Insameling vir Dros-slagoffer vorder goed

Die webtuiste waarop die skarefinansiering vir die “Dros-slagoffer” begin is.

Amper R140 000 is reeds danksy skarefinansiering vir die jong slagoffer van die sogenaamde Dros-verkragting ingesamel.

Die sewejarige meisie is na bewering ʼn maand gelede deur ʼn 20-jarige man in die manstoilette van die Dros-restaurant in Silverton in die ooste van Pretoria verkrag. Die vermeende verkragter het op 3 Oktober vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn, waar sy borgtogverhoor tot 1 November uitgestel is.

Besorgde Suid-Afrikaners het ʼn skarefinansieringsprojek op die aanlyn platform BackaBuddy begin, maar gevra hulle wil anoniem bly. Tot dusver kon hulle R137 581,87 insamel, sê Zane Groenewald, woordvoerder van die platform. “Een van die skenkers het selfs R31 000 bygedra.”

Vanweë die sensitiewe aard van die hoëprofielsaak het Catherine du Plooy, BackaBuddy se bedryfshoof, met Kiniel Muthray, woordvoerder van die slagoffer se gesin, in verbinding getree.

“Die gesin probeer nog die skok en liggaamlike en emosionele trauma van die voorval verwerk,” sê Muthray. “In dié baie moeilike tyd wil hulle hul dank betuig aan die skeppers van die veldtog, die span van BackaBuddy en die 193 skenkers wat die saak tot dusver ondersteun het deur skenkings en ondersteuningsboodskappe.”

BackaBuddy bestuur alle geld wat ingesamel word. Dit sal eindelik direk aan die gesin oorbetaal word of aan praktisyns wat hulle benoem om hulle te help met enige behoeftes wat hulle dalk het.

Du Plooy sê die insameling is steeds aan die gang. “Geld wat ons insamel, sal gebruik word om die meisie haar lewe te help herbou en die gesin help met enige moontlike uitgawes in dié tyd van swaarkry.”

Die skeppers van die insameling sê terapie kos ʼn fortuin. “Ons weet dit is dus vir baie mense onbekostigbaar. Maar terselfdertyd kan die gesin die geld na goeddunke gebruik. Ons vertrou die gesin sal die beste weet wat hulle moet doen om hul dogter in dié omstandighede te help. Ons sal beslis nie aan hulle voorskryf nie.”

Hulle sê hulle wil anoniem bly omdat hulle nie “erkenning” uit die veldtog wil kry nie. “Wat belangrik is, is dat ons saamkom as besorgde Suid-Afrikaners en dié jong slagoffer help.”

Lesers wat hul steun aan die sewejarige en haar gesin wil betoon, kan Backabuddy besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Genieve ·

Geld kan niks reg maak nie die punt is die sys geskend en dus net die Here wat haar hierdeer kan dra.

waarheid ·

Wat van al die ander kinderverkragting slagoffers?
Kan hulle ook gehelp word al haal dit nie die hoofstroom nuus nie?
Wat word van hulle?
Waarom haal dit nie hoofstroom nuus nie? Dit is ewe belangrik.

Hoe nou....... ·

Stem 200% saam met jou – wat van al die ander kinder slagoffers – waar is hulle geldjie om te help met riabilitasie en sielkundige kostes. Wat maak die saak so uiters anders?

A ·

Ek stem ook 200% saam daar is BAIE ander kinders wat hier deur al is, waar is hulle hulp. @ Hoe nou…..Ek weet wat maak die saak uiters anders……….sal maar eerder nie sê nie.

Liberalis ·

Want die linkse liberaliste gee nie om nie. Luister na wat die linkse massamedia vir jiu se en moet nie enige vrae vra nie, dis die polities korrekte ding om te doen.

Blompot ·

Vra ek myself nou ook af. Ek voel n effe opstandigheid hier binne my want glo my maar, daai meisietjie se situasie word nou uitgebuit. Dit is baie tragies wat gebeur het maar wat gaan hulle met soveel geld vir een verkragtingslagoffer doen? Daar kan anderes wat glad nie die media haal nie oor dit nie “rasverwant” aandag trek nie wat deur net soveel trauma gaan. REGTIG???

Anoniem ·

Jis hoeveel geld wil hulle nog insamel wil hulle die kind nou n miljoener maak. Geld is nie als nie gee die kind liefde sodat sy weer vertroue kan kry in die mensdom maar nee almal wil net geld gee en elke kwaksalwer staan gereed met sy kamstige sielkundige raad om die geld op te slurp.Leer haar van God, liefde en vergifnis dit kan geld nie koop nie en is baie meer kosbaar

Nel ·

Ongelukkig in n verkragtersaak is dit nie net liefde wat help met rehabilitasiee nie. Ook nie nét God nie. Sy het verseker dit nodig, maar emisionele sielkundige en psigiatriese terapie is ook nodig. Opvolg dokters besoeke vir fisiese skade, bloedtoetse vir HIV ook. Hierdie is n langtermyn proses en nie net n maand of twee se proses nie.

GG ·

Wat van die kinders van die Gruwel huis in springs waaroor MM so aangegaan en ge-raporteer het

charlene ·

Kry eerder ‘n sielkundige om tyd te skenk en gee die geld vir ander kinders wat nood operasies moet ondergaan. Ons kan nie vir alles altyd wil geld insamel nie. samel iemand se tyd in en hou die geld vir ander gevalle. ai mense kom ons begin dink voor ons doen

Liberalis ·

Linkses het so bietjie skuldgevoel dalk want linkses praat mos dwelms soos dagga goed maar dit gaan liberales nie afsit om die liberale agenda van dwelmblootstelling op te gee nie.

Marlene Bothma ·

Dis belaglik wat van al die ander slagoffertjies???
Hoeveel pleegsorg kinders kry skaars n druppel…
Wat van Welsynorganisasies….

Alida ·

Die Springs kinders en klein Poppie se boetie het ook hulp nodig. Ek daag MM om te berig hoe word hulle gehelp en al die ander kinders.

Ver Regse ·

As daardie kind wit was, sou daar nog steeds so n bohaai gemaak word?
Antwoord: Nee.
Sou Dros nog steeds geld ingesamel het?
Antwoord: Nee.

Hanna Hoekom ·

Wat van n fonds vir die boere wat so aangeval en/ of vermoor word? Veral die kinders, met fisiese en emosionele skade, wat agterbly na so n aanval? #BackaBoer

waarheid ·

Vra ek ook Hanna.

Met die Dros -geval gaan dit uit en uit oor sensasie en ras. Dit is so duidelik soos daglig.
Almal weet dit. Vir die ander gevalle – waarvan daar duisende is – voel die skenkers blykbaar ‘n veer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.