Insette versoek oor onteiening sonder vergoeding

Argieffoto

Diegene wat geskrewe insette wil lewer oor grondonteiening sonder vergoeding, het nou die geleentheid om dit te doen.

Dié insette moet ingedien word by die gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee, wat saamgestel is om artikel 25 en ander nodige artikels te hersien, sodat die staat grondonteiening in openbare belang kan toepas sonder vergoeding.

Die komitee het in ʼn verklaring gesê dié versoek wys die omvang waartoe die wetgewers die proses wil hanteer, in die lig van aansienlike teenstand, nadat die Nasionale Vergadering vroeër vanjaar grondonteiening sonder vergoeding goedgekeur het.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ʼn debat oor die mosie gelei en die ANC het dit gewysig voor dit uiteindelik in die Nasionale Vergadering aanvaar is. Die EFF het in sy mosie aangevoer die Nasionale Vergadering moet, kragtens reël 253, ʼn ad hoc-komitee aanstel om artikel 25 van die Grondwet te hersien en wysig om onteiening sonder vergoeding, in openbare belang, moontlik te maak.

Die mosie is aanvaar ná ʼn wet waar 241 LP’s ten gunste van die mosie gestem het en 83 LP’s wat daarteen gekant was.

Die grondwetlike hersieningskomitee moet voor 30 Augustus 2018 terugvoer gee aan die Nasionale Vergadering.

“Die Nasionale Vergadering, tesame met die Nasionale Raad van Provinsies, het die grondwetlike hersieningskomitee die mandaat gegee om die nodige grondwetlike wysigings voor te stel waar nodig,” het Vincent Smith, voorsitter van die hersieningskomitee, gesê.

“As deel van die grondwetlike verpligting om die openbare deelname te fasiliteer, nooi die komitee alle belanghebbendes om skriftelik insette te lewer oor die behoefte aan meganismes om grond sonder vergoeding te onteien. Dui asseblief ook, saam met die geskrewe insette, of jy belangstel om mondelings ʼn voorlegging aan die komitee te lewer,” het Smith bygevoeg.

Diegene wat insette wil lewer, moet dit voor 31 Mei 2018 doen.

Navrae en geskrewe insette kan gerig word aan:
Me Pat Jayiya
Committee Section
Posbus 15
Kaapstad
8000

E-pos:[email protected]
Tel.: (021) 403-3661
Faks: 086 465 0678
Sel: 081 441 0345

Handgeskrewe insette kan by W/S 091, 3e Vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad, ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Penellope Jones ·

As mense nie hul insette gaan lewer, betyds, nie, dan is daar geen been om op te staan nie,
so gebruik die geleentheid!

Boerseun ·

Verduidelik hoe die 5% wat grond besit die 95% wat dit wil vat gaan oortuig? dis n kangaroo kommisie , enigste inset is enige onteiening sonder vergoeding is diefstal. Hou op probeer paai

Paar goeie argumente ·

Osn moet die volgende belangrike punte noem:
1) Die oorspronklike inwoners van Suidelike Afrika was die koisan daarom moet swartmense se grond ook op gelyke skaal as witmense se grond wees.
2) Historiese grondooreenkomste het ook betaling en ander ruilvoordele ingesluit, dit was nie noodwendig net gevat nie. In onlangser geskiedenis toe tuislande geskep was, het baie blankes en swartmense bloot grond ‘uitgeruil’, en swart groepe het dikwels selfs meer of beter grond gekry as waar hul oorspronklik van verskuif was.
3) Gee eers grond wat reeds deur staat gekoop was vannaf blanke boere, se volle eienaarskap aan swartmense…die staat moet nie bly vasklou aan eienaarskap van daadie plase nie, en ander staatsgrond soos munisipale grond ens moet eers oorgedra word voor daar aan enige privaatgrondonteiening eers gedink word.
4) Geen onteiening SONDER VERGOEDING NIE, dit is slegs moeilikheid aanstook en oneties, onmenslik. Bloot moet daar vir betaling begroot word, en dan gee julle vergoeding.

