Inmeng-aantygings by Opod ondersoek

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Khotmotso Phahlane, waarnemende polisiehoof, en Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), sal volgende week voor die parlement moet verskyn in verband met aantygings dat daar glo ingemeng word met ondersoeke wat teen polisiebeamptes uitgevoer word.

Francois Beukman, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, het Woensdag in ʼn verklaring gesê dat hy diep bekommerd is oor berigte dat beamptes van die polisie inmeng by hoëprofiel sake van Opod.

McBride het verlede week tydens ʼn vergadering van die komitee dié aantygings gemaak.

“Opod is ingevolge die Grondwet gestig om enige beweerde misdrywe deur lede van die polisie te ondersoek en enige onwettige inmenging by die ondersoeke kan nie toegelaat word nie,” het Beukman gesê.

“Dit is noodsaaklik dat ons op die hoogte gehou word van verwikkelinge in hierdie verband. Ons het versekering van die polisie nodig dat daar geen opsetlike pogings is om die grondwetlike mandaat van Opod te ondermyn nie,” het Beukman bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Scalla ·

Twee verskillende pole, bomplanter en musiekliefhebber, hulle het toe iets in gemeen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.