Innibos-boikot ‘kortsigtig’, sê DA

Foto: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees/Facebook

Foto: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees/Facebook

Die ANC se beroep op die Mpumalanga-regering om die Innibos-fees te boikot is “kortsigtig” het die DA in die provinsie Woensdag gesê.

“Die fees is bekend as ʼn welkome kontantbelegging in die plaaslike ekonomie en het nog altyd sy deure oopgemaak vir alle ras- en kultuurgroepe,” het Anthony Benadie, die DA se provinsiale leier, gesê.

Lucky Ndinisa, die ANC se sekretaris in Mpumalanga, het glo gesê daar is tydens die party se lekgotla besluit dat alle provinsiale regeringsdepartemente moet ophou om die fees te befonds. “Innibos staan alle versoenende inisiatiewe teen wat die ANC en sy regering die afgelope 21 jaar in Suid-Afrika probeer bou het,” het Ndinisa volgens The Star gesê.

“Ons sal staatsamptenare las om alle befondsing te onttrek. Daar sal geen munisipale of staatsamptenare wees nie, hetsy hulle verkeersbeamptes, die polisie of die nooddienste is.” Ndinisa het glo gesê die ANC sal ook die regering versoek om Hoërskool Bergvlam te verbied om sy gronde vir die fees beskikbaar te maak.

Die ANC se beroep kom selfs nadat dit bekend gemaak is dat Steve Hofmeyr nie deel sal wees van vanjaar se fees nie. Hofmeyr het verlede jaar ʼn opskudding veroorsaak nadat hy Die Stem tydens sy optrede gesing het.

Benadie het Woensdag gesê Innibos het in die verlede baie moeite gedoen om die fees te diversifiseer en ‘n inklusiewe geleentheid aan te bied. “Die ANC se uitsprake is gegrond op die voorval verlede jaar toe Steve Hofmeyr onbepland ‘Die Stem’ gesing het. Die organiseerders van die fees kon nie Hofmeyr se aksies voorspel nie, en ons verstaan dat hy nie na 2015 se fees genooi is nie.”

Volgens Benadie verskaf Innibos ʼn ekonomiese inspuiting van nagenoeg R18 miljoen in die Laeveld en is tot voordeel van mense wat in Nelspruit woon. “’n Boikot van die fees sal slegs gemeenskappe wat voordeel trek uit hierdie inisiatief, seermaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

i van rooyem ·

Hulle kan nie die skool voor se en hulle het geen seggenskap oor die fees ons moet ophou gatkruip en ander alternatiewes uitdink

Henk ·

So, laat die ANC die aangeleentheid boikot! In Nelspruit is meer as genoeg privaat nooddienste beskikbaar, meer as genoeg sekuriteitsmaatskappy wat in elk geval die sekuriteit by Innibos behartig. Dit laat ons met Bergvlam se terrein. ‘n Staatskool wat onderhou word met buitengewone hoe skoolgelde omrede die Staat (ANC) te veel geld aan Nkandla en Zzzzzuma spandeer en derhalwe nie geld het om sy verpligtinge na te kom nie. Dit is nou buiten die verpligtinge op die korrupsie veld. Hou julle skool terrein, dis een van daai dinge. Hier is meer as genoeg plaas grond direk om Nelspruit beskikbaar en ons kan die fees dan nou maar werklik Innibos hou. MITS – Die totale direksie summier bedank EN STEVE HOFMYER die fees bywoon as kunstenaar.

Narike ·

En daar gaan die ANC alweer…. Spandeer julle tyd om te probeer regmaak wat julle in 20 jaar afgebreek het en los die feeste uit. Dis immers iets positief in hierdie donker plaasmoord, verkragting, rooftogte, rassisme teen swart SOWEL as wit, korrupsie en Nkandla era. En nog baie meer. Viva Innibos!!!!! Met of sonder Steve…

Nico ·

Ek het geen ooghare vir die bestuur van Innibos nie. En dit gaan nie oor Steve se twiets nie. Ook nie oor Steve nie. Ek is nie ‘n aanhanger nie.

