Inkopiesentrum-kleuter se ma gevind

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is.

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is. Dit is digitaal gemanipuleer om sy identiteit te beskerm.

NEEM KENNIS: Die ma van hierdie kind word van kinderverwaarlosing aangekla en Maroela Media moet dus gevolglik die kind se naam verwyder en sy gesig verbloem om sy identiteit te beskerm.

Die ma van die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is Saterdagmiddag opgespoor.

Michelle Pelser, woordvoerder van die Mondeor-gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het aan Maroela Media gesê die ma, ongeveer 29 jaar oud, is in The Hill in Johannesburg deur lede van die GPF gevind. “Familie van die ma het die polisie gekontak en die seuntjie geëien. Ons het toe ʼn foto van die ma gehad en iemand het haar in The Hill gesien. Die polisie is nou besig om haar verklaring af te neem,” het sy gesê.

Volgens Pelser wou die ma nog geen verduideliking gee hoekom die seuntjie by die inkopiesentrum gelaat is nie. “Sy hou net aan sê sy kan nie sonder hom leef nie. Verder gee sy geen verduideliking nie. Miskien sal meer inligting aan die lig kom nadat sy met die polisie gepraat het,” het Pelser verduidelik. Die ma het ook glo gesê sy het nie geweet dat die polisie na haar op soek is of dat haar kind deur iemand gevind is nie.

Pelser het gesê die ma het reeds haar kind gesien, maar hy het nie juis emosie getoon tydens die herontmoeting nie. “Hy wys in elk geval nie veel emosie nie en is duidelik ʼn baie onafhanklike kind. Hy het nie regtig enigiets gedoen of gesê toe hy sy ma sien nie,” het Pelser bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig die seuntjie is gevind toe lede van die gemeenskap ʼn man met die seuntjie sien stap en hom gevra het waar hy die seuntjie kry. Hy het glo gesê hy het die kind by The Glen-inkopiesentrum gekry en is op soek na sy ouers. Die gemeenskapslede het die seuntjie teruggeneem na die sentrum en vandaar is ʼn grootskaalse soektog na sy ouers van stapel gestuur.

Maroela Media kan nie die ma of kind se naam bekend maak nie om die kind se identiteit te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Swannie Swanepoel ·

Moet asb nie te gou oordeel nie. Dalk is dit ook ‘n hulproep van die Ma. Baie van ons wat die voorreg het kyk gou verby ander mense se krisisse so asb, moenie die Ma onnodig kruisig nie, almal het foute. Kom ons bied eerder hulp aan.

CHRISTA ·

Swannie, daar is TALLE plekke waar hulp gesoek kan word, veral wanneer kinders betrokke is. Sy kon net by haar predikant aanklop en al sou hy haar nie kon help nie, sou hy iemand/instansie geken het wat haar sou kon help!!!

Ekke ·

Swannie, ja ek hoor wat jy se….Alhoewel….Ek steun Christa 100%….Daar is geen verskoning vir die ma se optreede nie….. Ons lees; hoor en ervaar daagliks van ontvoerde en vermiste kinders in ons land dan nie. Dat noem ek nie eers wat aan hul gedoen word nie!! Die seuntjie is onskuldig en verdien die die soort behandeling nie.. Nou vra ek myself ook net die vraag, WAAR DE HELL IS DIE PA ???????? Ek is geseend met 7 kinders onder my dak, waar my vaderlikke plig is om te weet waar my kinders is!

Aan die ouers van die seuntjie, Ja ek ken nie die omstandighede nie dit is so, alhoewel volg eerder Christa se raad. Gaan na die plaaslikke kerk en vra om hulp en of bystand asseblief.

Dorette van Rooyen ·

Geen verskoning is reg/aanvaarbaar wanneer kinderverlating ter sprake is nie. Die kindjie het nie gevra om daar te wees nie. Die kleuter is beter af in pleegsorg of by iemand wat hom mooi sal versorg en vir hom liefde gee. Stenig my maar, maar die ma verdien nie om so ‘n pragtige kind te hê nie.

