Instandhouding afgehandel by Lesotho-Hoogland-waterprojek

Die Katsedam met inlaattoring (Foto: Beest – eie werk via Wikimedia Commons)

Instandhoudingswerk en inspeksie aan die tonnel by die Lesotho-Hoogland-waterprojek (LHWP) is afgehandel en water sal van Woensdag reeds deur die tonnel begin vloei.

Watertoevoer na die tonnel is aan die begin van Oktober toegedraai.

Die departement van water en sanitasie het in ʼn verklaring gesê alle herstelwerk en die installasie van toerusting is afgehandel en baan die weg dat water vanaf 1 Desember van Lesotho oorgedra kan word.

Geen water kon na die Vaalrivierstelsel oorgedra word terwyl die tonnel gedreineer is nie.

Die LHWP verskaf bykomende waterhulpbronne in die Vaalrivierstelsel wat water verskaf aan Rand Water, Sasol, Eskom en ʼn groot getal kleiner verbruikers.

Verbruikers word versoek om met die departement saam te werk en spaarsamig water te verbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dafer ·

Ons kan maar net hoop dat die standaard van die werk goed genoeg was, anders gaan ons met eskom-breakdowns sit!

Ekke ·

Dis Lesotho nie suid afrika nie selfs daar gaan dit beter as hier

SjN ·

MM, die toneel is afgehandel volgens berig, hoeveel geld het dit nie gekos n paar jaar gelede om geroeste sluis oop te kry agv nalatigheid van instandhouding nie? Sal graag beriggewing wil sien.

charmaine ·

Kan die boere nie ook bietjie water van daar af kry nie?

Kandas ·

Die Katse dam is net 16% vol….. Dis baie droog op die oomblik in Lesotho en ook in die Drakensberg hier in KZN. En dit is die watermandjie van SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.