Instansies vra langer kraamverlof

Argieffoto

Argieffoto

Vakbonde en nieregeringsorganisasies het versoek dat kraamverlof vir vroue tot 11 maande verleng sal word, het The Times Dinsdag berig.

Die vakbonde en organisasies het onlangs tydens ʼn konferensie teenstrydighede in die wetgewing en bedingingsooreenkomste opgemerk wat daartoe lei dat vroue voel hulle word “gestraf” indien hulle kinders kry, het die koerant berig.

Sharone Daniels, die voorsitter van die Cosatu-geslagsforum, het gesê dit wil voorkom of die huidige wetgewing geskryf is sonder om vroue in die werkplek in ag te neem. “Die verwagting was dat vroue swanger en vasgeketting voor ʼn stoof moet wees,” het Daniels gesê. “Die wet moet verander om vroue te akkommodeer.”

Talle persone by die konferensie is van mening dat die bestaande vier maande lange kraamverlof wat aan moeders toegestaan word, hopeloos te min is om ʼn band met hul pasgebore baba te vorm.

Pietman Roos, senior beleidskonsultant van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, het egter gewaarsku dat dit ʼn risiko vir maatskappye sal wees om vroue aan te stel indien kraamverlof verleng word. “Dit is ‘n koste-faktor,” het Roos gesê. “Uiteindelik sal dit die kanse vir vroue om ʼn werk te kry, beïnvloed.”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anon ·

Genade! Dan gaan die vroue nooit werk nie, maar n salaris ontvang. Nou die dag toe die pa’s ook vra vir verlengde kraamverlof is hulle gestening. As ek mense moet aanstel sal ek beslis geen vrou aanstel nie. Wat wil hulle doen, werk of teel? Bly dan by die huis sodat die wat wil werk die werk kry.

Griet ·

Betaalde Kraamverlof is die werkgewer se keuse. Die instansie waarvoor ek werk, staan wel kraamverlof toe, maar dit is onbetaald. Die vroue moet self eis van werkloosheidsversekering.

Staatsdiens amptenare kry ook 4 maande kraamverlof, betaald, maar die vroue ontvang nie vir 4 maande hulle VOLLE salaris nie. Instansies soos SASOL gee ses maande betaalde kraamverlof, maar die vroue ontvang nie hulle volle salaris vir die ses maande nie, slegs ‘n gedeelte.

Ek stem 100% saam 11 maand kraamverlof is belaglik as dit betaald sou wees. ‘n Opsie is dat kraamverlof in ALLE gevalle deur wetgewing onbetaald gemaak word, maak nie saak hoe lank die persoon kies om op kraamverlof te gaan nie.

Die meeste maatskappye neem kontrakwerkers indiens vir die tyd wat ‘n persoon op kraamverlof is, dus behoort produksie nie te veel geraak te word nie, mits die personeel wat tydelik aangestel word, kundig en opgelei is. Ek weet van gevalle waar die kontrakwerker soveel beter diens gelewer het,dat die werkgewer ver kies het dat die persoon wat die pos beklee, nie terugkeer van kraamverlof!

Ek stem nogals saam met Trippie, kies om familie te bou of hou by die bestaande wetgewing.

Jana Britz ·

Ek sou nie sê 11 maande is nodig nie, MAAR, in my geval staan my werkgewer ons 4 maande kraam verlof toe, maar onbetaald. In vandag se leeftyd het mens definitief albei ouers se VOLLE salarisse nodig om ‘n bestaan te kan maak. Ek sou sê 4 maande ja, of selfs 5 maande, maar ten minste betaald. Op die stadium kan ek dit amper nie eers oorweeg om swanger te raak nie. Mens het uitgawes wat moet gedek word, wat die werkloosheidversekering beslis nie dek nie….

Trippie ·

Vir baie jare, inteendeel, vandat ek maar kan onthou, was kraamverlof 3 maande, in elkgeval, waar ek werksaam was en dit was nog altyd aanvaarbaar gewees.

Dit word nou heeltemal uit verband geruk. Maak die keuse, of familie bou, of 4 maande kraamverlof en keer met dankbaarheid terug na jou werk.