Ina Vogel ·

Mens weet nie wat met die ma aangaan nie. Wag eers voor jy sommer sulke uitsprake maak. Dalkhet die ma en res van die gesin berading en/of sosiale hulp nodig. Moeni so vinnig wees om klippe te gooi nie.

Dave ·

Dorrette sê die vervelige ou sinnetjie van stenig my. Jy sê sy stenig (gooi klippe). En die kind klink ongestoord op ‘n uiters jong ouderdom.

Sorodi ·

Kon die familie nie maar die kindjie by hulle geneem het nie? Dis erg hartseer om te lees hulle het hom geidentifiseer! Hulle mag dalk nie van die ma se werks omstandighede hou nie maar jinne daai klein seuntjie het mos nie gevra vir sulke behandeling nie!

Fransie Dippenaar ·

Nee magtig ek stem met jou saam Dorette van Rooyen. Hoe op die aarde kan so iets gebeur. Die kindjie is my kleinseun se ouderdom en ek weet as hy mens net vir 5 minute nie sien nie dan soek en huil hy. Hoe moes die arme dingetjie gevoel het. Ek hoop regtig hulle neem die dingetjie weg en plaas hom by iemand wat hom kan liefhe. Genade as ‘n kind van daardie ouderdom nie emosie toon wanneer hy sy mamma sien nie dan is daar groot fout. Swannie Swanepoel daar is baie ander maniere waarop die ma om hulp kan roep sonder om die kind aan soveel trauma bloot te stel. Hier gaan dit beslis nie om die ma nie maar oor die kind wat aan soveel trauma bloot gestel is.

Ina ·

My gedagtes presies, Fransie. Die kind lyk vir my skoon oorbluf!

ellen ·

Hip ek stem volkome saam. Dalk gebreuk sy nog die kind om geld te kry by die mense. Last hom aanneem daar is duisende kinderlose ouerpare wat wat sal gee om hom te been en en goeie ouerhuis sal gee. Ek stem volkome saam

Martin ·

Ellen jy wat nie eens kan spel nie veroordeel n ander. WAS JY DAAR?
Ek raai NEE, Dan raai ek aan: ” mind your own business”
Niemand weet regtig wat die situasie is nie, maar almal wil so graag OORDEEL.
Geen wonder ons land is in sy dinges nie,ons oordeel ons eie ras terwyl die tiere besig om ons karkas te VREET in n VOLKSMOORD.
Hos 4:6
(6) My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

isabel ·

Onaanvaarbaar. Red daai kind uit sy huidige omstandighede.

ann ·

Dis so hartseer dat so pragtige seuntjie aan soveel trauma blootgestel moet word…hoe onregverdig…geen kind verdien dit nie. Die feit dat hy nie veel emosie getoon het toe hy sy ma sien klink vir my so of dit nie die eerste keer is nie…dis nie die normale optrede van so klein kindjie wat liefde en stabiliteit ken nie…ek hoop dat hier ‘n behoorlike ondersoek gedoen sal word en die uitkoms net die heel beste vir hierdie brawe blou-oog sal wees…

kayvee ·

Dis so hartseer! Ek stem saam, wat okal die ma se omstandighede, daai kleine mensie verdien dit nie!! Dat hy nie eers reaksie getoon het toe hy sy ma sien nie waar op daardie ouderdom jou ma jou ALS is…nee kyk, dis n sad sad storie hierdie. Ek bid dat hierdie outjie gou verwyder sal word uit sy huidige omstandighede en daar gered word wat gered kan word. Hoop ons kry n update maroela!