Wat is die verskil of jy die hele Stem sing en of jy twee reels in Afrikaans en twee reels in Engels sing?

Maak die jou minder of meer Afrikaans? Ook verlang jy minder of meer na die ou bedeling?

Maar nee, net omdat sekere politieke korrektes en ander mense dit so wil hê, beduie hulle dit is aanstootlik om die hele Stem te sing?

Ek sê, bestuur van Innibos, kry vir julle.

Piet Pompies ·

Dit kom vir my voor of die samekoms van Afrikaans sprekendes by Feeste ‘n bedreiging vir die regering raak. Ons woon Innibos elke jaar by van sy pienkvoet tyd af en wonder elke jaar hoe die organiseerders dit regkry om elke jaar uitsonderlik maak. Kan nie wag vir Julie maand!

Nicholaas ·

Dit is nou belaglik , ANC so optree oor wat Steve gesing het. Dit is tog deel van ons kultuur , luister gerus na die volle weergawe van die stem. Daar word duidelik in diepte n huldeblyk gebring aan ons pragtige land met al sy wonders wat neerkom op hoe mooi het Die Vader die landskap gemaak en dit is vir die ANC n teerpunt as dit kom by God. Dit is hoekom Godsdiens uit skole gevat is. Zuma en seuns kan sing – bring my masjien geweer en K…. the b,,,r kill the Farm….r. Daarmee is daar niks verkeerd nie!!!! Julle moet wag en kyk , daar kom n paar verrassings nog . Jesus het maar Sy manier om dinge uit te sorteer.

willa ·

En hier gaan die feeste. Komaan Steve roep n dorp en n fees dat ons kan begin vier.

Boerseun ·

En daar ondersteun die anc wraggies vir Steve en sy aanhangers. Seker die eerste keer dat die anc iets positief doen vir die land. Mag die ander wat Steve boikot ook so steun en geld verloor. Hoor ek ‘n hahaha

Dirk Hall ·

Gaan daar regtig die jaar ‘n winter sonder ‘n geraas in Nelspruit wees? Die bestuur is so wit en Afrikaans dat dit eintlik iets is om oor te huil. Dit verteenwoordig glad nie die demografie van die gemeenskap nie. Skande! Hoe swarter hoe beter. Kom Evkom af met daardie krag!

chris ·

Daars-hy Dirk kan nie meer saamstem nie.Ek raak ook moeg en uiters bang vir die afrikanerfees tereur wat enige oomblik gaan ontplof.

Ek sien die DA en Benadie etal verstaan nog steets nie Afrika nie.Mag ek van hulp wees?
Hulle wil alles vat selfs dit wat ons nog in die toekoms wil oprig of aanbied.Dit help nie om jou mense te verloeen nie ,op die einde sit jy met niks, vra maar die ou rubicon oorstekers (al wat vir hulle oor is, is onderhoude met verkramte mense wat wyer om die nodige vra te vra bv wigte teenwigte, eie skole ,reverendum oor die uitslag van die onderhandelinge ensomeer). Behalwe natuurlik ‘n massa-weersin in jou, van beide kante af.Die nuutste slagoffer sal ou Zelda wees en julle kort op haar hakke.
Die beste hulp wat ek kan aanbied seinde julle verkramte lib houding, is om alles te gee wat gevra word,dan ten minste dan, sal julle in een kraal respek kry.

“Benadie het Woensdag gesê Innibos het in die verlede baie moeite gedoen om die fees te diversifiseer en ‘n inklusiewe geleentheid aan te bied.”
Ag doen bietjie meer moeite hierdie baie is nie genoeg nie.Kom ,kom Benadie ek weet jy kan!
Wat van om Zuma te vra vir ‘n paar tradisionele danspassies.Dit behoort te help.Dink man ,dink, daar is baie geleentheid om nou ordentlik te diversifeer.

