Inspekteur vas oor omkoopgeld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Munisipale geboueinspekteur is Vrydag in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld geëis het.

“Die man wou R5 000 hê om sy goedkeuring te gee dat huise in Mamelodi-Oos beset mag word,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Die Valke het saam met die Tshwane munisipaliteit gewerk om die man se inhegtenisname te verseker.

Die inspekteur het glo die goedkeuringsertifikaat al vir ʼn maand lank vertraag wat die kontrakteur, wat die huise gebou het, benodig. Hy het glo R5 000 vir dié goedkeuringsertifikaat geëis.

Hy sal na verwagting Maandag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.