Waks ·

11 maande is bietjie kwaai, baie maatskappye staan die verlof toe met gedeeltelike betaling wat regverdig is. Terwyl jy by die huis is dan kom jy agter jy moet by die werk uitkom want daar is bills wat betaal moet word, as jou debietorders afgegaan het dan is daar nie veel oor nie. Intussen is da babas wat nie genoeg borssmelk kry nie wat jou met geen keuse laat om dan ‘n formula te koop nie en die doeke, the list goes on. Jy sal baie geld moet het as jy 11 maande by die huis wil le

Belinda ·

Wel ek het 3 Maande verlof gehad met my kinders waarvan die plek by wie ek gewerk het net 45% van my selaris betaal het en ek het n baie goeie band met my kinders in daai tyd gevorm……………..hoe ouer hulle is soos op 11 maande is hulle groter en gaan die ouer meer mis as hulle dan eers na n dagsorg toe moet gaan so hou maar die 4 maande dis tog nie heeltyd speeltyd nie……………..

Babs ·

Ek weet van ‘n geval waar ‘n vrou 2 keer in 2 jaar gekraam het en elke keer 4 maande verlof gekry het. Sy het na die tweede keer terug gekeer werk toe vir ‘n paar maande en bedank. Dit is hoekom sommige maatskappye verkies om vrouens wat nie weer sal afgaan vir kraamverlof in diens neem. Voor kraamverlof voordele toegelaat is, het vrouens gekraam, so gou as moontlik terug gekeer werk toe en daar was minder kinder verwaarlosing as vandag. Jy “bond” deur kwaliteit tyd saam met jou kinders deur te bring.

Griet ·

Babs, wat jy sê is SO waar: Voor kraamvoordele was daar minder kinderverwaarlosing…… Miskien het ons net nie voorheen daarvan geweet nie omdat dit in daardie (goeie) tye ondenkbaar was om jou kind(ers) te verwaarloos of mishandel?

Ek stem saam: jy “bond” met jou kinders deur kwaliteit tyd. Ek is self ‘n werkende ma en ek is dol oor my kinders. Ek probeer om elke byeenkoms, kompetisie en kamp saam met hulle te doen. Dit is nie altyd maklik nie en is BAIE uitputtend, maar ek sal die tyd/tye saam met hulle vir niks verruil nie!

Michelle ·

Ek sal sê vier maande is genoeg, maar dan moet dit betaald wees by alle werkplekke. As jy dan langer as vier maande wil afgaan, kan dit onbetaald wees. Dis jou keuse maar wet moet ingestel word dat vier maande betaalde kraamverlof is.

sarie ·

11 MAANDE,duidelik wil hulle nie werk nie,dis seker net heeltyd speeltyd vir die volgende een.In ons dae toe ons ,ons kinders moes he,ons moes bedank as ons swanger is en hoop en bid ons kry weer n plekkie,my jongste het ek drie dae verlof gevat,woensdag gebore,twee dae in hosp,naweek en maandag gaan werk.Dan kan jy net sowel by die die huis bly,jammer maar dis hoe dit is.

edk ·

As jy kommentaar lewer deur te sê in my dae ….. Dan is jy eintlik te oud om kommentaar te lewer! Los dit eerder dan vir die vrouens van vandag wat wel in die situasie is! O en Anon – vrouens teel nie – ons is swanger en gee geboorte aan n geskenk van die Here. Dis nie te sê oor mens ‘n kind wil he jy is nie bereid om te werk nie! Ongelukkig word die lewe so duur dat vrouens moet werk om hul mans finansieel te ondersteun. Ek het 2 pragtige kinders en ek sou wat wou gee om langer by hul te kon bly. Hulle word so vinnig groot. Gee n mens dan die opsie 4 maande betaald en die res onbetaald. En jy kan somme gaan maak om te kyk vir hoe lank jy dit kan bekostig om jou eie kinders groot te maak en dit nie van onderwysers te verwag.

CR ·

11 Maande….. ‘n mens sal mos mal word!! Ek is in die gelukkige posisie dat my werk my kraamverlof vir die eerste 4 maande volbetaal (my bonus ingesluit) en dan die twee oorblywnede maande 60% salaris betaal asook 60% van my mediese fonds elke maand. 11 Maande is hopeloos te veel en dan gaan die helfte van die bevolking net aanteel en by die huis sit en sleg word. Nee wat, hou dit soos dit is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.