukkig om nou in Februarie ‘n werk te kry. Die salaris is nie te sleg nie, maar van wat ek aflei bestaan jaarlikse verhogings en bonusse nie. Ja dis nie die ideaal nie, maar ten minste het ek ‘n werk. Vir my klink die hele spul net plein ondankbaar!!!

SARS ·

@KG. Ek stem saam jou. Hulle is met als ondankbaar maar as ‘n werker by SARS (Op grenspos) het SARS dit veroorsaak deur hul mense in die afgrond in bederf en hul mense is met niks tevrede nie. Is belaglik. En aan my mede Afrikaaners ek STAAK nie saam nie sal my pligte more doen.

ANTI STAAK ·

Ek is reeds sedert 1983 in die arbeidsmark en het in my lewe nog nooit 11,4% per jaar verhoging gekry nie.

Die land is reeds bankrot! Waar dink die narre moet die geld vandaan kom? Bakhand gaan staan by die Guptas?

Jordaan ·

11%! Hulle is mal en het geen idee wat in die privaatsektor aangaan met afleggings, geen of bitter klien verhogings vir jare nie.

? leser ·

ek het vir jare in die staatsdiens gewerk, elke verhoging was ‘n gemiddeld van 5%
wat die meeste gefrustreer het was dat die spul met al die ysters op hul skouers se verhoging was gemiddeld 12% gewees
my brood en sy brood, my liter brandstof en syne was dieselfde prys
in vergelyking was hul verhoging met myne redelik groot
my verhoging was altyd onder die inflasie lyn, so ek het nooit gewen nie
laat die psa en hul vakbond venote staak, dalk word die said wakker en besef daars mense wat altyd, verhoging gewys, agter bly
said se grootbase druk mos baie geld in hul sakke, dis hoekom die said ook bankrot is

Positiewe amptenaar ·

Dink jy SARS amptenare betaal nie ook belasting nie. Ons ry op ander paaie en koop by ander winkels kos ons kragrekenings en medies word nie betaal nie dit is blykbaar verniet…. het jy al by SARS gewerk as ‘n gewone amptenaar? Weet jy wat salarisse word gewone amptenare betaal? Jy spaar vir jou oudag so ek staak ek vir my oudag pensioen voordele…

Hendrik UAE ·

Ek verstaan mense in die staatsdiens verdien meer as die werkers in die privaat sektor(Diegene wat hulle salaris betaal en hulle bestaansreg gee)Hier by ons die laaste paar jaar is die verhogings niks (nil %) tot sowat 3%. As jy dit nie wil he nie ,pak jou tasse en ghoebaai!Bederf en oorbetaal is die probleem.Bang vir unies. Bang vir verkiesing. Bang vir brand. Bang om dissipline te handhaaf,

Helen ·

Hierdie mal eise is presies die oorsaak van al die bankrot staatsinstansies. Staak vir meer en doen m8nder en dan wil hul rondspring wanneer daar van afleggings gepraat word maar hul ondankbaarheid en gulsigheid is die rede daarvoor. Doen weg met die verdomde unies, dit is ‘n euwel wat met wortel en tak in die land uitgeroei moet word want mense wat nie ‘n benul van enige iets het nie is in beheer. Red ‘n land en volk met so ‘n gemors.

Lou ·

Lag lekker in my mou dat die staatsdiens nou so sukkel met die vakbonde se onmoontlike eise. Ramaphosa was jare terug die vakbondleier wat gemaak het dat vakbonde soveel mag het en besighede eintlik maar beheer.
Dit is nou “hulle” beurt om van hulle eie medisyne te kry.

Keelvol ·

In die artikel oor gemiddelde salarisse word genoem dat staatsamptenare 36% meer verdien as persone in die privaatsektor.
Ek kan nie veralgemeen nie maar ek dink hulle doen 50% minder as persone in die privaatsektor.
Baie verstaan ongelukkig nie dat die dam waaruit hulle skep leeg is nie. Daar is vinniger geskep as volgemaak.
Staak, brand af skop en skree.
As daar nie is nie, is daar nie.
Dit moet baie mense nog leer.

Concerned ·

Mense oordeel baie maklik. Ja ek werk vir SARS en julle wat dink ons doen nie veel weet nie wat aangaan nie. En nee ek gaan nie staak nie ek is more op my pos soos altyd.

SARS werker ·

Mense wat nie vir SARS werk nie, weet nie regtig wat daar aangaan nie. Die werk word net al hoe meer, want hulle vervang niemand nie. Die mense op grondvlak wat eintlik die werk doen, kry die minste salaris. Ek is een van die harde werkers en gaan nie staak nie, maar vir jare moet ons tevrede wees met die salaris wat nooit aangepas word nie. Ons moet net altyd hoor jy is reeds op jou maksimum salaris. Daar is geen geleentheid vir bevordering nie, so vir jare bly jy op jou huidige salaris.

KT SARS ·

Ek werk reeds 20 jaar vir SARS. WAS ‘n ongelooflike goeie werkgewer. Alles het ten slegte verander. Weens BEE word geen blankes bevorder nie alhoewel ons steeds toegewyd is en ons werk so goed as moontelik probeer doen. Nee, ek sal ook nie staak nie. Ek is steeds dankbaar ek het ‘n werk.

Gogga ·

Is waarheid, ek self gaan vir 30 jaar en ek kan nie verstaan dat daar mense buite is wat reken ons wat self by SARS werk nie `n sent belasting betaal nie. Alle lewenskoste gaan op maar geen salaris aanspassings nie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.