Mariaan ·

Wat n mooi seuntjie! Ek sou hom soos goud oppas…en hy word ouerloos gevind iewers! N skande…die mamma kon verseker hulp gesoek het WAT ookal haar probeem is…doen asb deeglike ondersoek…iets is nie pluis…

Michelle ·

Ek is baie bly dat die ma opgespoor is, net ‘n jammerte dat dit lyk of daar groooter probleme is as wat gedink was. Hou net ASB in gedagte, soms wanneer my kiddies by ouma hulle gaan doedoe het en weer opgetel word, toon my seuntjie ook geen teken dat hy my gemis het nie. Hy se soms ook nie hello nie, ek moet vra vir die hello. En daar is ‘n massiewe band tussen my en my kids. Kom ons bid net vir hulle en vra God om hulle hande vas te hou.

Michelle ·

Laat ek dit eerder so stel soos hulle gese het. Eerstens, groot band tussen my en my kiddies, maar my seuntjie is nou 3 en OOK baie onafhanklik.

Chantelle ·

Ek stel belang om die klein mannetjie aan te neem of solank by my en my gesin in Hartbeespoort n plek van veiligheid te bied totdat die ma haar dinge agtermekaar het of vir hoeookal lank dit mag vat al is dit vir n ewigheid wat ek kom kan versorg en liefde gee. Asb moet hom nie in n kinderhuis sit nie. Gee my asb die geleentheid om na hom te kyk.

magriet ·

ag asseblief Chantelle, dis iemand se kind, nie ‘n puppy op die hoek nie. word groot!!!

Ekke ·

Marie,

Ek het ook nou net die selfde vraag gevra met my antwoord op Swannie en Christa.

Ek is nie vertroud met die omstandighede alhoewel, die ouers se optreede is nie die seuntjie se toekoms werd nie. Hy verdien beter as dit! ‘N reverdige kans !!

Die pa is net so skuldig as die ma!! Volgens my moet beide van hulle erger hanteer word as ‘n moordenaar!! En as die pa nie in sy lewe betrokke is nie, kyk SLEG SIEK ONDANKBARE GEMORS VAN ‘N MENS is ‘n onderbeskrywing van wat ek van hom dink!!

Tammy ·

Ek kyk beter na my honde as wat die vrou na haar seuntjie kyk. Hulle het n babysitter as ons langer as 4 ure van die huis af weg is. Hier is GROOT fout. Dit is kinderverwaarlosing by uitstek. Hoop die gereg maak van haar n voorbeeld en moenie verskonings vir haar gedrag soek nie. Sy moet verantwoordelik gehou word vir die wrede gedrag. Hy het beslis vrees ervaar asook verwerping al sou dit voorheen gebeur het.

lenie ·

Asb ek smeek julle moet nie hierdie vrou oordeel nie. Ek het haar al by die Glen gesien saam n Nigeriese man. Ek reken hy is die oorsaak vir haar dwelm. ek gaan more kyk hoe kan ek haar help om in Rehab te kom Na ha hofsaak. As ons mekaar nie help nie wat is ons doel op aarde? Hierdie vrou se ander 2 kinders is reeds laasjaar verwyder.

Nou Wat se hin Mens ·

Joh jou arme Sot, dit gaan nie oor die “ma” of “vrou” wat nie ge oordeel moet word nie……jy gaaan more kyk hoe jy HAAR kan help??? Dit gaan oor die Kind. Van WAAR Gehasie?!

tish ·

Op die ouderdom kan of wil hy nie praat…hy toon geen emosie…sy ogies is leweloos, vreugdeloos…
as hy teruggeplaas word in sy ma se sorg pleeg hul saam haar sielemoord.
Nee! Hoe kan dit nog oorweeg word??
skok en misbruik v n mens veroorsaak ook emosielose koue optrede..ek sit en huil vir die pragtigste blou ogies wat smag na n liefdevolle kinderlewe.
as sy ma eers met Nigeriers deurmekaar is??? Besef jul nie dat so kind soms as deposito gebruik word nie.
gaan luister gerus na n program wat op RSG uitgesaai was juis oor sulke omstandighede van verslaafdes.
HELP DIE KIND EERSTE!!

