Instituut bevraagteken regering se grondoudit

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse instituut vir Rassebetrekkinge (SAIRR) het Dinsdag gesê die regering se oudit oor grondeienaarskap is “ʼn baie twyfelagtige bron van inligting en misleidend”.

Die ANC en EFF het retoriek verskerp oor grondhervorming voor volgende jaar se verkiesing, te midde van bewerings dat groot stukke landbougrond nog aan die wit minderheid behoort, 24 jaar ná apartheid tot ʼn einde gekom het.

Die grondoudit is in November 2017 vrygestel en dui aan dat wit Suid-Afrikaners altesaam 72% van privaat grond besit, bruin mense 15%, Indiërs 5% en swart mense 4%.

Landbougroepe trek ook die data in twyfel.

“Die regering se grondoudit – wat wyd aangehaal word as ʼn sentrale verwysingspunt in die debat oor grondhervorming, is ʼn baie twyfelagtige bron van inligting,” het die SAIRR gesê. “Dit laat byna net soveel vrae as wat dit antwoorde bied. Die manier hoe die inligting aangebied word, is boonop misleidend.”

Die instituut het gesê die regering het sedert 2009 voete gesleep om titelaktes uit te reik aan begunstigdes van grondhervorming en het geen poging aangewend om seker te maak dat diegene, wat in tuislandgebiede op die grond van hul voorvaders woon, individuele titelaktes bekom nie.

“Dit is nogal ironies dat die narratief wat die regering aanbied volgens die grondoudit, geen fokus plaas op die vordering wat hy al sedert 1994 in restitusie of hervorming gemaak het nie – dit is ongeveer 8.1 miljoen hektaar.”

Die SAIRR het gesê die grondoudit bied geen betekenisvolle basis vir die gesprek oor die algehele patroon van landelike grondeienaarskap in die land nie, veral nie wat landbougrond betref nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

GM ·

Hmm, is die grond waarop die ‘townships’ staan, bygereken?

JA wohl ·

En die TUISLANDE en die KONING ZWELETHINI se grond? EN al die lokasies en en informele besettings??

B-man ·

…en Nasionale Parke, munisipale- en staatsgrond. En is hulle bewus dat Lesotho nie deel van SA uitmaak nie, al val dit binne die grense?!

Lolla ·

Gedokterde syfers met bruin koevertjies. Van wanneer af doen ANC enigge iets eerlik?!

Potlood ·

flippen hel maar daar is darem maar baie kleure betrokke… Bruin, Swart, Wit, Geel, Rooi, Pienk… Eks confused… Ek tan nie so lekker nie, so eks Pienkerig en partykeer rooierig… As ek siek word dan kan ek geeeelerig word of bietjie bleekerig (dis steeds nie wit nie)… Dit wat ek hier praat is presies wat ek dink van die storie hier bo (baie kaas)…
Watter bevolking is die grootste? Waar bly hulle dan? aan wie behoort daarde gronde? Iemand moet tog daardie gronde besit, en ek verseker julle dat dit nie die sogenaamde Wittes is nie want ons sal sekerlik nooit sooo invest nie… Miskien is die regering eweskielik wit… die zulu koning wit…

White Rhino ·

Met roelf meyer daar wat seker al verlede jaar begin het om saam met sy groot vriend ramaposa te werk oor grondonteiening sonder vergoeding kan dit een pad loop – en dit is af.
Ek wonder of hy weer soos met Kodesa elke ander halfuur agter die gordyn in beweeg het saam met ramaposa vir nog ‘n bribe? – om S A saam met de klerk af te teken.
Ek onthou dit baie goed.

Bollie ·

AG dis alles ‘n joke .. hulle het net vir Roelf nader gehark, eerstens omdat hulle weet dat hy PRO ANC Is en tweedens omdat hy wit is en hulle dan daaragter kan wegkruip en voorgee asof die WITTES ook deel was van die proses. Ons almal weet nou al dat Roelf Kersvader is en alles vir die ANC gegee het in 1993/1994 en nou dit wat oor is ook van die wittes gaan wegvat en vir hulle gee . met ‘n bree smile, hy gaan seker ‘n toekenning daarvoor ontvang ..

Al ·

In etniese kulture verkies hul om begrawe te word in plaas van om veras te word. Hul populasie is etlike miljoene (en nog meer daagliks) waarvan elkeen ñ graf gaan besit. In hoeverre gaan dit die beskikbare grond beïnvloed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.