Inkopiesentrum-kleuter steeds in plek van veiligheid

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is.

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is.

Die tweejarige blondekopseuntjie wie se foto wyd op sosiale media versprei is nadat hy in Junie naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is steeds in ʼn plek van veiligheid.

Ao. Lorraine van Emmerik, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tans by die staatsaanklaer wat besluit of daar enigsins grond vir vervolging is. ʼn Aanklag van kinderverwaarlosing is teen die seuntjie se ma aanhangig gemaak en sy het reeds in die hof verskyn.

Sy is egter vrygelaat terwyl verdere ondersoek gedoen word.

Maroela Media het vroeër berig die seuntjie is op 12 Junie naby die inkopsiesentrum gevind en ʼn grootskaalse soektog is van stapel gestuur om sy ouers te vind. Sy ma, vermoedelik 29 jaar oud, is die volgende dag in The Hill in Johannesburg deur lede van die GPF gevind nadat haar familie die seuntjie geëien het.

Maroela Media weerhou die ma en seun se name om die seun se identiteit te beskerm.

Lees alle vorige berigte oor die inkopiesentrum-kleuter op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Belinda Oberholster ·

Ek hoop regtig sy kry die kans om hom vir aanneming te gee, doen die wyse besluit en gee hom, ek weet van wonderlike ouers wat hom sal aanneem en grootmaak met liefde en omgee, dit is al wat hy kort! Sy was dalk desperaat en wou nie later as die slegte Ma of mens uitgewys word nie, ons ken ongelukkig nie haar omstandighede, wens ek het, dan sou ek jou beslis gehelp het!!!! Iemand van ver!

Gert ·

So, so hartseer. Miskien is die stomme kind beter af waar hy nou is. Ek sal bid dat hy goeie aanneemouers kry. Daar is so baie mense wat bid en verlang na n kind van hul eie en dan kry jy hierdie gevalle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.