Inligting versoek ná drie in tref-en-trap omkom

(Argieffoto: WCHEMS/Twitter)

Die polisie in die Vrystaat is op soek na verdagtes wat Donderdag op die R59 naby Caltex in Vaalpark betrokke was in ʼn tref-en-trap ongeluk.

Sers. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, sê drie mense is dood ná hulle Donderdag omstreeks 18:00 deur ʼn onbekende voertuig getref is.

“Die polisie versoek enigiemand met inligting of wat die ongeluk sien gebeur het, om sers. Chrissie Van der Linde te kontak by 082 690 5891.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.