jaco ·

As ek ‘n inset lewer, trace hulle my op my naam en Emailadres en onteien my eerste.

ferdi ·

Lat hulle wie dit okal is di grond watter grond dit okal is vat so veel soos hul wil dit maak my siek

John ·

Moenie grawe soos in die foto (selfs nie nuwer uitgawes) saam e-pos nie, want die idee van die staat is nie om soiets ooit te wil gebruik nie. Die plan is eerder om ‘n lewe soos die’ van die verniet-gebore-, verniet-geskoolde- en nou @verniet-studeer-studente wat so lekker verniet-alles, te genereer vir die vernietopdiesonstoepsitters van die toekoms toe al die verniet uiteindelik werklikheid geword het en al die studies toe pure verniet blyk te gewees het en nou verniet op beter dae wag… Dis toe dat die gedagte in daai vernietafwagtendes se gedagtes opgedwarrel het: Die hoop wat toe pure verniet was, nl die wag dat die eens-flukse eienaars weer opdaag om verniet die lande, dis nou met bogemelde item, kom skoffel en om die verniet-graan met die verniet-planter verniet te plant en… Dis ook ‘n verniet-feit soos ‘n verniet-koei: Niks kom ooit verniet uit verniet nie…

Veritas ·

Mooi saamgevat John. Ek wil ook baie graag alles verniet hê maar niemand wil gee nie. Die winkeleienaar se verskoning is dat hy sy personeel moet betaal. So ook die motorverkoopsman, eiendomsagent, dokter ens. As niemand hoef te betaal nie hoef niemand mos te werk nie. Wat ‘n lekker lewe. Snaaks dat al die slimgeleerde manne nog nie daaraan kon dink nie.

Wanda ·

Nou wat stel jy voor lbs wat se n mens in die geval……ek kan rerig aan niks dibk om n voorstel te maak nie

De Villiers ·

Wanda, daar is baie redes. Dink net wat jou bloeddruk opjaag as die EFF en ANC hierdie kwessie ophaal om o.a. jou eiendom te wil afvat sonder vergoeding, en jy sal aan ‘n paar antwoorde kom. Soos bv. watse bewys het hulle dat grond onregmatig van hulle afgeneem is in die verlede. Watter boer het grond verniet gekry (ons praat nie van erf nie). Hoekom is die Transvaal Landbou Unie se R100 000-uitdaging aan die een wat kan bewys dat boere grond onregmatig bekom het in die verlede, nog nie opgeëis nie? Dis ook onwettig en teen internasionale reëls om onregmatig grondonteiening toe te pas, en dit nog sonder vergoeding ook. Het dit enigsins betrekking op grond wat reeds in swart besit is, want indien nie, is dit blatante rassisme en eensydig. En so kan ek aangaan ….

Gerrit ·

Gaan ons ook insette kan lewer as die regering die wet oor moord verander solank dit net n witman is wat vermoor word, hierdie is diefstal net soos BEE diefstal was van eiendom die hele beskaafde wereld gebruik n sisteem om minderhede te beskerm in sa is dit om die meerderheid te beskerm teen die minderheid .Ek vra gaan ons dit aanvaar of gaan ons uit protes die volgende internasionale rugby wedstryd boikot met n leë pawiljoen sodat australië kan sien hulle mors nie hulle tyd om te betoog in Perth vir ons regte nie.

Conrad ·

Totale verdrukking en diefstal deur n regering waarvoor ons belasting voor moet betaal.

Mariekie ·

Dit is soos die mosies by die parlement goed of sleg een party besluit oor ons toekoms wat is die verskil tussen wat nou met wit mense in sa gebeur en apartheid ??

t ·

Die besluit is reeds geneem. Enige debatte is slegs ingestel om ons te laat DINK ons het deelgeneem aan die proses. Dis hoe kommuniste te werk gaan. CR se padda verhaal, onthou julle?

Penellope Jones ·

Dien insette in mense.
As dit nie gedoen word nie, is daar geen been om op te staan nie.

