Inkopiesentrum-kleuter in plek van veiligheid geplaas

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is.

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is. Dit is digitaal gemanipuleer om sy identiteit te beskerm.

NEEM KENNIS: Die ma van hierdie kind word van kinderverwaarlosing aangekla en Maroela Media moet dus gevolglik die kind se naam verwyder en sy gesig verbloem om sy identiteit te beskerm.

Die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is steeds in ʼn plek van veiligheid terwyl sy ma deur die polisie ondervra word.

“Die seuntjie is in ʼn plek van veiligheid geplaas,” het ao Lorraine van Emmerik, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Die saak is aan die kinderbeskermingseenheid oorhandig en hulle stel verder ondersoek in.”

Van Emmerik het aan Maroela bevestig die kind is in Vorsterrylaan in Glenanda gevind en nie by die winkelsentrum soos vroeër berig is nie.

Maroela Media het vroeër berig die ma, vermoedelik 29 jaar oud, is in The Hill in Johannesburg deur lede van die GPF gevind nadat haar familie die seuntjie geëien het.

Die seuntjie is gevind toe lede van die gemeenskap ʼn man met die seuntjie sien stap en hom gevra het waar hy die seuntjie kry. Hy het glo gesê hy het die kind by The Glen-inkopiesentrum gekry en is op soek na sy ouers. Die gemeenskapslede het die seuntjie teruggeneem na die sentrum en vandaar is ʼn grootskaalse soektog na sy ouers van stapel gestuur. ʼn Foto van die kind is wyd op sosiale media gedeel.

Maroela Media die ma en seun se name mag nie bekend gemaak word nie om die seun se identiteit te beskerm.

Lees alle vorige berigte oor die inkopiesentrum-kleuter op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CJAN ·

Pratige seuntjie. Ek wonder, het die seuntjie weggedwaal van sy ma of was die ma plein net agterlosig gewees?

Willie van der Merwe ·

Daar kon soveel gebeur het…dit moet so dramaties wees vir kind en ouers om geskei te wees tot ondersoek voltooi is….ons bid die beste vir almal se belang….

Peet Schabort ·

Hier is ‘n GROOT skroef los. Mens kan net bid vir hulle.

Joey ·

Hierdie mamma het beslis ook hulp nodig. Die arme kind is seker so getraumatiseerd – ek wens ek was nader dat ek hom tydelik kon inneem – ek vertrou die SAPS sal deeglike ondersoek doen en die regte besluit rondom die pragtige blouoog mannetjie neem.

CHRISTA ·

Ek hoop hulle ondersoek hierdie saak behoorlik, veral omdat kinders in ons land soos goedere behandel word: “verkoop hulle aan die hoogste bieder”.

Pieter ·

ek is ook van die area ..op facebook word gese die ma is ‘n bekende prostituut en dwelm verbruiker van die area .. wat alreeds 2 ander kinders in die stelsel het

pop ·

Christa jys doodreg. Vanmore al op ander sosiale media gesien die ma is nie iemand by wie kinders moet wees nie. As dit waar is kan ek my net indink . Dankie tog hy is saam met daai man gesien. Nes ek dink ek het die skokkendste gelees dan gebeur daar iets erger. Die bose duiwel is los

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.