Instituut ondersoek dubbelstandaarde oor rassisme

rassisme mnn_com

Grafika: Mnn.com

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gaan in die komende week ʼn verslag bekendstel wat volgens die instituut die dubbelstandaarde uitlig wat rassisme betref.

Die verslag, getiteld “Rassisme, haatspraak en dubbelstandaarde: geensins ʼn eenvoudige swart-en-wit-saak nie”, sal Dinsdag by ʼn konferensie bekendgestel word. Dié verslag vorm deel van die vakbond Solidariteit se landswye veldtog teen selektiewe rassisme en bestaan uit ʼn in diepte bespreking oor die selektiewe hantering van rassisme in Suid-Afrika.

Connie Mulder, hoof van die SNI, het in ʼn verklaring gesê rassespanning is in 2016 in Suid-Afrika opnuut aangeblaas deur onder andere Penny Sparrow, Velaphi Khumalo, Matthew Theunissen en Julius Malema. In die lig van hierdie verhoogde rassespanning kyk die SNI na verskeie van hierdie hoëprofielsake en hoe hulle hanteer is.

“Met die hulp van die seepkissie wat die sosiale media bied, stereotipeer en misbruik rassiste van alle kleure en oortuigings mense van ander rasse. Sommige gaan selfs so ver as om haat en geweld aan te blaas teen andere, veral minderhede,” het Mulder gesê.

Mulder voer aan dat Suid-Afrika ʼn wanbalans ten opsigte van die hantering van rassisme beleef. “Dit is belangrik om te kyk hoe daar in Suid-Afrika met rassisme gehandel word in die lig van die skade wat dit aan sekere mense en ook die gemeenskap as ʼn geheel kan aanrig,” het hy gesê.

“Op die oomblik sien ons dat verskillende standaarde vir verskillende groepe geld. Politici en staatsamptenare is tans die grootste aanstokers van selektiewe rassisme en hulle gebruik hul gesagsposisies om die massa te beïnvloed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Fritz ·

Dis eenvoudig. Witmense word gesien en aangekla as rasiste en die wat die eitlike rasiste is word beskerm omdat hulle alles beheer en nou al vir dekades staatmaak op die verskoning dat apartheid vir alles verantwoordelik is. Kry n ander verskoning dit raak nou afgesaag. Julle wat kla daaroor leef in weelde en apartheid het geen impak op julle nie. N veskoning om julleself te verryk ten bate van julle eie arm mense deur bedrog. Ja Julias en Zuma ek verwys na julle.

Onnie ·

How kan hulle beweer ons leef in n demokratiese land waar almal gelyke regte ht?? Sommige mense mag se wt hulle wil, soos begrawe hulle lewendig, ander mag ni eers iets noem wt klink of hulle verlang na di ou dae ni, da word hulle ini openbaar gekruisig

Onnie ·

Hoe kan hulle beweer ons leef in n demokratiese land waar almal gelyke regte ht?? Sommige mense mag se wt hulle wil, soos begrawe hulle lewendig, ander mag ni eers iets noem wt klink of hulle verlang na di ou dae ni, da word hulle ini openbaar gekruisig

Onnie ·

Kan niemand my help on te verstaan wat presies ek verkeerd gese ht

Mariné Lourens ·

Dagsê Onnie

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dan neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Wanneer kommentaar dus nie onmiddellik wys nie, beteken dit nie noodwendig dit is afgekeur nie.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Basjan ·

In die Swartman se verwysingsraamwerk bestaan daar nie so iets soos swart teenoor wit rassisme nie. Volgens hulle bestaan daar slegs wit teenoor swart rassisme. Solank daardie persepsie bestaan, sal daar ‘n ander manier gevind moet word om die term “rassisme” aan hulle oor te dra sodat hulle dit kan verstaan soos ons dit verstaan.

Fred ·

Ek is trots om swart te wees se die swartman. Ek is trots om bruin te wees se die bruinman. Ek is trots om wit te wees se die rassis!

Anoniem ·

Laat ons soen wat hier uitkom gaan baie interessant wees !!!!!

Johann ·

Kom ons kweek liewer dagga in ons agterplase. Dis mos nou vooruitgang.

Reti ·

Ja dis nou gawe plan. Die wat ons verkoop sál vir tuisverbruik wees! ;)

AL ·

Dis hoog tyd dat hierdie dubbele standaard rassisme aangespreek word.

Ange ·

Ja maar dit gaan niks verrig nie. Die regerende meerderheid gaan hulle dinges afvee daaraan en om na die Internationale hof toe te hardloop gaan ook niks help nie. Hulle gee dan nie eers om oor die feit dat meer mense in Suid Afrika vermoor is as wat die Britte ooit kon hoop om te vermoor toe hulle die land wou he nie.

Dis wat die Weste wil he sonder dat hulle sleg hoef te lyk vir dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.