Instandhoudingswerk en inspeksie aan die tonnel by die Lesotho-Hoogland-waterprojek (LHWP) is afgehandel en water sal van Woensdag reeds deur die tonnel begin vloei.
Watertoevoer na die tonnel is aan die begin van Oktober toegedraai.
Die departement van water en sanitasie het in ʼn verklaring gesê alle herstelwerk en die installasie van toerusting is afgehandel en baan die weg dat water vanaf 1 Desember van Lesotho oorgedra kan word.
Geen water kon na die Vaalrivierstelsel oorgedra word terwyl die tonnel gedreineer is nie.
Die LHWP verskaf bykomende waterhulpbronne in die Vaalrivierstelsel wat water verskaf aan Rand Water, Sasol, Eskom en ʼn groot getal kleiner verbruikers.
Verbruikers word versoek om met die departement saam te werk en spaarsamig water te verbruik.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ons kan maar net hoop dat die standaard van die werk goed genoeg was, anders gaan ons met eskom-breakdowns sit!
BBBEE bestaan nie in Lesotho nie……
Toneel? Is dit nie dalk tonnel nie MM?
MM, die toneel is afgehandel volgens berig, hoeveel geld het dit nie gekos n paar jaar gelede om geroeste sluis oop te kry agv nalatigheid van instandhouding nie? Sal graag beriggewing wil sien.
Kan die boere nie ook bietjie water van daar af kry nie?