Afrikaner ·

Goed so lekker, hulle die klomp Libtard idiote het mos vir Steve geboikot…LEKKKERRRR!!!!

Henry ·

En daar kap die blinde sambok toe die Nelspruit fees se organiseerders wat vir Steve verbied het.
Kry vi’ julle, sommer sulke sakke vol!!!
hehehe

John ·

Die sing van ñ lied, hetsy dit Die Stem of Ver in die ou Kahlahari, wat tradisioneel in Afrikaans gesing word, is vir hierdie perre ñ bedreiging. Wat hulle nie besef is dat die verloop van alles al lankal opgeskryf is deur Die Hoër Hand. Hierdie geloofsoortyging van die Afrikaner is iets wat seker slapelose nagte vir hierdie perre besorg. ñ Fees maak nie ñ patriotiese Afrikaner nie. Dit sit in die are.

Nico ·

DeLaRey was ook vir die mense ‘n nagmerrie, want hulle kon hom nie in die FAK opspoor nie, toe dag hulle dis ‘n nuwe bedreiging.

Hehehehehe.

Nico ·

Veronderstel hulle het die wiel ontwerp, of die binnebrandenjin uitgevind.

Gert de Wet ·

Wanneer gaan ons wittes agterkom dat die swart kultuur dit as ‘n swakheid sien as mens kruip en ander terwille is? Die feesorganiseerdes het gedink as hulle die ANC-regering terwille is en hul eie mense (Steve Hofmeyr) verloën en die rug toekeer, sal hulle die ANC se guns wen. Dis juis kontraproduktief! As hulle regtig inklusief was, sou Steve juis welkom wees. Kruip maak jou ‘n swakkeling – dis ‘n “no brainer”.

Adri ·

Dis ongrondwetlik om die nodige dienste van landsburgers te weerhou. Waar het jy nou gesien jy kan net omdat jy die land regeer dink jy kan manipuleer soos jy wil. Dis desperaat. Ek dink dis pure suurdruiwe omdat die fees wat verlede jaar in Cullinan? sou gehou geword het misluk het. Want as jy iets nie kan reël nie kan jy iets nie reël nie!

Tom Theron ·

Dankie ANC, julle help om die Afrikaner weer te herenig. Ons wag in spanning vir OppiPlaas…met Steve en al.

Ek dink ·

Nou kry almal lekker – net omdat Steve nie welkom is nie, maar julle poef op jul eie voorstoep! Plaas dat ons net opstaan en sê ons GAAN die fees dan ondersteun (ongeag wie ookal optree al dan nie) en die ANC wys ons Afrikaanssprekendes SAL die fees aan die gang hou EN KAN SAAMSTAAN. Nou is ons weer kortsigtig en kry lekker – hoe DOM! Regtigwaar mense, julle laat die ANC nou net lekkerkry en doen eintlik dus hul werk vir hulle deurdat so ‘n fees dan stop. Dom, dommer, domste!

fransie ·

“Ek dink” jy het nie verder gedink as gister nie – die Afrikaanssprekende se geskiedenis het al oor en oor bewys dat hulle mekaar in die rug kan steek met die langste skerpste messe – nog NOOIT kon hulle saamstaan nie – moan en kerm en kla ja!! maar saamstaan NEE!!

Ek dink ·

Fransie, dis juis my punt. Ek weet ons sukkel baiekeer om saam te staan en hier is die ideale geleentheid om te wys ons kan, maar ja…hier bewys almal hulle wil nie. Dan begin hulle ‘n ander fees en dan sê iemand iets waarvan sommige nie hou en dan is dit weer ‘n bakleiery en stig hulle seker weer ‘n ANDER fees. So gaat ons aan – die afgrond in al stryende en bakleiende.

chris ·

Ek dink,ek dink ,moet weer dink.
Dit gaan nie oor Steve die mens nie,man.
Dit gaan oor ons kultuur, as jy jou kultuur sien in ‘n mengelmoes van kulture is dit goed so,ek sien dit nie so nie.Taal is slegs ‘n deel van kultuur.Engels word in baie lande as enigste taal gepraat.Val die inwoners van die lande onder een kultuur?Hulle is mos almal Engelssprekend.