CHRISTA ·

NOU moet die Koisan na vore kom en AL hierdie groot bekke die pad wys – Mal-ema ingesluit!! Hulle is NET sulke kolonialiste soos wat die Europeers is!! NET die Koisan en hulle nasate het dan reg op hierdie land en sy grond!!!

Robby ·

Daar is wel ʼn oplossing vir die probleem. As ons kyk na namibië toe hulle onafhanklik geraak het. Toe is al hulle probleme opgelos. Hoekom raak die wes kaap nie onafhanklik nie. Apart van die hele Suid afrika. Dan kan die mense wat nie in die wes kaapse onafhanklikheid wil bly nie , kan dan in die groot Suid afrika bly . As die wes kaap onafhanklik raak sal daar ook meer stabiliteit en wet en orde gehandhaaf word. Namibië is regtig ʼn fantastiese plek om te bly.

Wonder maar net ·

Ek wonder maar net:
Wil hulle lappies grond tussen Rooi en Wit “danger tape” uitdeel? Geen dienste geen paaie.
Geen beplanning. Plakkerskampe op enige oop stuk grond tussen Woonbuurte en Industriele Areas.
Hoe gaan daar boek gehou word van wie bly waar?
Die huidige Suid Afrikaanse Titelakte Stelsel met betroubare opmeting en kartering is die beste ter wêreld.
Nou gee hulle vir almal êrens ‘n lappie grond ingeprop tussen die goed beplande dorpsgebiede. Hoe gemaak as ‘n Lappie land eienaar wil trek ..Wie kry sy lappie grond en en hoe kry hy nou weer ‘n lappie in die ander dorp?
Ek kry die indruk dat Ramaphosa en sy mense die idee het dat jy oornag skatryk is sodra jy grond het. Jy kan nie grond eet nie. Die mense wil ‘n lappie grond hê om nie huur of erf belasting te betaal nie, Dis al!!
Verder wil die EFF al hulle mense nou skielik laat boer!! Almal moet mielies en groente plant. Hoekom nie skole en opleidings sentrums bou nie. Almal kan nie boer nie. Boerdery het geld, kennis en vernuf nodig.
Ek wonder of die EFF grootbekke sal toelaat dat iemand op hulle grond kom plakkershutte oprig?

DINK HIEROOR ·

Die aktiviste skreeu dat die Blankes 80% van eiendom, 80% van die besighede ens. besit.
So die blankes betaal dus 80% van die belasting ook. Belasting wat hulle salarisse, grants en RDP huise betaal.
Ek stem saam met Robby. Die blankes was VOOR die inheemse Afrika stamme in die Weskaap. Laat ons dan deel met die 14 Koi San mense wat nog oor is. Gee die EFF en Ramaphose dan die res. Ons vat ons geld en almal trek Kaap toe.

Jou kans ·

Hier is jou kans om eg demokraties aan jou eie ondergang deel te neem!!!

Ben ·

Let op die bewoording. Jy kan deelneem om die meganismes te bespreek, maar nie die onderwerp self nie—so asof dit reeds ‘n uitgemaakte saak is. Soos “Jou Kans” sê, kan jy demokraties deelneem aan jou eie ondergang.

mariaan ·

Gaan die regering ons huis verbande se skuld ook saam met eiendom vat?

mariaan ·

Gee my jou idnr dan dra ek my plaas se uistaande verband oor op jou naam Malema

Gerrit ·

Wat jet die anc regering aangepak wat gewerk het na 1994
Polisie. Totaal verval
Hospitale . Doodstraf geword.
Tol paaie. Gefaal
Onderwys .swakste in wereld
Weermag .Totaal verval
Daar is niks wat verbeter het nie disipline is afgebreek in alle departemente korupsie en diefstal is al wat goed op dreef gekom het na 94.

Elvira ·

Die heilige waarheid. En vir die regering is dit gladnie n probleem nie.

Msp ·

So sal dit aangaan tot alle blankes in Suid Afrika niks meer besit nie. Hoop net nie dat die boere hul trekkersleutels aan malema se volgelinge gaan oor handig nie. Maak plat voor hul vat.

