Inkopiesentrum-kleuter se ma gevind

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is.

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is. Dit is digitaal gemanipuleer om sy identiteit te beskerm.

NEEM KENNIS: Die ma van hierdie kind word van kinderverwaarlosing aangekla en Maroela Media moet dus gevolglik die kind se naam verwyder en sy gesig verbloem om sy identiteit te beskerm.

Die ma van die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is Saterdagmiddag opgespoor.

Michelle Pelser, woordvoerder van die Mondeor-gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het aan Maroela Media gesê die ma, ongeveer 29 jaar oud, is in The Hill in Johannesburg deur lede van die GPF gevind. “Familie van die ma het die polisie gekontak en die seuntjie geëien. Ons het toe ʼn foto van die ma gehad en iemand het haar in The Hill gesien. Die polisie is nou besig om haar verklaring af te neem,” het sy gesê.

Volgens Pelser wou die ma nog geen verduideliking gee hoekom die seuntjie by die inkopiesentrum gelaat is nie. “Sy hou net aan sê sy kan nie sonder hom leef nie. Verder gee sy geen verduideliking nie. Miskien sal meer inligting aan die lig kom nadat sy met die polisie gepraat het,” het Pelser verduidelik. Die ma het ook glo gesê sy het nie geweet dat die polisie na haar op soek is of dat haar kind deur iemand gevind is nie.

Pelser het gesê die ma het reeds haar kind gesien, maar hy het nie juis emosie getoon tydens die herontmoeting nie. “Hy wys in elk geval nie veel emosie nie en is duidelik ʼn baie onafhanklike kind. Hy het nie regtig enigiets gedoen of gesê toe hy sy ma sien nie,” het Pelser bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig die seuntjie is gevind toe lede van die gemeenskap ʼn man met die seuntjie sien stap en hom gevra het waar hy die seuntjie kry. Hy het glo gesê hy het die kind by The Glen-inkopiesentrum gekry en is op soek na sy ouers. Die gemeenskapslede het die seuntjie teruggeneem na die sentrum en vandaar is ʼn grootskaalse soektog na sy ouers van stapel gestuur.

Maroela Media kan nie die ma of kind se naam bekend maak nie om die kind se identiteit te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swannie Swanepoel

Moet asb nie te gou oordeel nie. Dalk is dit ook ‘n hulproep van die Ma. Baie van ons wat die voorreg het kyk gou verby ander mense se krisisse so asb, moenie die Ma onnodig kruisig nie, almal het foute. Kom ons bied eerder hulp aan.

Dorette van Rooyen

Geen verskoning is reg/aanvaarbaar wanneer kinderverlating ter sprake is nie. Die kindjie het nie gevra om daar te wees nie. Die kleuter is beter af in pleegsorg of by iemand wat hom mooi sal versorg en vir hom liefde gee. Stenig my maar, maar die ma verdien nie om so ‘n pragtige kind te hê nie.

Sorodi

Kon die familie nie maar die kindjie by hulle geneem het nie? Dis erg hartseer om te lees hulle het hom geidentifiseer! Hulle mag dalk nie van die ma se werks omstandighede hou nie maar jinne daai klein seuntjie het mos nie gevra vir sulke behandeling nie!

Fransie Dippenaar

Nee magtig ek stem met jou saam Dorette van Rooyen. Hoe op die aarde kan so iets gebeur. Die kindjie is my kleinseun se ouderdom en ek weet as hy mens net vir 5 minute nie sien nie dan soek en huil hy. Hoe moes die arme dingetjie gevoel het. Ek hoop regtig hulle neem die dingetjie weg en plaas hom by iemand wat hom kan liefhe. Genade as ‘n kind van daardie ouderdom nie emosie toon wanneer hy sy mamma sien nie dan is daar groot fout. Swannie Swanepoel daar is baie ander maniere waarop die ma om hulp… Lees meer »

ellen

Hip ek stem volkome saam. Dalk gebreuk sy nog die kind om geld te kry by die mense. Last hom aanneem daar is duisende kinderlose ouerpare wat wat sal gee om hom te been en en goeie ouerhuis sal gee. Ek stem volkome saam