Insluiting van plaasmoorde in misdaadstatistieke verwelkom

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die insluiting van plaasmoorde onder die opskrif “Geweld op plase en hoewes” in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 2018/2019-misdaadstatistieke verwelkom.

Terselfdertyd het die organisasie ’n beroep op die SAPD gedoen om ’n meer gedetailleerde afdeling van sowel plaasaanvalle as plaasmoorde in sy toekomstige statistieke in te sluit om erkenning aan die impak daarvan op plattelandse gemeenskappe te gee.

“Hoewel ons begrip daarvoor het dat die statistiekverslag oor die algemeen slegte nuus is vir Suid-Afrika en sy burgers, voel ons dat slegs een skyfie oor 47 plaasmoorde en 36 ander gevalle wat met plaasgeweld verband hou nie die ware omvang en impak weerspieël van die 418 plaasaanvalle en 48 moorde wat AfriForum oor dieselfde tydperk aangeteken het nie,” sê Guido Urlings, inligtingsbestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Hoewel die aantal plaasaanvalle steeds skrikwekkend hoog is, is AfriForum dankbaar dat plaasmoorde – hetsy 47 of 48 vir die afgelope finansiële jaar – ’n laagtepunt sedert 1994 bereik het.

“Ons glo dat baie boere en plattelandse gemeenskappe nou ’n vlak van paraatheid en organisasievermoë bereik het wat hulle in staat stel om aanvallers doeltreffend af te weer of moontlike aanvallers af te skrik,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum. “Ons sien al meer berigte oor boere, plaaswerkers en ander wat hulself suksesvol teen wrede aanvallers verdedig het, of dié aanvallers baie gou ná die aanval aangekeer het. Ons moedig alle boere, hul gesinne en werkers, asook plattelandse gemeenskappe aan om plaas- of buurtwagte te stig en die aantal aanvalle en veral moorde verder te verminder.”

Boere en ander mense wat daarin belangstel om ’n plaas- of buurtwag in hul omgewings te stig, kan AfriForum se gemeenskapsake-afdeling per e-pos by [email protected] kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frik ·

Sal jul asb net ook sorg dat die korrekte statistieke aan die groot klok gehang word, want die regering en sy napraters sal dit manipuleer tot hul voordeel.

Ig ·

En nogsteeds is daar geen sprake van Doodstraf nie! Ons regering neem die statistieke obviously nie ernstig op nie anders sou hulle iets daaraan gedoen het. Hulle wag seker dat die statistieke vanself afkom sodat hulle verder rustig kan slaap. I rest my case, arme slagoffers en hulle families

TN ·

Die doodstraf dien geen doel nie en skep eerde ‘n klimaat van gewettigde moord . Die enigste moontlike voordeel is dat ons dan nie vir sulke gemors gratis huisvesting sal voorsien nie . Vir die moordenaars wat jy wil afskrik sal dit presies nul effek hê maar vir moordenaars soos Oscar en Rohde sou dit dalk ‘n afskrikmiddel gewees het .

Vlokkie ·

Nee Rubber, dit is nie plaasmoorde nie, dis ‘geweld’.

kolla ·

So die wit volksmoord-storie was toe al die tyd net bangmaak praatjies.

Chris ·

Dit kom voor asof baie die plaasmoordsyfers aanhaal soos dit hul argument pas. Word die moordsyfer deur die aantal boere (alle bevolkingsgroepe), of slegs “wit” boere, of alle plaasbewoners, en word hoewes ook onder die kategorie getel, ens.? Dit maak n baie groot verskil. Sal graag wil hoor by die wat die syfers aanhaal ter stawing van die argument van “white genocide” op plase?
Moet asseblief nie verkeerd verstaan wat hiermee bedoel word nie. Plaasmoorde en aanvalle moet ten sterkste veroordeel word em daar moet genadeloos teen oortreders opgetree word. Afgelope tyd veral is bejaardes wreed aangeval en vermoor.

sweis ·

Plaas aanvalle moet deur die boere self bekamp en verhoed word die polisie gaan/kan nie help nie ,die boere moet hulself bemagtig deur hulself te bewapen en die nodige veiligheidsmaatreëls daar te stel om hulle plase te beveilig.

Julie Jansen van Rensburg ·

Sweis, ek is seker daarvan dat meeste boere alles in hulle vermoë doen om hulleself en hulle werkers te beveilig – maar ons weet dat die aanvallers ook “gesofistikeerd” genoeg is om elektriese omheinings, alarms ens. te omseil – ons lees elke wan en dan dat ten spyte van alle beveiligings-pogings deur meeste boere nogtans die boosdoeners nie keer nie.

jz ·

Maar as as n persoon hom selfverdedig en die wat hom aanval dood word hy dadelik aangeklae vir moord.

A ·

@ MM/Solidariteit/Afriforum, hoe vorder gesprekke en vergaderings met ander lande wat julle besoek het om bewusmaking te skep vir plaasmoorde/geweld ens in SA?
Gaan iets daadwerkliks gebeur?

John ·

Met 21 000 moorde in een jaar is daar 21 000 moordenaars in omloop. Hoeveel word vervolg? Of word net hier en daar geskraap want ons tronke loop reeds oor. Die polisie ly reeds aan bomskok met afgekapte hande: Doen iets, maar moenie optree nie. Die skreeuende volk in die strate moet tot inkeer kom. Selfs ons vorige immer-groen prez was vervolg vir verkragting… en hoe het die storie verloop?

Chris ·

In SA word effens meer as 20% van moorde opgelos. Wat dit nog meer skokkend maak is dat die 20% sukses grootliks “maklike” sake is – familie,ens. Kanse dat sulkes weer sal moor is skraal teenoor die wat moor om te roof of te voorkom dat hy agterna uitgewys word. Slaan gerus die syfers na van moorde wat opgelos word in ander lande

sweis ·

@JZ die soort dinge wat jy sê is verkeerd die wet sê jy mag n aanvaller skiet as jou lewe in onmidelike gevaar is of die lewe van n ander ,hou by hierdie goue reël en jy kan nie vervolg word nie

Hendrik ·

Plaasmoorde is alleen af omdat boere meer paraat is. Plaasaanvalle sou n goeie maatstaf wees om te sien wat gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.