‘Inperking moet nie SA se nuwe beurtkrag word’

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: DA/Twitter)

Die DA het pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat Suid-Afrika na vlak 1 van die inperking skuif verwelkom, maar sy kommer oor die land se entstofprogram uitgespreek.

Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat daar van ’n aangepaste vlak 3 na ’n verslapte vlak 1 van die inperking geskuif word in die lig van ’n beduidende afname in nuwe Covid-19-gevalle.

“Dit is noodsaaklik dat inperkings nie Suid-Afrika se nuwe beurtkrag word, wat aan en af geskakel en op en af beweeg soos die situasie verander nie. Ons ekonomie kan nie hierdie skommelinge hanteer nie, en meer as enigiets anders benodig sake-eienaars ’n mate van voorspelbaarheid en stabiliteit om vooruit te kan beplan. Geen besigheid kan die onsekerheid oorleef wat die bedreiging van ’n terugkeer na die inperking inhou nie,” het John Steenhuisen, DA-leier, gesê.

As ʼn land moet die enigste fokus nou wees op die implementering van ’n omvattende inentingsprogram en die opbou van die ekonomie. “Ons kan dit nie vervang met vernietigende inperkings nie.”

Die DA het die verligting van die beperkings op alkoholverkope en byeenkomste, asook die verkorting van die aandklokreël verwelkom. Die landwye aandklokreël geld nou van 00:00 tot 04:00 en normale ure vir die verkoop van alkohol geld weer.

“Dit is egter van kritieke belang dat ons ons inentingsprogram vinnig versnel, en dat die regering duidelikheid gee oor waar hierdie entstowwe vandaan kom, in watter hoeveelhede en teen watter tyd. Om klein hoeveelhede, soos 80 000 Johnson & Johnson-entstowwe, in ontvangs te neem is nie die sukses wat die regering dit uitmaak nie.”

Suid-Afrika se tweede besending van die Johnson & Johnson-entstof is Saterdagoggend op die OR Tambo-lughawe afgelaai. (Foto: Twitter)

Volgens Steenhuisen beteken dit niks wanneer Ramaphosa beweer ʼn miljoen entstofdosisse is verseker indien daar geen toegewyde afleweringsdatum is nie.

“Hoewel ons die aankondiging rakende die skuif na vlak 1 verwelkom, moet dit ook gesê word dat dit te laat kom vir duisende besighede en hul werknemers wat hul lewensonderhoud weens hierdie voortdurende beperkings verloor het.

“Sonder die middele om die betrokke ondernemings by te staan, kan die regering se besluit om die hele gasvryheid- en toerismesektor te sluit, nie geregverdig word nie. Hierdie ondernemings is effektief deur die regering gedwing om hul deure te sluit, met byna geen toegang tot finansiële verligting nie.

“Ons enigste doel moet nou wees om te herbou wat hierdie inperking vernietig het,” het Steenhuisen gesê.

Die nuwe afsonderingsregulasies op vlak 1 van die inperking het reeds om middernag in werking getree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christo ·

Endstofprogram???……..watter endstofprogram? 160 000 dosisse uit 55 miljoen. Miskien by die jaar 2085?

Genis ·

Hierdie korrupte ANC is so uit hulle diepte uit… Hulle het grade in korrupsie maar geensins enige ander einskappe om n land te regeer nie

Jaco ·

Wanneer gaan die DA besef dat die ANC-regering se aksies teen Corona seker net 20% teen Corona self is, maar 80% teen wit mense. Daar was al volgende anti-wit goed reeds sedert die begin van inperking:
1. Ramaphosa het gesê inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.
2. Begin van inperking kon wit mense nie eens kospakkies kry nie.
3. Midde in inperking het ramaphosa gesê onteiening van (wit) grond sonder vergoeding is dringend noodsaaklik.
4. Die noodfonds vir sukkelende besighede is NET vir BEE besighede.
5. Kleuterskole, tradisioneel ‘n wit ding, was LANK verbied om oop te maak.
6. Strande was lank gesluit. Weg was wit mense se tradisionele “vakansie by die see”. Wit toeristebesighede aan SA se kus sukkel erg. Dis meer as net “toevallig” dat dié kwaai inperking met die Desember-Januarie vakansie saamgeval het.

Volgende is seker die “derde golf Corona” net voor paasnaweek. So dan ly wit toeristebesighede wéér swaar.

Rentia ·

John, jy en die DA moet eerder julle monde hou, siende dat jy en julle openlik erken dat julle koalisie met die ANC gaan vorm in 2024. Dis dan jou chommies, waarom dan ‘n opinie hê daaroor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.