Jonckie ·

My eerste gedagtes was hoekom kry sulke mense kinders. Dan wie is ons om te oordeel. Het ons in haar skoene gestap? Maar ek stem saam daar is beter maniere om hulp te kry. Dalk weet sy nie wie is die pa nie, en is die pa nie eens bewus van die kleintjie nie. So baie dinge kon verkeerd geloop het in haar eie lewe. Ek stem saam die seuntjie moet tydelik in pleegsorg geplaas word en mamma moet gehelp word om n normale lewe te lei. Dalk kan iemand haar help om n stanvastige werk te kry. Hoe weet ons wat sê ouers het sy indien enige. Want waar is hulle? Kom ons oordeel nie maar Reik hande uit. Kom ons bid vir die gesin.

Jacoline Pienaar ·

Die hele situasie klink nie reg nie. ‘N ma wat nie na haar eie kind soek as hy weg is nie en ‘n kind wat nie bly ia om sy mamma te sien na hy weg was nie… Ek dink daar moet verdere ondersoek ingestel word na die huislike omstandighede van hierdie pragtige seuntjie. Daar is baie mense wat enige iets sal gee om so pragtige kind te he. As die ma dan nie die kind wil he nie, gee hom vir iemand wat vir hom sal liefde gee en vir hom die ouerhuis sal gee wat hy verdien! Te veel kinders word mishandel en word in aaklige omstandighede groot!

Marelize ·

Ongeag wat die ma se verduidelikking is, voel ek dat daar saak van Kinderverlating teen die ma oopgemaam moet word. As sy nie meer haar kind wil he nie, wat ‘n gawe van God af is, is daar familie na wie sy die kind kon neem. Dis net selfsugtig. Ek is self ‘n enkel ouer en nog nooit het sulke gedagtes by my opgekom ni.

magriet ·

Ek het nou al die kommentare gelees, en sjoe, ek was nie bewus daar van die feit dat die Here oorlede is en julle is nou Hy nie?
Hou jou b*k as jy nie daar was nie. Ek is dankbaar ek het nie sulke vriende soos oorgrote meerderheid van julle nie!!!! siek siek siek!!!!

Lida ·

Ek het ook al die kommentare gelees. Indien iemand betrapsou word dat hy steel/roof/moor of kaap neem die gereg sy loop. Maak nie saak of hy steel/roof/moor omdat hy sg. honger is nie. Of die verskoning van n kaper dat hy ‘n motor benodig, is ook nie geldig nie. Skuldig! Die ma het keuses gemaak. Keuses het gevolge. Altyd. Die ma sal ondersoek word. Magriet, moenie vir die Here besluit nie. Hy sou wou dat die seuntjie versorg word, want aan diesulkes behoort die koningkryk van die Hemel. Hy sou nie wou dat ‘n kleintjie bokant se vermoe en krag versoek word nie. Hy wil nie dat so ‘n blou-oog seuntjie dan verhard en ‘n geharde misdadiger word nie. Ek sou baie graag sulke vriende, soos die oorgrote meerderheid vir my kleinkind wou he… Dis sulke mense wat die gemeenskap gesond hou!

magriet ·

ek besluit nie vir die Here nie, lees weer my kommentaar!!!!!

Danie ·

Net ‘n klomp vrae:
Hoekom het die vrou op die pad geland?
Hoekom het sy nie na goeie raad geluister nie?
Hoekom het sy nie vroëer al om hulp gevra nie?
Hoekom word die onskuldige kind getraf vir haar keuses?
Hoekom moet sulke mense altyd met handskoene hanteer word terwyl die onskuldiges vir die wolwe gegooi moet word?
Wie moet eerste gehelp word: die onskuldige of die wat vir die ongeskuldige leiding verantwoordelik is?
Moet die kind eers sterf voordat ander besef hy/sy lei die ergste?
Hoe versorg mens dan ‘n dooie ongeskuldige kind?
As ‘n kind baie onafhandlik op 2 of 3 jaar is, hoeveel sien so ‘n kind werklik van sy ouers?

kobie ·

Iemand het gese gaan na jou kerk, gaan vra jou Predikant, nee dit werk nie hoor, kerke is nie meer soos vroeer betrokke nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.