Oor jou saamstaan dit is presies besig om hier te gebeur.

Ek dink ·

Chris, nee wat, probeer die hele prentjie sien ou maat. Die ANC lag lekker vir julle…Ek dink ek dink verder as jy.

chris ·

Verstaan ek jou reg, jou hele prentjie is ‘n mengelmoes van Afrikaanssprekendes al verskul die dialekte so dat kaaps al ‘n afsonderlike taal moet wees(gaan lees gerus vir ene tarantaal).Gaan vat sommer die kuktuur wat so mooi kaaps is nl die klopse ook soontoe dalk besef jy iets, net dalk.As dit is soos jy dit verkies, is jy meer as reg,gaan geniet dit dis egter nie vir my nie.
Maar wat nou van die Afrikaanssprekende ANC lede is hulle ook nie welkom nie?Of lag hulle nie saam met die ander ANC lede soos deur jou beskryf nie.Onthou dis die taal wat hier saakmaak al dan nie?

Mooi gedink.

Ek dink ·

Ooo ou Chris bedaar. En leer reg spel ens dan kan jy praat oor taal. Toedeloe, praat nie verder saam met jou want jy weerspreek jouself ook maar goed.

pop ·

Ek is seker erg dom!!! Hoekom mag ons nie die stem sing nie< en feeste he nie. Dis mos ons tradisie. Magtig die swart mense mag hulle fees van die maagde en elke ander ding vier en die president mag dans en sing van n masjien geweer. Dit maak nie sin nie.

fransie ·

Ek weet nie waarvoor die ANC bang is nie – in my opinie en met my eie twee oge gesien is dat die mense wat op die feesterrein is in elk geval so besig om te suip en aan te jaag dat dit wat hulle doen en sê geen impak op die regering kan hê nie – die enigste wat hulle doen is om die naam van die sogenaamde “afrikaanssprekende” in die modder te gooi en as hulle wakker word uit hul besopenheid in elk geval nie onthou wat gebeur het nie – so ANC kry iets anders om oor te moan – dalk die gefuifery en gesuipery maar dan moet almal in die land voor stok gekry word

chris ·

Ek dink

In ‘n hoek, geen antwoord ,nou doen ons persoonlike aanvalle,kan nie spel nie,jy is verkramp,’n randeier,rassis ens.So voorspelbaar van die libs.
Sal seker maar stadiger moet tik alles weer deurlees of dalk ‘n speltoetser moet aanskaf.

“En leer reg spel ens dan kan jy praat oor taal”
Ek sien jy verstaan nog nie.Dit gaan nie vir my oor taal alleen nie maar kultuur.Ek hoop dis nou duidelik.
Se ek kalm aan jou.
Jy is egter welkom om met my te praat(op enige manier) ek is nie liberaal nie en het altyd ‘n oor vir almal, hoe anders kan ons leer of van opinie verander?
Groete

Ai my mense... ·

Nou lees ek weer hier hoe mense aanhoudend mekaar aanval sonder iets sê.Elkeen wil die laaste sê hê en niemand het werklik ‘n punt om te stel nie. Ek sien byvoorbeeld ‘n sekere man wil uitmaak asof iemand anders hom as rassis of randeier of wat ookal sou uitmaak terwyl die persoon bloot gekryf het hy moet let op sy spelling. Dan weer die snaakse antwoord op syne ai… Kultuur behels beslis taal – kultuur word tog IN ‘n taal bedryf, hoe dan anders. Natuurlik kan en moet mens van mekaar verskil maar as jy bitsig antwoord verwag dan dieselfde. Laat dit maar daar, want so kom mens nêrens. Ek verbaas my altyd vir vennynige mense…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.