Inspekteer nóú alle kragtorings in Tshwane

(Foto: Verskaf)

Die VF Plus dring daarop aan dat die Tshwane-metro se departement vir elektriese dienste alle kragmaste in die metrogebied inspekteer om nog ʼn massiewe kragonderbreking, soos wat die afgelope paar dae in Pretoria ondervind word, te voorkom.

Sewe kragtorings het Sondagaand tydens ʼn storm meegegee en op die N4-hoofweg in Pretoria geval. Dit het groot dele van die stad sonder krag gelaat.

Maroela Media het vroeër berig die voorval is vermoedelik die gevolg van herhaalde plundering en vandalisme. Die torings is volgens die Tshwane-metro deur vandale beskadig wat onder meer staal van die strukture af gesteel het.

Alhoewel krag na verskeie woonbuurte reeds herstel is, is daar tans nog sowat 21 buurte wat in die donker sit.

“ ʼn Ramp soos hierdie, tesame met beurtkrag, is verwoestend vir die metro se ekonomie en vir inwoners wat groot skade gely het,” sê Awie Erasmus, VF Plus-raadslid by die Tshwane-metro.

“Dit mag nie weer gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC-leiers het by sy ondersteuners ‘n kultuur van burgerlike ongehoorsaamheid gevestig. So, “the chickens have returned home to roost (lawlessness)”. Tragies maar waar. Suid-Afrika sal eers weer voorspoed begin beleef wanneer die ANC/EFF struggle veterane en hul agtereenvolgende twee generasoes nakomelinge uitgesterf het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Awie, die land is in ‘n vervalle staat. En dit gaan erger word.

domheks ·

Niemand in die land gee meer om vir die vandale wat die land oorheers nie. CR sal hulle binnekort ‘n pos in die parlement gee – hulle weet hoe om te plunder!

SjN ·

Is en was dit nie deel van die eskom spanne lynwerkers se pligte om gereeld te inspekteur en in stand te hou nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Selfs helikopters is daarvoor gebruik…

Bulkalf ·

Stuur tog net n baie groot, bekwame, gewapen en gepanserde private groep saam vir veiligheid.

Di ·

Al die plundering, moord, verkragtings en transito rooftogte kan net voor die deur van die korrupte ANC gele word! Kriminele en onwettige immigrante het meer regte as ons landsburgers. Hierdie tipe gedrag is nie plundering nie maar “TERRORISME” en moet sodanig hanteer woord.

marius ·

Dis maar net die begin. Hierdie hool gaan Zimbabwe soos ‘n kleuter partytjie laat lyk .

Errol ·

Hulle moet eintlik alle kragmaste in die land inspekteer want kriminele beskadig hulle orals.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.