Paul ·

Hier is my geskrewe antwoord: Die regering het nie ‘n oplossing vir die werkloosheid nie, armoede, het nie die kennis hoe om die land te bestuur om die ekonomie aan die gang te kry nie. Hulle weet nie dat mens moet begin deur die probleem aan te spreek nie. Hulle plak pleisters op, intussen vrot die seer en raak die agteruitgang al erger. O ja, en buiten eienaarskap bly daar nie veel oor vir die regering om op te neuk nie.

Paul ·

Wat ‘n vreesaanjaende gedagte, die NP was 48 jaar aan die bewind, die ANC is nou maar 24 jaar aan die bewind.

Vermeendes ·

Ek wens ons mense wil net hulle oë oop maak, net deur deel te neem in die insette gee jy ligemieteit aan die proses en onderwerp jy jou ook aan die uitkoms, 55 mijoen wil dit he en 3 mijoen nie, raai wie gaan wen.

Lené Heymans ·

Eerstens is die onteiening sonder vergoeding onwetting in internasionale wetgewing en tas die mense regte aan van diegene wat dan onteien word sonder vergoeding. Enige persoon het die reg tot privaat eienaarskap van eiendom. Tweedens indien persone onteien word wat kan hulle doen om weer dan ‘n lewe vir hulself te begin as hulle bates van hulle ontneem word.
Derdens die staat is verantwoordelik vir die meerderheid ongeletterte arm populasie en moet aanspreeklik gehou word. Die mense kry swaar omdat die befondsing en die belasting geld van die burgers van hierdie land gebruik word om spandabelrige funksies te hou en geld raak weg en nou kan die staat nie die werk wat hulle oorspronklik veronderstel was om te doen met die fondse doen nie en dit is om die armes op te hef! Hulle wag al hoe lank vir huise wat net eenvoudig nie gebou word nie. Die geld was daar ….maar agv korrupsie en staatkaping kan jy nie jou burgers verantwoordelik hou vir jou wanbestuur nie.
Vierdens is daar baie staatsgrond wat onderonwikkeld is wat herverdeel kan word en ontwikkel kan word asook die tuislande wat ontwikkel kan word. Deur wetgewing te verander om die reg van besit van eiendom weg te neem sal dit internasionale beleggings swak beïnvloed asook voedsel sekerheid.
Mens kan nie eiendom van een burger vat en vir ‘n ander burger gee sonder dat die eienaar nie gekompenseer word nie. Titel akte is bewyse van hoe grond bekom is!

Paul ·

En die ANC vee hul agterent daaraan af, a la Lesufie, storm net voort, al moet hulle hulself in die grond in boor.

Reguit ·

Daar is net een logiese inset wat ‘n mens kan gee en dit is “NEE”.

Reguit ·

Wie hier het al vir ‘n rower “insette” gegee oor hoe hy jou besittings moet vat? En wie gaan so iets doen? Idiote?

JD ·

Ek wil graag weet wie gaan die insette lees hulle sal dit nie eers lees nie.Wil graag weet al die ou tuisland grond wat uitgesit is vir tuislande en die aangekoopte grond deur die vorige regering soos byv.Lebowa,kwa-Ndebele e.n.s behoort aan die staat behalwe die koning van die Zoeloes se grond wat oorgedra is deur NP dit beslaan miljoene hektare en die Townships stede soos Soweto wat meeste aan Munisipaliteite behoort Hoe is dit moontlik dat ongeveer 4miljoen wittes die meerderheid grond inSA BESIT teen 50+miljoen anders kleuriges.Kan daar nie n behoorlike opname gedoen word nie.

Jannie ·

Ek het my eerste eiendom in 1996 wettig gekoop, dit is twee jaar na die ANC oorgeneem het. Niemand het my meegedeel dat daar enige eis of iets dergliks op die grond is nie.
So volgens my is ek wettig in besit van my grond en volgens my maak dit ook nie saak watter velkleur watse persentasie van die land se grond besit nie solank die persoon dit wettig gekoop het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.