Insek in haar Woolworths–noedels

Foto van die insek in die pakkie Woolworths-noedels deur die gebruiker @rory_story op Twitter gelaai

Foto van die insek in die pakkie Woolworths-noedels deur die gebruiker @rory_story op Twitter gelaai

Nóg ʼn Woolworths-klant het laat weet dat sy ʼn dooie insek in ʼn pakkie noedels opgespoor het wat sy by ʼn tak in Gauteng vroeër vandeesmaand gekoop het.

Die gebruiker, @rory_story het ʼn foto van die insek op Twitter gelaai en geskryf: “Padda in jou slaai? Hoe lyk dit met ʼn insek in jou Woolies-noedels?!” Hy het aangedui dat hy dit namens ʼn vriendin op Twitter gelaai het.

Woolworths het Rory dadelik gekontak en die kontakbesonderhede van sy vriendin versoek.

Eyewitness News het met die klant, Dominique Ford, gesels en sy het gesê hulle het die pakkie noedels dadelik weggegooi. Klik hier om meer te lees.

Dirk Steenekamp se foto van ʼn padda wat hy in sy Woolworths-slaai opgespoor het, het wye reaksie op sosiale media uitgelok.

Woolworths het in ʼn verklaring gesê hulle maak spaarsamig van insekdoders gebruik om te verseker dat vars produkte in ʼn gesonde omgewing gekweek word. “ʼn Gesonde plaas is aanloklik vir insekte, paddas, voëls en dit is moontlik dat die padda ongesiens verby ons gehaltebeheer gegaan het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adam Willemse ·

‘n Paddatjie, en nou ‘n insek? Het hulle nie ‘n paar maande gelede begin wegdoen met blanke personeel nie?

Drieks ·

“Dalk ook BEE probleem”. Ander groot groep koop groente en vrugte van BEE plase af en ons betaal duur vir swak produkte en soms het hul ni produkte in voorraad nie.

2Roedolf1 ·

Ai julle stadjapies ,het julle vergeet hoe werk n spitvurk skuif die blomme eenkant toe en plant jou eie groente .dit het meer voedings waarde as blomme en kan ook in blombakke groei .daar word so baie spandeer aan blom tuine en grasperke en dan wil julle kla oor kos pryse .hou op om die winkels ryk te maak

kellies ·

SY het nog n insek in n pakkie noodels “opgespoor”. Was sy dan uit op n verwoede soektog of het sy hom net perongeluk gesien??

Jakes ·

Kellies – ek stem! “Opgemerk” is die woord wat hulle liewer moes gebruik.

Manney ·

As ek daai stoofplaat so kyk, wonder ek nagal of daai gogga dalk nie dáár in die pakkie ingeglip het nie….

Peter Says ·

Manney, geneig om met jou saam te stem…maar ek vertrou ook nie die worths manne nie.

Elizabeth ·

Manney – NET so. Dit klink vir my alte veel asof hier mense is wat ‘n ding teen Woolies het! Hoe sal ons weet of dit nie “geplant” is nie? So groot gogga sou mens mos DADELIK sommer in die winkel nog kon raaksien! Klink verdag vir my…

Sollie ·

Ek stem – die paddatjie ook – dis mos taamlik groot en MOES deur die plastiek kon gesien wees toe dit gekoop is. Klink regtig soos ‘n “set-up”!

Patat ·

Weet julle wat? Julle eet daagliks kos wat vol goggas is. Dink julle nou regtig die ingemaakte kosse met souse en mince is skoon? Hoeveel sweet en snot dink julle val in die patties, pasteie en ander kosse? Jou mieliemeel het baie fyngemaalde goggas in.

Lekker smaaklike vars groente elke dag uit my tuin uit. Eie gemaalde mieliemeel….
Girl nog vir die koekmeel, maar ek is sterk op pad na my koekmeel ook.

Sollie ·

EEEuw Patat! Nee man haha! Nee wat dis nie so erg nie regtig, daar is taamlik streng standaarde by meeste plekke hoor. Moet darem sê ons kweek al ons eie groente – dit smaak tonne beter as winkelgoed en dis vars uti die tuin en op die tafel.

Nina ·

Mense besef nie regtig HOE vuil kosplekke is nie. Ek is amper dood agv Griekse slaai wat ek gereeld by ‘n plek gekoop het! Het opgeeindig in die hospitaal, breinoperasie, my hart het twee keer gaan staan. Ek was 23 jaar oud! Abses op my brein is verwyder en getoets. Dit was agv van SLAAIBLARE wat nie gewas is nie. Daai wurmpie wat mens soms in die slaaikop kry! My neuoroloog was stomgeslaan en het my geval sommer vir ‘n lesing gebruik. Maak nie saak waar julle koop of eet nie, kyk deur jou kos! En as jy ‘n ‘garnish’ bykry, sny dit fyn, gooi dit vol sous, solank dit nie weer gebruik kan word nie. ;)

Sollie ·

Nina, dis waar, mens moet nie net slaai was nie, maar sout in die water gooi om enige moontlike goggas te dood. Ja, dan is jou slaai bietjie pap maar gooi ys by dieselfde water of sorg dat jy lank voor ete jou slaai was en in yskas bêre sodat dit weer krakerig is. Daar is nou sommer ‘n tippie van ouma Sollie (huishoudkunde 101!). Maar ja, baie plekke is vuil, dis verseker maar regtig darem nie almal nie hoor. Meeste goei plekke het nog streng standaarde, want as ‘n klant siek word van kos by jou geëet kan jy mos klandisie so verloor.

Mense moet egter onthou dat Woolworths hul verskaffers vertrou en ek sê steeds hierdie klink vi rmy bietjie te dik vir ‘n daalder – sulke groot goggas en geot een jy het dit nie gesien toe jy die produk gekoop het nie?? Ek sluk moeilik aan daardie ene!

Lin ·

@ Manney , genugtig dis sleg OM mense so in die gesig TE vat !! Zoom jy en Peter op die plaat in , Dit is skoon , die merke Kom Juis van skoonmaak met staalwol, dis omdat DIT ‘n ou tipe stoof is.Ek koop OOK by Woolies, en Ons betaal Juis BAIE vir vars produkte, EK WEET ook NIE MEER WAAR volgende Nie , ek dink die persoon hierbo met JOU eie groentetuin is nog sover die beste idee !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.